.22 Rewolwer vir sportskiet - nou opsoek na pistool

Enige iets waarna jy soek/Anything you want
Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

.22 Rewolwer vir sportskiet - nou opsoek na pistool

Post by andre007 »

Manne eks opsoek na n .22 rewolwer vir SAJ se handwapenskiet disipline, n pistool sal ook doen maar ek verkies n rewolwer, (meer akkuraat en mens hoef nie te worry oor storings nie- my mening) met n 6'' loop en lekker hoë kapasiteit silinder. Ek gebruik tans my 9mm en .38 maar as die kinders saamkom raak dit n duur speletjie. Laatweet as julle van iets hoor.
Last edited by andre007 on Tue Oct 18, 2016 10:23 am, edited 1 time in total.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by Jean Marais »

My ma het 'n 9 skoot Astra Cadix .22 wat baie lekker skiet, en nog nie baie skote deur sy loop het nie. Ek sal bietjie by haar hoor of sy dalk wil smous.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by andre007 »

Dankie. Laatweet maar.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by Alwin »

Rewolwers is inderdaad lekker, maar moenie jou neus optrek vir 'n goeie pistool nie. Ruger maak veskeie modelle met gawe looplengte. Betroubaarheid is skaflik as jy hom skoon hou. Die grootste rede vir onbetroubaarheid by 'n .22 is maar die ammunisie. Die "slagdoppie" daar in die rand is kwesbaar en feilbaar.

As jy gaan stadig teiken skiet, sal 'n enkelaksie soos Ruger se "Singe Six" of die nuwer weergawe met 10 skote ook gaaf wees. Party is beskikbaar met 2 silinders, vir .22LR en .22 WMR. Sommige mense beweer egter daar is akkuraatheidsprobleme, omdat die 2 .22 kalibers se koeëldiameters eintlik verskil.
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by Kopskoot 1 WP »

Maak net seker dat die looplengte korrek is vir die desipline, of meer spesifiek, lengte tussen die visier en die korrel, daar is 'n beperking, ek het 'n Ruger Mk1 22 met regte lengte loop ek moet net krap en kyk waar hy is, sal jou laat weet as jy belangstel en nie reggekom het nie. Bietjie raad, kry iets wat se visier kan verstel van dag een af en wat 'n redelike sneller het.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by andre007 »

Dankie vir die bydraes en almal se pm's. Dinge stuur nou na die naweek se skiet in n pistool se rigting. Die SAJ pistoolskiet disipliene verg dat daar 20 skote na die teiken geskiet word. Die naweek gesien daai laaste 2 boontjies raak n probleem vir die seuns om te laai na die 2 silinders van 9 skote elk.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet

Post by Alwin »

Kopskoot 1 WP wrote:Maak net seker dat die looplengte korrek is vir die desipline, of meer spesifiek, lengte tussen die visier en die korrel, daar is 'n beperking, ek het 'n Ruger Mk1 22 met regte lengte loop ek moet net krap en kyk waar hy is, sal jou laat weet as jy belangstel en nie reggekom het nie. Bietjie raad, kry iets wat se visier kan verstel van dag een af en wat 'n redelike sneller het.
Die Mk1 is steeds puik na al die jare. Dit was Bill Ruger se 2de wapen, maar eintlik net die teikenweergawe van die oorspronklike "Standard" model.

Sy magasyne vat net 9, maar jy kan nog 1 ekstra in die loop laai. Die Mk11 magasyne pas natuurlik en vat 10. Hulle voer ook beter as hulle begin vuil raak.

In my ondervinding is die Ruger Standard, Mk1 en Mk11 net so akkuraat soos 'n geweer, hulle kort net 'n kolf en teleskoop. Enige akkuraatheidstekorte lê agter die greep.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet - nou opsoek na pistool

Post by Piet Breedt »

Moet ook nie verby n Browning pistool met die goue sneller kyk nie. Ek het so een en hy is ongelooflik akuraat. Hy het 3 x 10 skoot magasyntjies en 2 verskillende grips.

Met die regte ammo stoor hy bitterlik min.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet - nou opsoek na pistool

Post by Alwin »

Piet Breedt wrote:Moet ook nie verby n Browning pistool met die goue sneller kyk nie. Ek het so een en hy is ongelooflik akuraat. Hy het 3 x 10 skoot magasyntjies en 2 verskillende grips.

Met die regte ammo stoor hy bitterlik min.
Ja, dis ook 'n uitstekende keuse.

Die meeste semi-outomatiese .22's is kieskeurig oor ammunisie. Die patrone met ongeplateerde loodkoeëls het 'n was-smeermiddel op. As die was te dik is, krap dit af en pak aan in die kamer en aksie. Na 'n paar magasyne begin hy stoor. Maak maar gereeld skoon.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .22 Rewolwer vir sportskiet - nou opsoek na pistool

Post by Hein M. »

Alwin Fleischmann wrote:
Piet Breedt wrote:Moet ook nie verby n Browning pistool met die goue sneller kyk nie. Ek het so een en hy is ongelooflik akuraat. Hy het 3 x 10 skoot magasyntjies en 2 verskillende grips.

Met die regte ammo stoor hy bitterlik min.
Ja, dis ook 'n uitstekende keuse.

Die meeste semi-outomatiese .22's is kieskeurig oor ammunisie. Die patrone met ongeplateerde loodkoeëls het 'n was-smeermiddel op. As die was te dik is, krap dit af en pak aan in die kamer en aksie. Na 'n paar magasyne begin hy stoor. Maak maar gereeld skoon.
Sien daar is so een op Guntree - vir nie te duur nie ;)
Post Reply