Page 1 of 3

Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 8:47 am
by Chevvy SS
Wat sal julle aanbeveel: sub-sonic, standaard of hi-velocity? Of is dit maar verskillende soorte koop en kyk waarvan jou geweer hou? Dit is net nie so lekker om met 45 pille oor te sit wat sleg groepeer nie.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:20 am
by LUAN
Winchester sub sonic gee my snyers op 50m uit my brno maar om van hulle weer in die hande te kry is n probleem....

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:17 am
by Hein M.
Eley is die standaard waarna almal streef, maar hulle is maar aan die duur kant.

Ek het 'n paar weke gelede 'n paar pakkies patrone (Lapua, S&B, Winchester, Remington, Guerilla, Swartklip en Eley) gevat en gekyk waarvan my ou BRNO die meeste hou. Die Lapuas is high velocity en al die ander is standard velocity. Die Eleys is al 30 jaar oud, maar het op 25m die beste groepe gegee. Ek was baie verbaas.
Jy moet ook binneshuis skiet anders speel wind 'n te groot rol. Ek skiet in 'n lekker lang skuur op die plaas. Die BRNO se sneller laat egter veel te wense oor en neuk ook die groepe op. Ek wens ek het die BSA skyfskiet geweer gehad waarmee ek destyds in die Kadette geskiet het...

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:27 am
by Hein M.
Chevvy SS wrote:Wat sal julle aanbeveel: sub-sonic, standaard of hi-velocity? Of is dit maar verskillende soorte koop en kyk waarvan jou geweer hou? Dit is net nie so lekker om met 45 pille oor te sit wat sleg groepeer nie.
Om jou vraag te antwoord: Dit hang af op watter afstande jy wil skiet. Die sub-sonics val maar taamlik op 30m en verder. Dit is amper soos om met 'n 308 op onbekende afstande verder as 200m te skiet ><)
Om regtig te weet waavan jou geweer hou, moet jy maar fabrikate en die verskillende snelhede uittoets. Mu geweer is beslis meer akkuraat met standard velocity patrone.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:35 am
by Pappabeer
Hein M. wrote:
Chevvy SS wrote:Wat sal julle aanbeveel: sub-sonic, standaard of hi-velocity? Of is dit maar verskillende soorte koop en kyk waarvan jou geweer hou? Dit is net nie so lekker om met 45 pille oor te sit wat sleg groepeer nie.
Om jou vraag te antwoord: Dit hang af op watter afstande jy wil skiet. Die sub-sonics val maar taamlik op 30m en verder. Dit is amper soos om met 'n 308 op onbekende afstande verder as 20 te skiet ><)
Om regtig te weet waavan jou geweer hou, moet jy maar fabrikate en die verskillende snelhede uittoets. Mu geweer is beslis meer akkuraat met standard velocity patrone.
Ek het gou vir jou reggemaak mnr Mostert.

Om aan te sluit. Ek het verlede jaar n ou boksie Eley Match gekry, en hulle het bitter mooi geskiet op 25-100m in my Brno Mod2. Anders werk Remington Std Velocity vir my goed. So ook het Swartklip std velocity.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:45 am
by Hein M.
Pappabeer wrote:
Hein M. wrote:
Chevvy SS wrote:Wat sal julle aanbeveel: sub-sonic, standaard of hi-velocity? Of is dit maar verskillende soorte koop en kyk waarvan jou geweer hou? Dit is net nie so lekker om met 45 pille oor te sit wat sleg groepeer nie.
Om jou vraag te antwoord: Dit hang af op watter afstande jy wil skiet. Die sub-sonics val maar taamlik op 30m en verder. Dit is amper soos om met 'n 308 op onbekende afstande verder as 20 te skiet ><)
Om regtig te weet waavan jou geweer hou, moet jy maar fabrikate en die verskillende snelhede uittoets. Mu geweer is beslis meer akkuraat met standard velocity patrone.
Ek het gou vir jou reggemaak mnr Mostert.

Om aan te sluit. Ek het verlede jaar n ou boksie Eley Match gekry, en hulle het bitter mooi geskiet op 25-100m in my Brno Mod2. Anders werk Remington Std Velocity vir my goed. So ook het Swartklip std velocity.
'n Lae hou. Point taken. ++>:

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:49 am
by LongWolf
Blitzers het mooi geloop in myne.

Hang natuurlik af wat jy wil doen. Vir my "walking critter" teiken werk als, alowel ek nog nooit "subs" geskiet het nie. So kan niks van hulle se nie.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 11:54 am
by LUAN
Ek het baie soorte oor die chrony geskiet en die winchester subsonics se spoed was die mees konstant en so die groep ook. Ek kry net nerens meer sub sonics in die hande. Laat nou juis n silincer ook opsit vir hom en die sneller laat tune want hy trek jou lekker van teiken af. Die winchester match patroontjies dink ek is te vinnig en groepeer op die beste so 5 in n duim op 50m. Kry hulle lekke goedkoop by die ko-op R55/50 .Daar is net so half duim verskil in val op 50m tussen die sub en match.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 12:03 pm
by Chris (vdB)
Ek gebruik net standard velocity in my BRNO geweetjie, die subsonics is bietjie te vlou vir my aanwending. Fiocchi, Lapua skiet mooi en dan het ek onlangs nog 2 boksies van die ou Swartklip Blitzers bekom, wat ook bitter mooi skiet nog net soos vroeer jare. Eley het ook baie mooi geskiet, maar teen vandag se pryse hou ek maar verby hulle. Winchester se hollow points skiet weer swak in my geweer. Dalk die rede hoekom dit so goedkoop is :laugh:

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 3:50 pm
by bobby
the german brand called geco . its marketed as rifle its in a red box . rosentals in cape town sold it , they might still have, its the best .22 ammo for my brno 1 .

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 3:55 pm
by LongWolf
LUAN wrote:Ek het baie soorte oor die chrony geskiet en die winchester subsonics se spoed was die mees konstant en so die groep ook. Ek kry net nerens meer sub sonics in die hande. Laat nou juis n silincer ook opsit vir hom en die sneller laat tune want hy trek jou lekker van teiken af. Die winchester match patroontjies dink ek is te vinnig en groepeer op die beste so 5 in n duim op 50m. Kry hulle lekke goedkoop by die ko-op R55/50 .Daar is net so half duim verskil in val op 50m tussen die sub en match.

Vind uit by NSN in Dykor str PTA.
Hulle het partykeer goeie specials.
En hulle gaan groot op .22 in hulle binne huis skietbaan

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 4:18 pm
by Arnold
RWS R50 werk goed in my geweer maar ek kan dit nie bekostig nie.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 4:58 pm
by Hein M.
bobby wrote:the german brand called geco . its marketed as rifle its in a red box . rosentals in cape town sold it , they might still have, its the best .22 ammo for my brno 1 .
Hi Bob!

What did you pay / box of 50?

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 8:01 pm
by Jaco V
My seun skiet .22 in die olimpiese disiplines, die gevolg is dat ek 3 skyfskiet .22s besit en ek kan eerlik se dat ammo wat in die een werk nie noodwendig in die ander werk nie. Jou beter ammunusie, Eley Ten x, Eley Match, RWS R50, Lapua Center X ens. sal amper altyd binne 5c stuk kan skiet op 50m.

Maar so elke nou en dan kry jy 'n batch wat mooi werk uit een van die gewere, dan skiet hy 5 skote so te se deur die selfde gat op 50m, met slegs 'n uitskieter hier en daar. Dit is dan ook die rede hoekom ons die rondtes klas volgens gewig voor groot kompetisies, dit raak ontslae van meeste flyers.

My ondervinding is dat SEKERE batches Swartklip amper net so goed skiet uit sommige gewere as die duur ammo, 'n ander baie goeie en bekostigbare reeks ammo is die SK ammo, dis as jy kan kry. Dit is vir my die beste waarde vir geld ammunisie wat ek nog gebruik het. Afhangende van hoeveel jy koop en hoe oud die stock is kan jy SK koop vir tussen 80 en R120/50.

Aangeheg is foto van 'n batch RWS R50 wat mooi gegroep het, die groter gat is 5 skote en dan as reference, die 1 skoot op 50m.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 8:23 pm
by alecjohnson
Ek kry baie goeie resultate met lapua subsonic maar dis R2.50 'n skoot

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:16 pm
by bobby
hein
i really cant remember but it was reasonable.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 10:44 am
by LUAN
Hein ek het n rukkie gelede R75 vir die gecos betaal. Hulle is standard vel. Hulle groepeer heel goed maar nie so tight soos n subsonic dis nou in my brno mod2.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 11:10 am
by tripodmvr
Ek het hierdie teikens van 'n Ozzie jagforum afgelaai. Dit wys mooi hoe verskillende ammunisie op 25m en 50m doen.
22 Target 1.jpeg
22 Target 2.jpeg
22 Target 3.jpeg

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 2:40 pm
by Johnnie De Wet

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 6:24 pm
by Hein M.
Driepoot

Daardie RWS groepe lyk pragtig. Wow! Net jammer hulle is so duur hier...

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 7:03 pm
by tripodmvr
Juis hoekom ek die fotos hier geplaas het. Dit is met 'n Lithgow geweertjie geskiet. Dink dit is 'n sporter en die sneller is ook nie verander nie. As die spoed reg is dan skiet 'n .22 meneer groepe.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 7:38 pm
by JTM
Elke geweer het maar sy smaak. Geco werk baie goed in my vriend se KKM teiken geweer, maar nie in my Savage nie. Myne skiet baie goed met Fiocchi TT sport en SK standard velocity. Het van die Winchester match en Remington gekry om nog te toets.

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sat Sep 17, 2016 11:06 pm
by Hein M.
tripodmvr wrote: As die spoed reg is dan skiet 'n .22 meneer groepe.
Rede hoekom dit 'n olimpiese kaliber is? ;)

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Sun Sep 18, 2016 7:28 pm
by Jackalsniper
Skies vir die High Jack maar wat van n .22 groepering Thread?

Re: Beste .22 koeëls vir groepering

Posted: Tue Sep 20, 2016 4:57 pm
by FHM
Yes Chev,

Ek se nogsteeds elke geweer het n temprament - vandaar ek myne "haar / sy" noem. Sommiges gaan van n koel en grein hou - andere nie.

My Remington 597 groepeer baie goed tot 30 m met S&B 40 gr subsonic HP, maar ander manne sal weer nie saamstem oor goeir groepering met die koeltjies nie ::)
Op langer afstande - se tot 50 m groepeer Remington Yellow Jacket HP 33 gr baie goed.
Ek skiet nie juis verder as 50 m hier by my met die .22 nie (dalk maks tot 70 m) so ek kan nie praat van groeperings anderkant 50 m nie.

Die beste groeperings wat ek kry met die geweertjie is met Remington Vipers (solid) in 33 gr.

Ek het n boksie Eley Tenex in die kas wat nie die grein aandui nie (snaaks of nie?) Kan nie eens onthou waar gekoop het nie - dink was Rosentals Windhoek. Nog vol en niks geskiet uit daai boks nie - sal nog daar kom een of ander tyd.