Page 1 of 1

Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:24 am
by Felix
More manne.

Ek het nou agter gekom dat al die ramme wat ek in n sekere kamp skiet, die bruin neuse soos op die fotos het. Die springbokke op die res van die plaas het die gewone wit gesig. Hoe algemeen is dit?

[img width=333 height=480]http://i767.photobucket.com/albums/xx31 ... 0-Copy.jpg[/img]
[img width=402 height=480]http://i767.photobucket.com/albums/xx31 ... 040833.jpg[/img]

Felix

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:32 am
by Jaco Swart
Gatkruipers!!!!!

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:34 am
by BLOK
Weet nie hoe algemeen dit is nie, maar hulle lyk te mooi amper so Sable gesiggie.

Blok

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:59 am
by Dawid
Dis eerlikwaar n baie mooi gesig

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 11:30 am
by Lourens
Baie moooi, nie aldag wat 'n man dit raakloop nie!

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 11:34 am
by BLOK
Jy seker jou buurman het nie Sable's wat draad spring nie. ;D ;D ;D

Kyk net hoe naby is daai trekke.

Miskien moet jy paar gemsbok horings oor die regtes druk en hulle as uitskot sable's verkoop :angel:

Blok

[img width=560 height=452]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... lls_04.jpg[/img]
[img width=320 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... -South.jpg[/img]

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 12:02 pm
by Koos Barnard
Felix
Ek weet nie hoe algemeen dit is nie, maar dit kan 'n geval wees van inteling (hoe lank is die bokke al in die kamp en hoe gereeld word nuwe bloed ingebring?) Dis maar net 'n wilde raaiskoot. Dit kan ook dalk 'n resessiewe geen wees wat oorgedra is deur een bok en wat later in die nageslagte posgevat het. Waar boer jy, ek sien die horings is klein.
Groetnis
Koos

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 12:32 pm
by Felix
Ek vermoed ook dat dit inteling moet wees. Dis n klein troppie wat nooit gejag is nie. Ek skiet die ramme nou uit omdat daar teveel ramme is en hulle nie aanteel nie. Het so jaar of twee terug n nuwe ram daar in gesit.
Dit is in die oos-kaap. Die onderste ram was 12.5 duim en hulle raak nie sommer groter as dit by my nie.

Mooi bly.
Felix

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 3:06 pm
by Monrique (SJ)
Nogal n mooi gesiggie van daai bokke.


Groetnis

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 4:27 pm
by .::Alwyn-U::.
Rerig mooi! wow :)

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 6:01 pm
by Christiaan
Dis regtig mooi en uniek. Sal nie omgee om so een teen my muur te he nie.

Jy kan seker ook n paar rand meer vra vir hulle, deesdae kry n mens mos geld sulke vrats diere.

Christiaan

Re: Springbok gesig

Posted: Thu Jul 21, 2011 7:08 pm
by .::Alwyn-U::.
voor jy jou kan kry vertel die ou vir jou dis springbokke van Dubai wat behoort het aan die shaik van blah blah blah..  ;D

Re: Springbok gesig

Posted: Fri Jul 22, 2011 9:55 am
by Coenie (Swift)
Ek stem saam met die manne glo dis geneties.....

Baie mooi.

Wel jy het iets wat ander nie het nie... gebruik dit en maak 'n paar rand uit hulle met ouens wat trofee versamel. Ek hoor jou dat hul nie trofee grote is nie maar hulle is wel nie aldag beskikbaar en skietbaar nie

Groete

Re: Springbok gesig

Posted: Fri Jul 22, 2011 11:02 am
by Koos Barnard
Felix
Stel jy belang dat ek 'n foto in Magnum plaas? Indien wel e-mail 'n foto na: koos@whylo met al die relevante inligting en as jy wil jou kontaknommer. Miskien is daar mense wat sulke bokke soek dan kan jy dalk 'n rand of drie verdien. As ons dit plaas, sal dit in die Gallery afdeling wees.
Groetnis