Waterbok Vleis
Posted: Sun Jul 17, 2011 4:41 pm
Hallo Ouens
Ek wil net bietjie agter die kap van die byl kom oor die Waterbok se vleis.
Ek gaan eintlik om 'n koedoebul te jag, maar die geleentheid kan hom voordoen om 'n waterbok bul te skiet as 'n alternatief.
Ek is ook maar net 'n jagter, en so wil ek maar eerder 'n manlike dier skiet met redelike horings, omdat waterbokke nie regtig allerdaags is nie (vir my altans). Ek het nog nooit 'n waterbok van tevore geskiet nie en sal ook seker nie gou weer die geleentheid kry nie. Maar ek wil nou nie net een skiet net omdat ek die geleentheid het om een kan jag nie. Ek wil darm nie he die vleis moet swakker wees as die van 'n groot koedoe bul nie, anders los ek hom as hy oor my pad kom en soek eerder Oom koedoe. Ek het al baie koedoes met die geweer geskiet maar nog nie een met die revolwer nie, en die aankomende jag is reeds as revolwer jag beplan. Ek is redelik besluit loos ?
Ek het probeer navorsing doen op die internet.
Wat ek wil weet en is onseker oor:
AS die bok nou reg afgeslag is - Een ou wat vel afslag en ander ou wat die vel vashou, ens. - Is die vleis net eetbaar of is dit lekker ? Die een bron se dit is uitsonderlik lekker, Die ander een meen dis eetbaar maar redelik on-spesiaal, dis maar soos groot koedoe bul vir my is.
Ek verstaan Waterbok bulle is maar min of meer die selfde gewig (uitslag) as koedoe bulle, maar op die internet lyk dit eerder soos die gewig van Blouwildebees bulle?
Sal dit saak maak as jy 'n lyfskoot skiet (Ek moet - dis 'n revolwer waarme ek gaan skiet), as jy die vel moet nie die vleis aan raak beginsel wil volg ?