Page 1 of 1

Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:46 pm
by Nico de Jager
Dit gebeur nie maklik dat ek iets te se het onder varswaterhengel nie. Ek het met n handlyn en die vet randjie van n skaaptjoppie 7 geelvisse gevang in die Canyon gevang binne 20min.

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:37 pm
by henried
Wow, iets besonders.

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:53 pm
by theedge
Netjies maat

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Wed Sep 07, 2016 6:04 am
by honda2
Pragtig! Hulle is darem mooi visse!

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Thu Sep 08, 2016 8:11 pm
by Nico de Jager
Dankie manne!!

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Thu Sep 08, 2016 9:20 pm
by Gawie(13mm)
Nee magtag man. Dit is mos nie eties nie.
Daai visse het nie 'n kans gestaan nie. Wie kan nou 'n vetterige skaaptjoppie weerstaan?! ;D

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Thu Sep 08, 2016 9:42 pm
by Flip Nel
sjoe, wys jou net alles hou van skaapvleis

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Thu Sep 08, 2016 10:20 pm
by Penkop
Hi Nico,

Was dit terwyl jy die Vis staproete gestap het, toe jy die visse gevang het?

Ek sal volgende keer definitief 'n handlyn moet saam vat!!

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 9:12 am
by Nico de Jager
Ja was terwyl ons gestap het. Daar is baie vis. Ek weet nie of ek dit moet vertel nie maar ek het n m..rse baber aangekry. Toe hy langs die kant kom was ek maar grillerig om aan hom te vat. Toe ek hom probeer uitsleep het die lyntjie gebreek. Dit was aan n stukkie biltong. N baber is n lelike ding vir my. :o

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 11:17 am
by FHM
Fkt Nico jy sal my ook vang met n stukkie biltong!!! ++>:

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 11:33 am
by Nico de Jager
Jy is reg!! Ek sal baie goed met biltong vang. Lekker lag ek nou!!!!

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 12:37 pm
by PWV
Flip nel wrote:sjoe, wys jou net alles hou van skaapvleis
Ja, volgens Geno kan 100 000 jakkalse nie verkeerd wees nie. Seker iets in die ore van die visse gefluister! :)

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 1:24 pm
by Gawie(13mm)
FHM wrote:Fkt Nico jy sal my ook vang met n stukkie biltong!!! ++>:
Wil jy nou vir my sê, jy is leliker as 'm baber? ;D

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 09, 2016 1:55 pm
by FHM
Gawie(13mm) wrote:
FHM wrote:Fkt Nico jy sal my ook vang met n stukkie biltong!!! ++>:
Wil jy nou vir my sê, jy is leliker as 'm baber? ;D
Beauty is in the eye of the beholder ++>:

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Sat Sep 10, 2016 11:22 am
by Stefan Fourie
... en daarna weier die vis om verder te byt

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Thu Sep 15, 2016 7:32 pm
by Nico de Jager
Daai visse sal na jou splashery vir baie baie lank nie weer eet nie. Ek dink hulle het n slegte smaak in hulle monde gekry....

Re: Geelvisse in die Visrivier Canyon!

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:37 am
by Stefan Fourie
Jaja, ten minste was ek en jou laaitie die skoonste stappers gewees