Page 1 of 1
Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 12:06 pm
by Antondup
Hi, ek wil graag iets uitvind, ek het onlangs n vuurwapen gekoop en net na dit eers my competency by die polisie in gegee maar voor ek dit gedoen het was daar n paar ouens wat gese het ek moet die comp en lisensie aansoek saam ingee, n familielid het dit so gedoen en geen probleem gehad nie, my DFO het gese ek moet wag vir my competency en dan mag ek eers my lisensie aansoek doen en het dit so gedoen.
Toe ek dit vir my swaer vertel het hy met sy DFO gaan praat en hy het gese mens mag competency en lisensie aansoek saam inhandig. Werk elke DFO op hul eie reels of wie bepaal hoe wat gedoen moet word? Kan reels verskil van provinsie tot provinsie?
Dankie
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 12:15 pm
by Carl
Hallo Anton
Ja en nee. Die DFO gebruik hulle eie diskressie in baie gevalle en interpreteer die Wet ook soms so. Dit is verkeerd maar gedeeltelik weens die swak diens by CFR/SVR en swak opleiding. Die wet is dit en klaar.
Jy moet eers 'n bevoegdheid op die SVR teen jou naam hê voor jou lisensie uitgereik kan word. Nou administratief kan die bevoegdheid proses dalk vashak of heeltemal ontspoor. Dan gaan jou lisensie aansoek afgekeur word wanneer dit by die persoon uitkom wat die verwerking doen. Sommige DFO neem dalk al 2 hou lisensie en stuur eers aan as die bevoegheid op die stelsel gelaai is.
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 12:40 pm
by Antondup
Hi Carl
Dankie vir jou reply, dit is net vir my snaaks dat dinge so erg kan verskil, maar ja, ek wag eerder langer as wat ek n afgekeerde lisensie op my naam het,
ek hoor dit by op die sisteem en word elke keer raak gesien wanneer jy n nuwe aansoek indien. Het met iemand gebeur wat n erfstuk vuurwapen by my gekoop het.
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 1:30 pm
by Friedland
Hier in Stellenbosch vir my gese die reels het verander en dit moet apart ingegee word. Myne is toe ook so ingegee.
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 1:42 pm
by Carl
Friedland wrote:Hier in Stellenbosch vir my gese die reels het verander en dit moet apart ingegee word. Myne is toe ook so ingegee.
Dis waar die probleem in kom. Die reels het verander die Wet nie.

Die Wet is nog dieselfde van die begin af.
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 2:42 pm
by Ashley
Van Feb 2016 af is DFO's gesê om geen meer wapen aansoeke te aanvaar wat nie n bevoegdheid sertif8kaat by het nie.
Of almal dit so doen is wel n ander saak....
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 2:59 pm
by Hein M.
Ek het, met my hernuwings destyds - in 2010, die bevoegdheid en aansoek saam ingedien, op die DFO se aandrang. Geen probleme nie. Dinge het seker verander.
Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 3:01 pm
by Ashley
Hein M. wrote:Ek het, met my hernuwings destyds - in 2010, die bevoegdheid en aansoek saam ingedien, op die DFO se aandrang. Geen probleme nie. Dinge het seker verander.
Ja, selfde met al my vorige aansoeke.
Maar nou probeer hulle die proses net moeiliker en meer tydsaam maak

Re: Competency en lisensie
Posted: Tue Oct 11, 2016 3:04 pm
by Carl
Ashley wrote:Van Feb 2016 af is DFO's gesê om geen meer wapen aansoeke te aanvaar wat nie n bevoegdheid sertif8kaat by het nie.
Of almal dit so doen is wel n ander saak....
Daar is nie so sertifikaat vanaf die SVR nie - jy kan uitdruk aanvrae. Die status word teen jou ID gelaai op die SVR se databasis.
As jy logies daaroor dink was dit in die verlede dalk net verkeer ge-administreer. As jy nie bevoeg is nie, kan jy mos nie aansoek doen vir lisensie nie. Hulle het net die volgorde reg gemaak.
Ek heg wel elke keer my opleiding sertifikaat aan met nuwe aansoek, dit doen nie skade nie.
Re: Competency en lisensie
Posted: Wed Oct 12, 2016 10:01 am
by LongWolf
Ek sal maar sien hoe my volgende aansoek loop, het dalk dinge vir myself moeilik gemaak. Het aangevra vir n bergings permit en na 47 min vloek ek toe die rook uit my dfo se onbevoegheid omdat sy nie kan verstaan dat my oorlede pa nie haar form kan teken nie.