Naweekjag in Potch

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Naweekjag in Potch

Post by Lourens »

Naand manne,

Hier is die foto's van die naweek se jag daar in potch saam met blok. Ons het 2 Springbokke, 2 Blesbokke en 1 Rooibok geskiet vir die saterdag. Soos julle op die fotos kan sien is die diere almal in 'n goeie kondisie en het hulle ook mooi uitgeslag. Beide die Sprigbokramme het 24kg uitgeslag, Die Rooibok 36kg, die jong Blesbokram 26kg en die Blesbokooi 'n allemuntige 39kg!! My Springbokram was horing-gewys ook 'n masjien gewees en het 13.7 duim gemeet, ek is waarlik baie trots op daai oukie!

Al die diere is met my 7mm Rem Mag en 160gr Barnes TSX Punte @ 2950fps geskiet, behalwe Andre se een Springbok wat met my .22-250 geskiet is. Ek het ongelukkig nie 'n foto van daai Springbok nie. Die skoot op my Springbok was wyd gewees, ekt ongelukkig nie 'n rangefinder by my gehad nie, maar ek skat so tussen 250m en 300m, ek het die skoot so 2-3 duim regs getrek, maar hy was steeds effektief gewees en die ram is vinnig dood. Die veld is 'n goeie mengsel tussen bos en ooptes en die meeste skote was ook lekker wyd gewees.

Baie dankie aan Blok en Meiring vir julle gasvreiheid en 'n heerlike naweek! Dit was great om julle te kon ontmoet en saam met julle te jag!! Ek kan dit aanbeveel!


My vriend Andre se jong Blesbokram:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00027.jpg[/img]


My vriend Gerhard se mooi vet Blesbokooi:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00043.jpg[/img]


My Rooibokram:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00040.jpg[/img]


Ek (links) en Blok (regs) by my groot Springbokram:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00050.jpg[/img]


My groot ram van naby:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00053.jpg[/img]


My groot ram van die kant af:

[img width=560 height=420]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... -00054.jpg[/img]


Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by Gerhard »

Baie geluk...

Lyk of julle n lekke jag sessie saam met Blok gehaad het.

Baie mooi springbok en rooibok.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by MJK »

Geluk!

Mooi springbok! Ek sien daar was 'n klompie koele wat gegooi was - daai ammo het gesak na die rooibok se skiet toe.... ;D
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by Geno »

Lourens,
Mooi gegooi manne!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
grumpy

Re: Naweekjag in Potch

Post by grumpy »

Mooi biltong wat daar le. Lekker eet en elke byt dink jy aan daai lekker tyd in die veld.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by BLOK »

Lourens

Lekker gewees om julle hier te he, Julle is enige tyd weer welkom om n draai te maak.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Naweekjag in Potch

Post by PITSMIT »

mooi gegooi lourens en vrinne

baie mooi bokke wat julle daar geskiet het
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
grumpy

Re: Naweekjag in Potch

Post by grumpy »

BLOK, jy is n bogger. Jy se nie jy is in Potch nie, ek moet dit hier lees. Ek ry deur Potch as ons vir skoonma gaan kuier. Miskien moet ek plan maak om by jou draai te gooi of beter is om vrou en dogter daar af te laai dan kan ons lood gesels!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by BLOK »

Grumpy

Enige tyd skree net.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by .::Alwyn-U::. »

mooi bokke da!
grumpy

Re: Naweekjag in Potch

Post by grumpy »

Gaan so maak BLOK! Stuur maar pryse op PM. Gaan my onderbroek verkoop. Ek het een en my vrou het my nog een gekoop. Sy se ek kan die oue nou gebruik vir n waslap. Net eers al die skidmerke uitwas anderrs ruik hy soos akkies!!!!!!!!!!!!!!!!!  :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by Dewie »

GELUK oom Rooijakkals
Lyk asof oom hule besig was op daai naweek

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Naweekjag in Potch

Post by henried »

Is die plaas nog oop vir jag?

Hulle atwoord nie hulle mail nie...
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply