Page 1 of 1
Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Sep 22, 2016 8:29 am
by Jakkels 223
More aan alle Lede,
Sal net graag by jul wil uitvind of enige iemand dalk al by Hoesfontein Safari's gejag het, is net buite Pearston gelee.
Ons beplan n familie jag daar by hul, wild pryse en dag tariewe is baie kompeteerend
Jul insette sal waardeer word.
Groete en dankie vir jul moeite
Jackie van Rooyen
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Sep 22, 2016 9:05 am
by Boersonderroer
Bennie is 'n goeie ou wat moeite doen om jou by die bokke te kry. Die verblyf is ook baie goed. Trek maar goeie stap stewels aan, die terein is berg agtig. As jy nie trofees soek nie is sy pryse baie beluk. Sy dag fooie is ook kompeterend soos jy reeds weet.
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Oct 27, 2016 4:24 pm
by Francios Heins
my Broer het al 2 maal daar gaan jag en altwee kere terug gekom met wat hy beplan het om te skiet so ja ek was nog nie self daar nie maar dit is glo heel aangenaam daar.
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Oct 27, 2016 7:06 pm
by F.L.A.S.H
Oom Ben is n baie gawe mens
Jy kan maar met geruste hart by hom gaan draai
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Oct 27, 2016 8:20 pm
by Pumba30-06
Julle kan beslis na hulle toe gaan.
Ons het die jaar daar gaan jag en daar is wild.
My pa was op die eerste dag klaar gejag met sy kwota vol, ek het n Eland gesoek en het my bul op dag 3 gekry toe die berg pieke om ons wit lĂȘ met die sneeu. Ek het wel op dag 2, 2 rooibokke geskiet en kon n paar keer Kudu, Blesbok, Blouwildebees, Takbok, Springbok, Zebra, Takbok en Eland Koeie skiet maar het gewag vir n Eland bul.
Louis, Bennie se seun het ons gevat en hy het ook baie moeite gedoen met my veral met die Eland bul soek.
Trek net lekker stap skoene aan want daar lekker geloop in die berge.
Groete
Jurgens
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Thu Oct 27, 2016 8:33 pm
by 6.5/284Norma
Maak vooraf 100% seker wat geskiet mag word en wat nie. Ons was twee jaar terug daar net om te hoor dat die manne wat elandkoeie bespreek het hulle nie toe mag skiet nie - heelwat ongelukkigheid.
Ons was 'n redelike groot groep wat daar gejag het, nie een van ons sal teruggaan nie...
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 7:56 am
by Jakkels 223
Dankie vir almal se terugvoer, waardeer!!!
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 7:59 am
by FHM
http://hoeksfontein.co.za/02hunting.html
Is dit Jim Shockey wat daar links van die leeu sit onder hulle "hunting" afdeling op hulle webtuiste?
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 8:45 am
by Boersonderroer
Ek twyfel oor 2 redes
1. Jim sal altyd in die middel sit
2. Daar is nie 'n spotlight bo daai ou se kop nie
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 2:23 pm
by Kingy
Ek was ook al by Hoeksfontein gewees, mens stap nogals maar die diere is baie. Die verblyf was goed gewees kos was ook baie lekker. Die laaste dag of so was daar probleme tussen die baas en miesies wat die laaste dag en nag bietjie ongemaklik gemaak het. Ek verneem daar is nou n nuwe miesies op die plaas.
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 4:21 pm
by Pappabeer
Gooi bietjie hulle SA pryslys hierso asb.
Re: Hoeksfontein Safari's
Posted: Fri Oct 28, 2016 4:31 pm
by GreyGhostGear
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 51#p387682
2014 was ongelooflik en 2015 minder goed, voel of daar bietjie n "lack of attention to detail" ontstaan het. Maar ek dink steeds jy gaan sukkel om n all and all beter jagplaas, verblyf, verskeidenheid spesies ens te kry.
Manne moet net weer bietjie hulle sokkies optrek, daar is so baie potensiaal daar.