Page 1 of 1

N paar lekker nommertjies!

Posted: Thu Aug 04, 2016 4:22 pm
by FHM
"ek hou nogsteeds daarvan om die liefde van my lewe te bederf! As sy laat werk die aand, dan bel sy my en se sy is oppad. Dan tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat as sy instap, sy dadelik kan begin om die skottelgoed te was."

Sjoe heng!!! Dit reen al 3 dae lank by ons...al wat skoonma doen is staar deur die venster...As dit so aangaan sal ek haar seker maar moet laat inkom!

Vrou soek haar man orals en kry hom in die garage langs sy kar en huil. Vra sy: "wat is fout?" Hy se: "onthou jy die dag toe jou pa ons die eerste keer gevang het, en onthou jy toe hy se ek moet jou trou of tronk toe?" "Ja, se sy." "Wel vandag sou ek uigekom het?

Klein Gawie en sy gesin eet Sondag middag by ouma. Net toe almal aan tafel is, begin ouma die kos opskep. Toe Gawie sy bord kos ontvang, begin hy sommer dadelik eet.
"Gawie asseblief!!" se sy ma. "Wag tot ons klaar gebid het"
"Maar ek hoef nie" se hy dadelik.
"Natuurlik hoef jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons eet by die huis"
"Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Gawie. "Maar hierdie is by ouma se huis en sy weet hoe om te kook"

Die man en vrou baklei die aand. Vrou bel haar ma en se: "Ma-hy het alweer met my baklei...ek gaan by julle kom bly!"
Ma se: "Nee, hy moet betaal vir sy foute...ek kom trek by julle in!'

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Thu Aug 04, 2016 5:28 pm
by henning
Mooi man.

Groete
Henning

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Thu Aug 04, 2016 5:29 pm
by partner
Baie geniet. Lekker man

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Thu Aug 04, 2016 9:16 pm
by JDKey
Daai eerste een is classic!

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Fri Aug 05, 2016 6:27 am
by Basjan123
Baie geniet dankie :laugh:

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Fri Aug 05, 2016 8:39 am
by toelie
Haha skoon ma grappies raak nooit vervelig nie, kan alles na die waarheid in sien haha

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Fri Aug 05, 2016 8:43 am
by andre007
Mooi man

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Fri Aug 05, 2016 6:31 pm
by velti.botha
Lag ek nou lekker vir daai eerste een. Dis classic!

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Sun Aug 07, 2016 8:24 am
by PietWessie

Re: N paar lekker nommertjies!

Posted: Sun Aug 07, 2016 10:19 am
by Citfield
Haha.

Regards/Groete,
Allen