Page 1 of 1

RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Tue Aug 23, 2016 8:51 am
by vossie1
More meneere het iemand een van die en wat is julle mening,ek het die 1500 rangemaster skaal en dit werk baie goed en is akuraat dis hoekom ek nou die combo wil aanskaf en die ander 1500 hou vir ingeval. Sou julle se dit is die geld werd of moet ek maar laai met my dispenser /trickler en skaal?

Groete
Vossie

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Tue Aug 23, 2016 8:54 am
by Hano243
Verseker die moeite werd, ek laai met een en is nog nie n dag spyt nie.

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Tue Aug 23, 2016 10:52 pm
by HJVisagie
Nie een dag spyt nie. 100% die geld werd


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 7:15 am
by Capt. Yoda
Ek het begin met daai rangemaster skaal laai en dit was sekerlik die grootste pot stront wat ek nog gebruik het. Vir wat daai CM nou voor gaan koop ek eder n harrell powder measure, n goeie balkie skaal en n klomp koels

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 8:13 am
by vossie1
Dankie julle, die beste prys wat ek kon kry is R9700 ek gaan maar eers verby hou.

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 2:25 pm
by Brombeer
Cappie

Waar het jy gekoop?

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 2:34 pm
by Capt. Yoda
Die skaal het ek by Safari gekoop, ek het nie die Charge master self gebruik nie net die skaal. As jy n Harrel soek praat met Hein op die forum

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 3:48 pm
by Joe308
Koop vir jou n Lee Perfect Powder Measure, net so akkuraat soos n Harrels, en teen n 1/10 de van die prys. Kyk gerus op die web, menige toetse gedoen wat dit staaf. Jy gaan elkegeval stokkies kruit moet in trickle op n skaal en gaan nie op volume laai nie.

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 3:53 pm
by vossie1
My Redding powder dispenser gooi redelik akuraat met stokkies kruit, so 0.3gr en met bal kruit gooi hy 8/10 keer op die nommer so ek dink my stert het net n krap nodig gehad. Ai Cappie nou wat moet ek nou vir my koop???

Re: RCBS 1500 Chargemaster auto dispenser.

Posted: Wed Aug 24, 2016 4:08 pm
by Riaan Kriel
vossie1 wrote:Dankie julle, die beste prys wat ek kon kry is R9700 ek gaan maar eers verby hou.
vossie1 wrote:My Redding powder dispenser gooi redelik akuraat met stokkies kruit, so 0.3gr en met bal kruit gooi hy 8/10 keer op die nommer so ek dink my stert het net n krap nodig gehad. Ai Cappie nou wat moet ek nou vir my koop???
Vir daai prys en nog so bietjie ekstra om die jeuk lekker te krap..... sommer 'n nuwe Howa >:D ++>: