Page 1 of 1
Droewors te droog.
Posted: Tue Aug 16, 2016 8:51 pm
by Dolf014
Jis manne, ek het so n bietjie droog gemaak (letterlik

)
Ek het my droewors n dag te lank laat hang en nou is hulle te droog na my smaak.
Julle ken nie dalk n truuk om te probeer red nie.
Re: Droewors te droog.
Posted: Tue Aug 16, 2016 9:01 pm
by dehacked
Maak versigtig toe in bruin papier.
Pos vir my.
Ek sal hulle af wurg.
Re: Droewors te droog.
Posted: Tue Aug 16, 2016 9:46 pm
by finch
Wissel n happie droewors met n slukkie rooiwyn.
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Re: Droewors te droog.
Posted: Tue Aug 16, 2016 9:50 pm
by likweD
As jy in Richardsbaai bly laat jy dit net buite lê.. Die vogtige lug maak dit weer sag..
Miskien moet jy dit in die badkamer laat lê terwyl jy lekker warm stort vang..
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 7:06 am
by 3006
Sit dit in die yskas vir n dag of 2 en probeer dan.
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 7:21 am
by Gawie(13mm)
3006 wrote:Sit dit in die yskas vir n dag of 2 en probeer dan.
Jammer maat, maar dit het die teenoorgestelde effek. Die wors gaan nog verder uitdroog in die yskas.
Wanneer ek wild-biltong kerf in dit nog te klam na smaak is, plaas ek dit vir 'n dag of twee in 'n bruin papiersak in die yskas. Hy droog hom baie mooi uit.
Jy sal daai wors op in 'n klam plek moet kry.
Vat 'n stuk en sit hom in die mikrogolf saam met 'n bakkie water vir 'n paar sekondes. As kinders het ons dit met die "hotdog buns" gedoen wat uitgedroog het.
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 8:24 am
by LoveHenties
Doop hom in n bottertjie soos jy hom eet...
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 8:27 am
by likweD
Die vet smelt uit in die mikrogolfoond.. Voorstel plaas dit saam met 'n stomende bak water onder 'n houer, dus soos vrouens hul gesigte stoom.. Of op 'n oondrak bo 'n pot wat stoom.. Die derm gaan met die 2e opsie dalk soggie raak...
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 10:50 am
by Gawie(13mm)
likweD wrote:Die vet smelt uit in die mikrogolfoond.. Voorstel plaas dit saam met 'n stomende bak water onder 'n houer, dus soos vrouens hul gesigte stoom.. Of op 'n oondrak bo 'n pot wat stoom.. Die derm gaan met die 2e opsie dalk soggie raak...
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
....en hoe werk dit vir hulle???
Sonder grappies, jou plan klink goed.
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 10:58 am
by FHM
Dolf, hang daai wors vir nog 8 weke maat - bere as skoonma kom kuier!
Nou het jy n verskoning om gou nog n bokkie te gaan piets en weer wors te maak

Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 12:42 pm
by Viking
Ek sou eerder die wors vrieskas toe vat en van daar uithaal en laat "ontdooi" voor gebruik.
Onthou net die wors moet selfs in die vrieskas goed (dig) toegemaak wees.
Net vir die rekord: Wat was jou vet % en watse vet het jy gebruik saam met die wors?
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 3:01 pm
by Dolf014
FHM wrote:Dolf, hang daai wors vir nog 8 weke maat - bere as skoonma kom kuier!
Nou het jy n verskoning om gou nog n bokkie te gaan piets en weer wors te maak

FHM;
Deel 1 van jou plan; skoonma is ongelukkig nie meer met ons nie.
Deel 2 van jou plan; 27Aug is klaar geboek.
Viking; Ek het skaapvet gebruik en die verhoudings was presies dieselfde as die vorige batch.
Dit kom nou as n man in die jagveld is en nie "jou wors"

dophou nie.
Dit klink vir my die stoom ding gaan dalk werk. Bak water saam met pakkie wors in die oond/mikrogolf.
Anders eet ons hom maar saam met n doopsous (terwyl die Lions wen

)
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 3:16 pm
by sako 30-06
Gawie(13mm) wrote:3006 wrote:Sit dit in die yskas vir n dag of 2 en probeer dan.
Jammer maat, maar dit het die teenoorgestelde effek. Die wors gaan nog verder uitdroog in die yskas.
Wanneer ek wild-biltong kerf in dit nog te klam na smaak is, plaas ek dit vir 'n dag of twee in 'n bruin papiersak in die yskas. Hy droog hom baie mooi uit.
Jy sal daai wors op in 'n klam plek moet kry.
Vat 'n stuk en sit hom in die mikrogolf saam met 'n bakkie water vir 'n paar sekondes. As kinders het ons dit met die "hotdog buns" gedoen wat uitgedroog het.
Sny droewors in 3cm stukkies,sit dan in n plastieksakkie in yskas. Binne n dag of twee is die droewors sag.
EK doen dit gereeld as my dogtertjies kla die droewors is te hard.
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 3:30 pm
by Viking
Dolf014,
Ek het een jaar persie vet gebruik....toe kon ek nie die wors "droog" kry nie!
Dis asof die vet olierig bly, maar die wors word nie droog - droog nie
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 3:51 pm
by Dolf014
Viking wrote:Dolf014,
Ek het een jaar persie vet gebruik....toe kon ek nie die wors "droog" kry nie!
Dis asof die vet olierig bly, maar die wors word nie droog - droog nie
Persie vet en VanRooi skaap is vet is erger as Castrol GTX olie. Daai vet trek sommer deur die derm dat jou hande vetterig raak .
Sako; n kollega van my het netnou ook voorgestel dat ek die wors net in yskas moet sit (nie vrieskas nie)
Hy het net genoem dat ek die wors uit die plastiek sakkie moet uithaal.
Dankie manne vir julle raad. Ek sal tog laat weet watter patent het gewerk.
Groete.
PS: maar ek gaan nog steeds die 27ste Aug jag.

Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Aug 17, 2016 3:54 pm
by sako 30-06
Dolf014 wrote:Viking wrote:Dolf014,
Ek het een jaar persie vet gebruik....toe kon ek nie die wors "droog" kry nie!
Dis asof die vet olierig bly, maar die wors word nie droog - droog nie
Persie vet en VanRooi skaap is vet is erger as Castrol GTX olie. Daai vet trek sommer deur die derm dat jou hande vetterig raak .
Sako; n kollega van my het netnou ook voorgestel dat ek die wors net in yskas moet sit (nie vrieskas nie)
Hy het net genoem dat ek die wors uit die plastiek sakkie moet uithaal.
Dankie manne vir julle raad. Ek sal tog laat weet watter patent het gewerk.
Groete.
PS: maar ek gaan nog steeds die 27ste Aug jag.

As jy dit uit die sakkie haal gaan dit meer uitdroog soos Gawie genoem het.
Sit n stuk steak oop in n yskas en kyk na n dag hoe droog die "vel" uit.
Re: Droewors te droog.
Posted: Sun Aug 21, 2016 3:54 pm
by ROBBIE1
Dolf beste is om dit in porsies te sny, maak klaar pakkies 500gr bv en vries dit. As jy dit wil gebruik haar so uur vooraf uit dat dit net kan ontdooi. Dit help so effe.
Re: Droewors te droog.
Posted: Tue Sep 06, 2016 1:19 pm
by Dolf014
Manne, ek het al die planne getoets en dit so ondervind;
1. Sit wors sonder plastiek sakkie in yskys vir paar dae >> wors word net al droeër
2. Sit wors in plastiek sakkie in yskas vir paar dae >> wors word sagter.
3. Stoom wors vir paar minute, sit terug in plastiek sakkie en dan in yskas >> wors word vinniger sagter as plan 2.
Dankie vir almal se hulp. Die wors is op. Moet more weer n vars batch maak (ek ek gaan nie weer dieselfde fout maak nie

)
Groete.
Re: Droewors te droog.
Posted: Tue Sep 06, 2016 10:09 pm
by theedge
Dolf014 wrote:Manne, ek het al die planne getoets en dit so ondervind;
1. Sit wors sonder plastiek sakkie in yskys vir paar dae >> wors word net al droeër
2. Sit wors in plastiek sakkie in yskas vir paar dae >> wors word sagter.
3. Stoom wors vir paar minute, sit terug in plastiek sakkie en dan in yskas >> wors word vinniger sagter as plan 2.
Dankie vir almal se hulp. Die wors is op. Moet more weer n vars batch maak (ek ek gaan nie weer dieselfde fout maak nie

)
Groete.
Kyk nou net dankie vir die deel maat
Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Sep 07, 2016 8:21 am
by LongWolf
En ek wou nog se .... stuur dan toets ek al die boere rate vir jou part

Re: Droewors te droog.
Posted: Wed Jul 10, 2019 6:21 pm
by matewis
Dolf014 wrote:
Persie vet en VanRooi skaap is vet is erger as Castrol GTX olie. Daai vet trek sommer deur die derm dat jou hande vetterig raak .
Naand manne, vandag batch opgetel by slaghuis en my droewors doen presies dit. Gaan dit so bly of kan ek iets doen om dit te verminder. Gaan dit beter raak na ruk in vrieskas of het my slagter dit opgeneuk met te veel of verkeerde vet?
Re: Droewors te droog.
Posted: Thu Jul 11, 2019 9:08 am
by PWV
dehacked wrote:Maak versigtig toe in bruin papier.
Pos vir my.
Ek sal hulle af wurg.
Bly nog die beste raad!!

Re: Droewors te droog.
Posted: Thu Jul 11, 2019 9:51 am
by matewis
Oom ek hoef nie eers te pos nie.. Ek gooi om net hier met die pad af, hy sal gly tot in die Paarl