Page 1 of 1

Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 3:22 pm
by joe rocket
Weet iemand waar kan ek hierdie winbuks koele koop. Blykbaar hou die geweer winkels in die Weskaap dit nie aan nie. Sal dit waardeer as iemand kan help.

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 3:40 pm
by PWV
Is dit vir 'n magnum of vir 'n gewone? >:+

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 3:42 pm
by joe rocket
4.5mm oom.

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 3:52 pm
by Trompie
Hoekom spesifiek daai? Ek sien CZ200 adaptor daar langsaan...JSB exact skiet baie mooi in die CZ's
Of is dit spesifiek vir eikenskiet wat julle daai plat punte pellets skiet?

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 3:58 pm
by joe rocket
N vriend van my se klong skiet kompetiesie met hulle en nou het hy nog net 100 oor. Ek het ook JSB voorgestel vir sy cz.

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 6:55 pm
by JPS
Vir kompetiesie werk die JSB exact's nie. En ja ek weet hulle skiet by mooi uit die CZ's uit ;D

Die probleem is jy het plat punt pellet nodig om die papier te sny vir mooi gaaitjie vir die tel masjien om hom mooi op te tel.

Ek kan nie dink jy gaan nog van daai Anchutz pellets hier kry nie. Ek stel voor gebruik H&N Finale match rifle pellets in 8.18gn, hulle ook van hoogstaande gehalte en kos so om en by die R230 per boksie van 500.

Ps. Kyk ook onder die boksie jy kry paar verskilende grootes (hulle is gebatch) 4.49mm, 4.50mm en ook 4.51mm ens. En jy moet maar kyk watter een van hulle skiet beter in jou geweer.


Groete
Jan

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 9:13 pm
by joe rocket
Dankie Jan hier leer ek alweer iets nuut.

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 9:29 pm
by JPS
Geen probleem.

As hulle vir die H&N gaan laat hulle net op die gewig oplet. Daar is ook 5gn koƫltjies en hulle werk nie lekker nie is meer vir hand windbukse.

Re: Winbuks koele

Posted: Thu Jul 28, 2016 10:53 pm
by Heinz Petersen
Probeer vir Ronden. 021 703 3050
57 Bamboesvlei Rd, Ottery, Cape Town, 7808