Page 1 of 1

Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Sat Aug 06, 2016 4:30 pm
by mossie
Virginia Thrasher goud vir die Yanks. Lyk of sy die game verstaan - was glo eers n olimpiese ysskaatser toe begin sy skiet.

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Sat Aug 06, 2016 7:20 pm
by Hein M.
Die girl is net 19 ;)

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 8:44 am
by swc-tr
En regte skuts skiet sonder teleskope................. >:D

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:08 am
by Riaan Kriel
swc-tr wrote:En regte skuts skiet sonder teleskope................. >:D
Sê jy wat nog kan sien....... ++>:

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:11 am
by JPS
swc-tr wrote:En regte skuts skiet sonder teleskope................. >:D
yes Schalk,,

Dis maar hoekom ek vir my laaitie TR geweer bou ++>:

Maar ek bly maar op my stand en teleskoop ;)

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:13 am
by swc-tr
Jan, jy't duidelik nog nie die F-klas reëls verstaan nie, jy mag eers F-klas skiet as jy ouer as 80 is..............!

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:15 am
by swc-tr
Terloops, ek sien in Kanada loop die F-TR skuts voor op die groot totaal met 7 punte teenoor F-Ope (Shiraz)
Die ou gradeboog.

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:17 am
by JPS
Schalk,

Lyk my daar is baie ouens wat net soos ek sukkel om dit raak te lees(ons oë is klaar swak ++>:), want ek sien hy(F klas) groeie baie vinniger hier by ons as TR >:D

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:20 am
by swc-tr
Seker maar tekens van die tye waarin ons lewe, alles moet maklik wees en vining gebeur, met kort learning curve.
Bittermin glo in ware uitdagings.

Dis darem nou filosofies so op 'n Vrydagoggend. :laugh:

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:29 am
by ruaanb
swc-tr wrote:Seker maar tekens van die tye waarin ons lewe, alles moet maklik wees en vining gebeur, met kort learning curve.
Bittermin glo in ware uitdagings.

Dis darem nou filosofies so op 'n Vrydagoggend. :laugh:
+1 ;D

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:31 am
by JPS
swc-tr wrote:Seker maar tekens van die tye waarin ons lewe, alles moet maklik wees en vining gebeur, met kort learning curve.
Bittermin glo in ware uitdagings.

Dis darem nou filosofies so op 'n Vrydagoggend. :laugh:
;D Schalk, dink jy is slaan hom op die kop daar. Amper naweek dan kan ons weer skiet dan jelp filosofie niks nie.

Ps. En Ernsig nou. Is dit nie ook dalk omrede omrede sights ens. Basies onbekombaar is hier by ons nie? Of dalk soek ek net verkeerde plekke, maar jy kan by enige geweer winkel instap en teleskoop kry om op geweer te monteer en skiet daarmee. Nou vra daai geweer winkel vir rear sight met Verstelbare IRIS. Of sels Right sight of wat ookal wat die TR manne gebruik en jy sal so blank uitdrukking kry.

Ek dink ook die feit dat ons nie meer .22 skiet op skole nie het ook veroorsaak dat daar minder nuwe skuts getrek word TR toe aangesien daar nie blootstelling is nie. Ek gaan juis TR roete vir my seun omrede hy nou klaar die basiese beginsels het van gaaitjie visier en lê en skiet met belt oor hy 3P skiet.

Pps. As jy dalk weet van .22 gaaitjie visier wat erens te koop is laat weet my. Dink die .22 sal ook lekker oefening wees op 100m met gaaitjie visier in die begin.

Daarshy, my Vrydag filosofie ook nou agter my ;)

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 9:41 am
by swc-tr
Jan ek glo daar is 3 hoofredes waarom dit nie meer blootstelling kry/gewild is nie.
- soos jy noem, daar word nie meer by verreweg die groot meerderheid skole geskiet nie, agv Weermag onttrekking van .22 gewere by skole (poletiek?)
-geskikte fasilteite word al minder agv gebrekkige/geen instandhouding
-die rekenaar/digitale/inligting tegnologie tyd waarin ons is, almal sien, lees en hoor van en wil "snipers" wees, hulle gebruik dan scopes.....

Maar solank die manne kruitbrand is die saak reg.

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 10:51 am
by FHM
Wonder wat prys so windbuksie ;)
Seker meer as my Beretta PX 4 SD
RIOEC8613SYM1_768x432.JPG

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 11:42 am
by DawieKotze
Ek sien hierdie outjie loop so vir amper $3 800.00!

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 11:51 am
by JOHANNIC
Liewe ouers!!!

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 11:55 am
by Jaco V
Daai is Feinwerkbau Mod 700 lyk dit my, hy sal jou seker beste deel van R35k uit die sak jaag teen die tyd dat jy hom hier land, dan is dit met standard peep sights en hak(butt).

My seun skiet Walther LG400 Anatomic, ongeveer dieselfde prys maar met beter rear iris ens. sal ek hom nie nou kan vervang vir onder R45k nie, dan het hy ook nog Walther KK300 .22, die het ek gekry vir bargain local @ R25k maar teen die tyd dat ek die sights, iris, tuner, en butt hook op gekry het kos hy ook by die R40k.

Maar dis die cheap deel, Eley TenX ammo is nou oor die R400/50, as jy kan kry! Dan gebruik jy so 75rondtes/aflos, 2 aflosse/Kompetisie.

Ek moet darem net byse, daar is baie goedkoper opsies wat net so kompeterend skiet ook.

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 11:59 am
by Jaco V
Ek weet van so Anschutz 9003 wat nou tweedehands beskikbaar is vir R25k as iemand belang stel, die kit is volledig, "ready-to-shoot"

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 12:00 pm
by DawieKotze
Jaco V wrote:Daai is Feinwerkbau Mod 700 lyk dit my,
Anschutz.....

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 12:06 pm
by Capt. Yoda
DawieKotze wrote:
Jaco V wrote:Daai is Feinwerkbau Mod 700 lyk dit my,
Anschutz.....

Daai een wat die tannie skiet is n Feinwerkbau Mod 700

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 12:07 pm
by swc-tr
Jaco, het jy al oorweeg om jou seun aan grootkaliber Bisley bloot te stel?
PM my indien hy belangstel.

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 12:09 pm
by DawieKotze
Capt. Oblivious wrote:
DawieKotze wrote:
Jaco V wrote:Daai is Feinwerkbau Mod 700 lyk dit my,
Anschutz.....

Daai een wat die tannie skiet is n Feinwerkbau Mod 700
OK - Jammer

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 1:54 pm
by Jaco V
Dawie, als reg.

Ons wat nog gereeld met lug geweer te doen het spot lekker oor die final, ek dink sewe van die 8 gewere in die ladies final was Feinwerkbau, so almal se monde was lekker los wat Feinwerk aanhangers is...
Toe kom die Men's final en 6 van die agt is Walthers, so nou smile ek weer en se dis waar die manne van die girls onderskei word ;D ;D ;D

SWC-tr
Jong ons het dit al ernstig oorweeg maar op die stadium sal dit net een yster te veel wees om te manage, die man studeer ook nog en dit is maar die prioriteit. As hy eendag sy eie geld verdien staan dit hom vry om Bisley ook te probeer, ek is nou vir eers bietjie van die sponsor lysie af ;D ;D ;D

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 6:00 pm
by JPS
Jaco,
Skiet hy more by DD?

Groete
Jan

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:02 pm
by Jaco V
Ja ons albei skiet daar, maar nie lug geweer nie, net .22. Begin 9:00 met 3P.
Gaan ons julle sien?

Re: Vroue 10 m luggeweer in Rio

Posted: Fri Aug 12, 2016 7:12 pm
by JPS
Yes,

More daar 10:30 en 12:00.

Groete