Page 1 of 1

Dedicated hunter or sportsman

Posted: Tue Aug 30, 2016 9:59 pm
by Citfield
Ek will graag 'n toegewyde status kry.

Ek het gedink om 'n toegewyde jagter te word maar iemand het my kop nou deur mekaar gepraat om eerder 'n toegewyde sportskut te word.

Wat is die verskil tussen die 2? Ek verstaan die ammunisie gedeelte. Wat se voordele is daar by elk?

Regards/Groete,
Allen

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Tue Aug 30, 2016 10:27 pm
by tripodmvr
Albei die statusse gaan jou meer as 4 gewere kan laat aankoop. Ek gaan SA Jagters se opleiding gebruik om verskille uit te wys.
Vir my gaan toegewyde jagterstatus oor die verdieping van jou kennis oor gewere, veiligheid, jag en die natuur. Dit spreek dus jou passie vir jou belangstelling aan. Toegewyde sportskiet gaan oor kennis van die verskillende oefeninge, baanveiligheid en tipes wapens aan.

Jagter Sportskut
1. Kursus wat oor drie dae strek + toeboek eksamen Kursus wat 4 na 5 ure duur + oopboek eksamen
2. Jaggewere kan maklik motiveer word Enige vuurwapen wat by die dissiplines inpas kan motiveer word

Jy kan nou verstaan hoekom jy advies gekry het om die sport rigting te kies. Dit is makliker om te verkry en jy kan meer tipes vuurwapens so verkry.

Ek het in die negentigs by SA Jag aangesluit en direk die toegewyde jagter kursus gedoen. Die buitelewe en jag was my passie vanaf jong kind gewees en ek het baie uit die kursus geleer om my verder te verryk in dit wat my belangstelling is.

Tegniese kennis oor wapens en hul aanwending is ook deel van jag vir my en daarom het ek ook sportskut status verwerf. Dit bekwaam jou ook vir baanbeampte diens waar jy dan weer kan terugploeg in jou sport.

Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:20 am
by Bierseun
Doen altwee op NHSA baie maklik kos dieselfde om altwee te doen.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 7:15 am
by Citfield
Baie dankie vir al die inligting. Oom Google kon dit nie vir my wys nie.
Bierseun wrote:Doen altwee op NHSA baie maklik kos dieselfde om altwee te doen.


Sent from my iPad using Tapatalk
Soos ek jou post verstaan of jy 1 het of albei betaal jy dieselfe vir kursus. Verskoon as k anders verstaan.

Regards/Groete,
Allen

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 8:30 am
by Riaan Kriel
Soos ek dit verstaan kan jy makliker 2 wapens kry van dieselfde kaliber met Toegewyde Sportskut Status... bv. Ek het reeds 'n 22-250 vir jakkalsjag. Ek kan nou nog 'n 22-250 koop met 'n 1-9" twist en maklik motiveer as gebruik vir sportskiet omrede die stywer twist my toelaat om swaarder/langer koeëls te skiet met hoër BC.

Vereiste vir Toegewyde jagter status by SAJWV is 2 aktiwikteite vir die jaar. Toegewyde Sportskut se vereiste is 3 BAANSKIET aktiwiteite vir die jaar.

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 8:38 am
by Bierseun
Citfield wrote:Baie dankie vir al die inligting. Oom Google kon dit nie vir my wys nie.
Bierseun wrote:Doen altwee op NHSA baie maklik kos dieselfde om altwee te doen.


Sent from my iPad using Tapatalk
Soos ek jou post verstaan of jy 1 het of albei betaal jy dieselfe vir kursus. Verskoon as k anders verstaan.

Regards/Groete,
Allen
Yes of jy een of altwee vat dis kos dieselfde kyk op hulle website natshoot.co.za


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 9:31 am
by Carl
Allen

Toegewyde jagter gaan jou die geld spaar vir 1 ekstra eksamen en as jy NET wil jag en jag motiverings vir nuwe vuurwapens doen gaan dit werk Lidmaatskap kos dieselfde al het jy 2 statusse, by meeste organisasies.

As jy enigsins oorweeg om Self Loading Rifle, dubbel pistole, meer as 200 rondtes wil aanhou vir nie-jag kaliber nie en sulke snaakse dinge. Dan sal ek eerder Sportskut gaan. Sportskut kan jy meeste jag gewere ook motiveer, maar met Jagstatus kan jy nie alle Sportskiet vuurwapens motiveer ;)

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 8:36 pm
by Citfield
Bierseun wrote:
Citfield wrote:Baie dankie vir al die inligting. Oom Google kon dit nie vir my wys nie.
Bierseun wrote:Doen altwee op NHSA baie maklik kos dieselfde om altwee te doen.


Sent from my iPad using Tapatalk
Soos ek jou post verstaan of jy 1 het of albei betaal jy dieselfe vir kursus. Verskoon as k anders verstaan.

Regards/Groete,
Allen
Yes of jy een of altwee vat dis kos dieselfde kyk op hulle website natshoot.co.za


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie ek het toe hulle gemail en ja vir +-R1090 kan jy albei doen en dan sluit dit jaar gelde in.

Regards/Groete,
Allen

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Wed Aug 31, 2016 9:35 pm
by Bierseun
Ek weet nie seker ek het eers aan gesluit en toe dedicated gedoen


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Dedicated hunter or sportsman

Posted: Mon Sep 12, 2016 10:01 pm
by LongWolf
Ek was by SAJagters
Oor gegaan na NHSA, wanneer jy aansluit doen jy als aanlyn. Jy skryf jou toetse aanlyn en doen al jou status updates daar. En is bietjie goedkoper as SAJagters.

Dis meer informeel ook. Solank jy fotos en bewyse laai van jou aktiwiteite is jy reg. Jou skiet oefeninge op NHSA se teikens wat jy op die "score page" insit trek automaties deur na die aktiwiteit blad wanneer dit goed gekeur is.