Page 1 of 1
"Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 2:49 pm
by Eyeman
Hi
Ek is op soek na 'n seil "togsak" vir klere ensovaarts as mens gaan jag of weggaan vir 'n naweek.
Het so iets gesien by Huntex Ooskaap maar het vergeet vir die verskaffer was.
Enige raad? Enige voorstelle?
Dankie
Grant
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 2:52 pm
by FHM
Eyeman wrote:Hi
Ek is op soek na 'n seil "togsak" vir klere ensovaarts as mens gaan jag of weggaan vir 'n naweek.
Het so iets gesien by Huntex Ooskaap maar het vergeet vir die verskaffer was.
Enige raad? Enige voorstelle?
Dankie
Grant
Sit nou wel oorkant die heining, maar dalk gee dit n idee - ek het myne gekoop by Cymot / Midas - ideale groote vir n naweek se klere

(Sonder n bosbaadjie)
Ek sien Cape Union Mart verkoop ook - die OUTDOOR RESEARCH lyk of dit van seil gemaak is.
https://www.capeunionmart.co.za/gear/gear/packs-bags
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 3:13 pm
by Carel Kolesky
Tentco maak 2 groottes van 'barrel'-tipe
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 3:50 pm
by Pappabeer
Ek het n Northface dufflebag die laaste 5 jaar en is mal daaroor. Hy lyk nou wel nie soos jou duur Filson canvas sak nie, maar is water en stofdig, moerse sterk en dra gemaklik. Ook groot genoeg om dik jagklere in te hanteer.
Die feit dat hy agter op die bakkie kan ry in die stof en reën, en my klere binne skoon en droog bly maak hom n wenner.
As jy vir die tradisionele leer en canvas look wil gaan is jou opsies Filson, Melville-Bool-en-Moon, Rogue en Tentco. Dirt Road Traders en Ground Cover op die Karkloof pad buite Howick in die middelande maak ook mooi Canvas en leer travel bags.
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 4:56 pm
by Cobus(Cobb)
wat van ou Army balsak?? sal dit vir jou werk??
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 7:01 pm
by Viking
Eyeman
Ek maak sakke van ripstop.
20150628_125011.jpg
PM my as jy belangstel
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 7:28 pm
by Andre308
Viking wrote:Eyeman
Ek maak sakke van ripstop.
20150628_125011.jpg
PM my as jy belangstel
Daardie sak lyk bakgat. Ek hou van die manier wat jy die ritssluiter vas trek.
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Wed Aug 03, 2016 9:45 pm
by Basjan123
Viking wrote:Eyeman
Ek maak sakke van ripstop.
20150628_125011.jpg
PM my as jy belangstel
Is hierdie sakke water dig? Pm asb vir my jou pryslys op die verskillende grootes.
Dankie
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 7:27 am
by sako 30-06
Gooi sommer die pryse hier, anders gaan jy dalk n paar PM's kry.
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 7:30 am
by BRNO (Pierre)
sako 30-06 wrote:Gooi sommer die pryse hier, anders gaan jy dalk n paar PM's kry.
+1
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 8:04 am
by Viking
Basjan
Daar is n verskil tussen die terme waterdig en waterbestand. Ripstop is waterbestand - vir n item om waterdig te wees moet dit onder water gedompel kan word en geen water inlaat nie. Die sakke word nie vir laasgenoemde doel gemaak nie.
Manne ek is nie in besigheid om voltyds sakke te maak nie so daar is nie pryslyste beskikbaar nie.
Die ripstop sak was n prototipe vir n leer duffle wat ek self gebruik. Toe begin die familie en vriende vra na die goedkoper ripstop sak.
Daarom my versoek tot pm - dan kyk ek na elkeen se behoefte en vat dit van daar af.
20150905_112615.jpg
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 4:05 pm
by FHM
Viking ek laaik daai leersak - wat prys jy my vir een?
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 4:08 pm
by DWB
Sit nou self en dink ek het buffel leer wat kan mooi lyk in daai formaat

Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 4:28 pm
by Viking
FHM,
Ek maak die goed vir 'n stokperdjie. Die ure wat daarin gaan kan geen mens betaal nie, maar die sak is al geprys deur manne wat ken vir tussen R4 - 5 000!
Napa leer is nie goedkoop nie en jy benodig 2 standaard rooibok of blesbok vel grootte.
DWB
Die buffel leer gaan baie mooi sak maak, maar dan moet die leer klaar gesplit wees anders is die sak swaar en die dik leer stik moeilik so jy moet dit met die hand werk.
Ek het my eerste reistas van Kudu gemaak (en met die hand gestik)....met wieletjies en die lot. Was al menig maal bang die sak gaan te swaar weeg vir vliegtuig ry.
Reissak1.jpg
Reissak2.jpg
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 4:33 pm
by DWB
Hy is darem klaar leer gemaak en maar 2mm na 2.5mm dik
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 4:34 pm
by FHM
Nee ek virstaan Viking - dis soos geweerkoop en pimp deur die jare en dan wil verkoop - jy kry nooit uit wat jy insit nie.
Dis eerlik n pragtige stuk handewerk - maar ek sal die een verby hou.
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 5:58 pm
by Boomstomp
ander opsie is Tactical Quartermaster (Suidafrikaanse ouens) se "deployment bag", as ek die naam reg onthou. (
https://www.tacticalquartermaster.co.za ... g-v2-khaki)
Ek het ene, werk lekker!
Re: "Canvas Dufflebag"
Posted: Thu Aug 04, 2016 6:39 pm
by Basjan123
Viking jy is baie handig !!!!! Voorwaar mooi sakke wat jy maak.....