Naand menere
Ek het die naweek my nuwe Tikka 300 WSM vir eerste uitstappie gevat. Met hulp can Nico Harris het ek baie vinnig by TPL en lading uitgekom wat baie naby aan finaal is. Groeperings op 208Amax is reeds ongeveer 10mm op 100 meter. Thanks Nico! My vrou het my agter my geweer uitgejaag en het met haar eerste 2 skote die 20cm gong op 500 meter laat swaai. Neem in ag dat sy nie veel geskiet het die laaste 6 jaar nie (kinders groot gemaak).
Wat ek eintlik by wil uitkom is die volgende.
Eerstens 'n pluimpie aan Tikka wat uit die boks baie mooi skiet. Ek weet van 4 manne wat onlangs Tikka begin skiet het wat dieselfde ervaring gehad het.
Ek het na aanleiding van 'n post Donderdag aand oor die inbreek van lope besluit om my skoonmaakstok en skoonmaak middels uit my kar te haal (artikel op Snipers Hide) en nie die proses van loop inbreek te volg nie.
Vanaand het ek my geweer skoon gemaak na ongeveer 30 skote die naweek. 1 patch carbon remover, nylon borsel gevolg met droë lappie. Ek het weer 'n nat patch deur gestoot.....5 minute laat rus....TOE EK DIE DROË LAPPIE DEUR STOOT, KOM HY SPIERWIT AAN DIE ANDERKANT UIT. Is dit nog 'n plumpie vir Tikka....of mis ek iets??.?
Een van die redes hoekom die slim manne loopinbreek voorskryf, is om skoonmaak proses te vergemaklik?? Of was ek net gelukkig???
Lekker week vir almal.
Tikka of loop inbreek??
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Tikka of loop inbreek??
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2469
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Wicus eks bly ek kon jou help. Die tikkas skiet ongelooflik so uit die boks uit. Met skoonmaak ondervind ek dit ook- baie maklik. Ek het die eerste keer eers na 150 skote skoon gemaak.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Het jy koperverwyderaar gebruik?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2469
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Ek het ja. Maar ek dink jy vra vir Wicus.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Het nagelaat om hierbo te noem. Jip...proses hierbo is herhaal met bore tech se copper remover. Resultate was dieselfde.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3649
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Yis,
Julle manne is lucky. My en pel se 260's het loop in breek ons gebreek.
Kan niu nog nie daai loop skoonky nie al is dit 100 lappies later. Maar albei skiet ongelooflik goed...
Julle manne is lucky. My en pel se 260's het loop in breek ons gebreek.
Kan niu nog nie daai loop skoonky nie al is dit 100 lappies later. Maar albei skiet ongelooflik goed...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
Wicus
Laat ek reg verstaan? Die geweer skiet n bars hou en hy word nie vuil nie. Wat sal dan die rede wees hoekom jy enigsins die loop inbreek proses wil volg? Die geweer het met jou gepraat so meskien is dit tyd dat jy na hom luister.
Skiet hom en geniet hom!
Groetnis
Wouter
Laat ek reg verstaan? Die geweer skiet n bars hou en hy word nie vuil nie. Wat sal dan die rede wees hoekom jy enigsins die loop inbreek proses wil volg? Die geweer het met jou gepraat so meskien is dit tyd dat jy na hom luister.
Groetnis
Wouter
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Tikka of loop inbreek??
My Tika .300 WM met stainless dik loop het ek ook nie ingebreek nie en hy maak lekker skoon en skiet bars hou
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
cvil
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Tue Oct 09, 2012 10:18 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
As ek my Tikka 260 Stainless met ander rakgewere vergelyk is dit baie duidelik dat hulle iets spesiaal met hulle lope doen. Tweede lappie kom skoon uit en ek sien bitter min koper.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Tikka of loop inbreek??
cvil wrote:As ek my Tikka 260 Stainless met ander rakgewere vergelyk is dit baie duidelik dat hulle iets spesiaal met hulle lope doen. Tweede lappie kom skoon uit en ek sien bitter min koper.
Ja hulle kry dit by Sako
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

