Page 1 of 1

OGGEND EN MIDDAG PRAATJIES

Posted: Tue Jul 19, 2011 8:08 am
by Beyers
Ek het van die begin van Julie 'n paar keer probeer dagroep.
Eers in die oggend met kossie begin, dan met mooihuil afgesluit - niks nada nothing
In die aand die selfde probeer met dieselfde resultaat.
Ek verstaan dis die moeilike roeptyd.
Sondag oggend vroeg het ek begin met elsneus en die snit was nog nie 3 sekonde aan nie toe antwoodr een jak in die kloof naby my en een ver windaf. Na 30 min kom die windaf jak aan, maar wou nie nader kom as 400m nie ( nie onder my wind nie). Die een in die kloof het verdwyn.
Sondag middag probeer ek op ander plek (1000m weg) weer om te roep met elsneus, bokkerall.
Maandag middag op heel ander plek op plaas roep eers net kos en toe jak alleen om af te sluit, 3 jakke antwoord naby, maar te donker om te sien tussen die bosse.

Nou die vraag.
Behalwe miskien vir die moeilike tyd, is dit beter om soggens met 'n klein jak te begin - Ma en pa was heel nag uit en kinders is honger. In die middag met kossie te begin en goed voor donker (10 min voor sononder) op te pak en te loop?
Beyers