Page 1 of 1

Kruishaar verandering

Posted: Mon Jul 25, 2011 10:47 am
by Rinkhals
Dagse,

Ek het iewers gelees dat dit moontlik om die bestaande kruishaar op 'n Lynx scope te verander. Ek kan nou 'n Schmidt & Bender 3-12x42 teen 'n baie goeie prys kry maar sy kruishaar is vir my te dik ('n klein troppie elande sal kan skuil agter die onderste been). Weet iemand dalk of dit moontlik is om die kruishaar op 'n S&B te laat verander?

Ek sal enige advies waardeer

Groete
Rinkhals

Re: Kruishaar verandering

Posted: Mon Jul 25, 2011 10:51 am
by Beretta
Rinkals
Ja jy kan dit doen maar glo my jou oe gaan traan as jy hoor wat die prys is Lukas Potgieter is die agent en hulle doen dit stuur dit na hulle toe
Beretta

Re: Kruishaar verandering

Posted: Mon Jul 25, 2011 10:58 am
by Rinkhals
Dankie Beretta,

Ek het die kruitvat gebel en die prys kom definitief nie met die lag nie. R500 om hom in Duitsland te kry en nog R1800 vir die veranderinge. Sal maar eers moet gaan mooi somme maak. Thanks vir jou hulp

Cheers

Re: Kruishaar verandering

Posted: Mon Jul 25, 2011 11:03 am
by BLOK
+ seker nog R500 om hom weer terug is SA te kry. ;D ;D

Blok

Re: Kruishaar verandering

Posted: Mon Jul 25, 2011 11:33 am
by Rinkhals
Ek hoor jou Blok, gelukkig is die R500 darem vir 'n retoerkaartjie maar ongelukkig sonder hoender of vis!