En toe begin die geveg.....
Posted: Mon Sep 26, 2016 1:00 pm
Ou Koos staan vroegoggend in die pikdonker op, maak toebroodjies en 'n fles koffie. Hy vat sy geweer en haak sy waentjie. Toe hy wegry begin die ysreën in die sterk wind val. Na die weervoorspelling en 'n oproep na sy jagmaats hoor hy die jag is uitgestel. Ewe droëbek ry hy terug en sluip in die slaapkamer in. Soos hy agter sy vrou se rug inkruip, sê sy: "Kan jy glo daai dom man van my gaan jag in sulke weer!"
En toe begin die geveg........
Oom Piet gaan doen aansoek vir ouderdoms pensioen. Toe hy terugkom vertel hy sy vrou hy het sy id boekie by die huis vergeet. Die dametjie was baie behulpsaam en sê toe hy moes sy hemp uittrek. Toe sy sien sy borshare raak grys het sy besluit om sy woord te aanvaar en solank sy vorms te verwerk. Nou moet hy net teruggaan en vir die oulike dametjie sy id gaan gee.
Sy vrou sê toe: "Plaas jy trek jou broek vir haar af, dan kon jy sommer ongeskiktheidspensioen ook kry!"
En toe begin die geveg...........
Die vrou staan kaal voor die spieël. Sy se vir haar man: "Ek voel aaklig. Ek lyk oud, vet en lelik. Gee tog vir my 'n kompliment" Hy antwoord toe: "Wel, daar is niks fout met jou oë nie!"
En toe begin die geveg............
Jan se vrou kla oor sy duur jagtoerusting. Sy vertel hom toe van die nuwe plastiese chirurg daar in Sandton. Sy kyk so na haar borste en skimp: "Dink jy nie hulle is 'n bietjie klein nie?"
Hy antwoord toe: "Vat toiletpapier, rol dit in 'n bondel en vryf dit so op en af tussen jou borste."
Sy vra toe of dit regtig sal werk, waarop hy antwoord: "Dit het beslis vir jou agterstewe gewerk!"
En toe begin die geveg.........