Page 1 of 2

3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 7:52 am
by CobusMeyer
More manne

Sommer net vir interesantheid
Ek het reeds n 243 en 30.06
Ek het 2 laaities wat belangstelling toon in jag. een is 5 jaar oud en het die naweek wat verby is al die pad saam gestap in die veld (bosveld), nie een keer gekla hy is moeg nie. Ek moes hom forseer om te slaap tussen die oggend sessie en die middag sessie(hy is bang ek gaan uit sonder hom). Die gras is langer as hy en permanent in sy gesig, maar die mannetjie kla nie.

Ek dink maar om nog n roer te kry wat hulle 2 in bos kan gebruik en nie verskriklik terugskop (obviously nie nou dadelik, hulle moet bietjie ouer wees, maar dis mos lekker om die soort navorsing te doen)

Wat stel julle voor, ek het gedink aan nn 7x57 of 7x64

Hoor graag wat stel julle manne voor

Groete

C

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 7:57 am
by Capt. Yoda
Lekker kortloop 7x57

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:06 am
by joe rocket
7x57 verseker.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:32 am
by tripodmvr
Kry vir jou 243 'n verstelbare kolf wat nie te swaar is nie - dit hoef nie mooi te wees nie, net funksioneel. Laai die geweer met 90-100gr stompkop koeëls wat sal stabiliseer en kry spoed so teen 2500-2700vps.

Min terugslag, geweer is lig genoeg vir klein lywe en pas hulle. Dit het genoeg doodmaakvermoë vir rooibok of vlakvark.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:34 am
by Trompie
ñ 6.5.....

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:37 am
by honda2
tripodmvr wrote:Kry vir jou 243 'n verstelbare kolf wat nie te swaar is nie - dit hoef nie mooi te wees nie, net funksioneel. Laai die geweer met 90-100gr stompkop koeëls wat sal stabiliseer en kry spoed so teen 2500-2700vps.

Min terugslag, geweer is lig genoeg vir klein lywe en pas hulle. Dit het genoeg doodmaakvermoë vir rooibok of vlakvark.

+1

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:44 am
by Hein22
Ek sit me 6 gewere in verskillende kalibers maar wanneer ek jagveld toe gaan is daar een wat ALTYD saamry...my 7x57.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 9:18 am
by Frederik
6x45

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 10:39 am
by M98mauser
Die 7*57 is maar n lekker geweer, die probleem wat jy gaan he is as jy eers n 7*57 het gaan jy daai 30.06 wegpak en lekker jag met die 7*57.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 10:45 am
by gillie
'n .22 waarmee hulle lekker kan leer om mee te skiet en oefen en dan as hulle reg is die 243 soos Tripod voorgestel het om die eerste bok mee te skiet. Ek is presies in dieselfde bootjie as jy (6 en amper 5 jarige). Was Julie in Nambie en hulle het daai .22 warm geskiet. Die glimlagte op die gesig as hulle kleiduif raakskiet en die ding spat in stukke was al motivering wat hulle nodig gehad het.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 11:05 am
by tripodmvr
6x45 - Die 243 kan afgelaai word na die' kaliber se spoed.

'n .22 waarmee hulle lekker kan leer om mee te skiet en oefen en dan as hulle reg is die 243 soos Tripod voorgestel het om die eerste bok mee te skiet. Ek is presies in dieselfde bootjie as jy (6 en amper 5 jarige). Was Julie in Nambie en hulle het daai .22 warm geskiet. Die glimlagte op die gesig as hulle kleiduif raakskiet en die ding spat in stukke was al motivering wat hulle nodig gehad het.

Baie goeie voorstel. .22's is lig en makliker hanteerbaar met geen terugslag.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 11:18 am
by QuQ
7mm-08

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 11:54 am
by Eduard Venter
My keuse sou ook wees 'n .22 dan kan hulle begin jag met die 243. Rede hoekom ek se die .22 is omdat hulle heel moontlik baie gaan geniet om te leer skiet en die ammunisie is goedkoop. Dan kan hulle voëls en meerkatte ens skiet en bokke en varke skiet met die 243. Sterke met die keuse en geniet die nuwe roer, wat ook al dit nou gaan wees.

Sent from my LG-H735 using Tapatalk

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:04 pm
by Carl
.22 Die jong manne gaan baie oefen en dis nou maar die goedkoopste per liter.

Die 243 met KD op gaan klaar jag geweer wees vir hulle 2 - mits jy kan opsit.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:07 pm
by Boersonderroer
Die manne is reg.. 22 goedkoop om te skiet, jy kan n geweer goedkoop kry, sal hulle nie bang maak vir recoil nie. Wanneer hulle reg is gebruik die 243.

Sent from my E5823 using Tapatalk

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:14 pm
by Capt. Yoda
Koop vir hulle n goeie breek nek pellet soos n Weihrach HW 35 of self n goeie PCP as jy groter voels of so wil skiet om mee te oefen en koop daai 7x57 vir die bos. Om duur al daai drama te gaan van liksens aansoek om n goedkoop oefen .22 te koop wat op 50m nie eers so akuraat soos daai pellet gaan wees nie klink vir my na n gesukkel

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:36 pm
by gillie
Capt. Oblivious wrote:Koop vir hulle n goeie breek nek pellet soos n Weihrach HW 35 of self n goeie PCP as jy groter voels of so wil skiet om mee te oefen en koop daai 7x57 vir die bos. Om duur al daai drama te gaan van liksens aansoek om n goedkoop oefen .22 te koop wat op 50m nie eers so akuraat soos daai pellet gaan wees nie klink vir my na n gesukkel
Windbuks is seker goedkoper en makliker om te bekom ja. Ander voordeel van die .22 is dat hulle darem beitjie begin oefen om daai slot te werk, teen die tyd wat hulle gaan jag is dit al tweede natuur.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:55 pm
by Konrad308
My laaitie het begin skiet op 6 jaar met `n .22 en nou met my .223 (7)

Toe hy begin skiet met die .223 wou hy nie meer so baie met die .22 skiet nie. Ek dink hy is dalk `n recoil vraat. Hy skiet so nou en dan met my .308 met `n knaldemper op maar ek kan sien recoil pla effens.

Ek sou se kry vir hulle `n .204 of 223 met `n goeie knaldemper op. Dit is goedkoop genoeg en jy sal dit ook geniet. As hulle dan oorgaan .243 toe dan is hulle klaar gewoond aan bietjie recoil.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 1:39 pm
by CobusMeyer
Hi, ek het n lekker windbuks, en kneldemper op 243. Eintlik like ek ook daai 7x57

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 5:09 pm
by obasch
Cobus,
Hou 'n oop kop en kyk na die 6,5mm's ook, van die ou staatmaker 6,5x55, 260Rem, 6,5mm Creedmoor, ens.
Met my seun het ek die pad geloop van 'n "Sporting" Sweedse Mauser toe hy so 7 jaar oud was na 'n 260Rem wat hy eersdaags sal oorneem, hy's nou 25 en wil niks anders hê nie.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 6:22 pm
by tripodmvr
CobusMeyer wrote:Hi, ek het n lekker windbuks, en kneldemper op 243. Eintlik like ek ook daai 7x57
Die 7x64 kan dit doen wat die 7x57 doen en dan nog meer. Fabrieksgewere is skaars, maar ek dink Musgrave en CZ maak wel. Die 6,5 is nog baie naby aan die 243.

Re: 3de geweer

Posted: Tue Aug 30, 2016 8:12 pm
by alecjohnson
kyk ek sal kyk na .22 soos bo voorgestel is, maar vir bosveld jag kan daar ook gekyk word na 300 Blackout...

As ek in jou posisie was het ek 'n .223 gekoop. min trugslag maar goed genoeg vir goeie bokke! rooibok met 223 stap nie weg! gebruik net goeie koeël!


of verminder die lading op die 243!

ek sou se 'n 100gr teen 2300FPS uit 243 sal puik werk vir kinders! 32-33gr S365 met 'n bitjie dacron en jy het 'n wen resep!

Re: 3de geweer

Posted: Wed Aug 31, 2016 6:48 am
by rockrabbit
Troy pomp aksie, 1-7 twist in .223, verstelbare kolf so pa en seun kan albei gemaklik seller bykom.

Re: 3de geweer

Posted: Wed Aug 31, 2016 7:45 am
by Hano243
M98mauser wrote:Die 7*57 is maar n lekker geweer, die probleem wat jy gaan he is as jy eers n 7*57 het gaan jy daai 30.06 wegpak en lekker jag met die 7*57.
+1 ++>:

Re: 3de geweer

Posted: Wed Aug 31, 2016 10:09 am
by Victor
7x57 !
Hulle meisies( vrouens) gaan haar ook later gebruik