Page 1 of 1
Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 12:37 pm
by Boesman10
Ek het nog nooit 'n rooker besit nie en dus nog nooit iets probeer rook nie. Ek het wel een van daardie 4 brander stainless staal Cadac gas braaiers met die rotiserie en glo mens sal seker 'n rokie kan maak in hom. Ek het gehoor van warm rook en koue rook maar weet nie eintlik hoe dit werk nie. Wat ek op TV sien lyk baie lekker maar kom my voor vetterige vleis rook beter as ni-vetterige vleis soos bv. wildsvleis.
Kan die manne wat ken bietjie gesels oor die rook proses en hoe mens wildsvleis sal rook? Ek luister en leer graag.
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 12:46 pm
by Jean Marais
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 1:22 pm
by Carl
Boesman
Ek het nog nie self nie. Maar koue rook is natuurlik tops. Dit vat langer maar kortpad vat met kos beteken gewoonlik iets gaan ly daaronder! Warm rook is meestal die kommersiƫle kortpad of dan selfs om 'n smoke extract te gebruik - gewoonlik chemies.
Vriende van ons het vir 'n paar jaar slaghuis in Potties gehad. Hulle het rib rolle en ontbeende boude gerook. Dit was heel lekker.
Daar is heelwat wat jy kan kry op die internet. Rook kas vir koue rook kan 'n gewone houtkas wees. 1 van die manne hier onder het dit gedoen.
http://honest-food.net/
http://nordicfoodlab.org/
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 1:28 pm
by Omnia
Klink of die manne hier bo weet waarvan hulle praat , ek myself nog nie wild gerook nie , is maar "Benson & Hedgas" man .... maar sal als eenkeer try .
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 2:38 pm
by Viking
Boesman
Jy kan enige iets rook maar nie enigiets gaarmaak in n roker nie agv die snit of grootte vd vleis.
Hoe langer jou rook proses hoe donkerder gaan jou produk wees.
As jy braai kan jy met akkerhout saagsels op jou kole ook n rook geur aan die vleis gee.
Vis en pluimvee is makliker vir hitte beroking en gaarmaak.
Koue beroking word dus meer vir vleissnitte aanbeveel.
Die internet het baie inligting oor die 2 metodes. Tog is dit soos met enige ander resep...trial en error!!
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 6:17 pm
by tokjak
Vir medium rooksmaak met warm rook, werk omtrent 1minuut per milimeter , bv. 30min vir 30 mm
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 7:54 pm
by alecjohnson
Springbok en gemsbok fillet al gerook, met sout en peper en olyfolie gesmeer en vir 8 minute gerook, dit was top klas!
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Thu Sep 08, 2016 8:39 pm
by Johan Nel
Boesman,
Ek het al 'n hele vark koud gerook (heel vark gekoop, in stukke gesny, ontbeen, gepekel, gepers, winddroog laat hang en toe stuk-stuk koud gerook). Daar is niks so lekker as om jou bacon wat jy self gemaak en gerook het gaar te maak en te eet nie. Het ook al heelparty wilds"russians" koud gerook.
Ek braai graag vleis in die Weber (skottelbraai)en dan as deel van die braai, sit ek hout saagsels op die vuur wat die vleis rookgeur terwyl dit braai. Dit sluit in hoender, vis, bees, skaap, wildsvleis, noem maar op. Deesdae gebruik ek graag mieliestronke in plaas van houtsaagsels en die resultate is uitstekend. Die rook van die stronke self is natuurlik nie man se maat as dit in jou oƫ kom nie, maar dit 'is n heerlike robuuste rookgeur en gee gewoonlik 'n goudbruin kleur aan die vleis. Maerder vleis neem weliswaar minder van die rooksmaak op as vetterige vleis, maar dit neem heel genoeg op om lekker te smaak (ek het vanaand 'n blouwildebees "biefstuk" so gebraai-rook soos ek hier beskryf het. Vleis is nie doodgaar nie, so medium gaar en sappig!).
Die Amerikaners het 'n stadig gaarmaak tegniek met indirekte hitte en rook waar hulle taaier snitte baie stadig gaar maak. Dit kan solank as 16 ure neem. Ek het dit nog nie gedoen nie, maar dit fasineer my nogal.
Mens waag maar jou hand aan 'n ding en kyk wat kan jy regkry, dis nie so onmoontlik om te doen as wat dit soms klink nie.
Tau het vir hom 'n meneer van 'n roker gebou en het al fotos van sy resultate gewys. Lyk oor die algemeen indrukwekkend.
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Fri Sep 09, 2016 7:42 am
by Carl
https://encrypted-tbn1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQaZkWux7Jw8kgATlqpJyVb3V1XDlh027ozWQWV78qC39kPO6cD8w
Hierdie is DIE megafter om te bou as jy ernstig is oor rook - vleis rook
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Fri Feb 24, 2017 9:38 am
by Choppie Roux
Goeie dag almal.
Ek is besig om n rooker te bou.
Ek gebruik n ou sykas maar mens kan ook n werkswinkel kas gebruik.
Sit n "Gass burner" onder en n ou pan op die gas vir die saagsels, maak seker dat daar ventelaasie gate vir die "Burner" is on lug te kry en a gat bo is vir die koorsteen en om die rook te beheer.
Jy kan die vlam se groote beheer en so die hutte.
Ek het ook n termometer in die deur in gebou.
Makk die saagsels nat, sodoende gee dit meer rook.
Bery jou vleis soos jy wil en hang of pak op die rake, steek die "Burner" aan en maak die deur to.
Ek rook graag kaas worsies van wilds vleis, soo vark.
Gie rooker is vinig en eenvoudig.
Groete.
Re: Wie rook wildsvleis?
Posted: Fri Feb 24, 2017 10:26 am
by JohanvB
Springbok en gemsbok fillet al gerook, met sout en peper en olyfolie gesmeer en vir 8 minute gerook, dit was top klas! (ALEC jOHNSON SE POST GECOPY)
Ek doen net so...sny hom dan dun skywe met elektriese broodmes, pak uit op bord, gooi growwe sout en pepper, sprinkel dan met Ina Paarmans Balsami Vinaigrete (so iets)..donners lekker!!!!!