Page 1 of 1

Troefee springbok jag in SA

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:20 pm
by BosOtter
Middag manne,

Ek wil baie graag n troefee springbok (15" rond) jag. Ek weet die pryse is maar meer gemik op oorsee se jagters, maar ek sal spaar as ek moet :) Het al n pryslys gekry van Jules of the Karoo, en hulle 15" is heel bekostigbaar vir my, sal dalk net daar na hulle moet gaan want dis seke dalk die naaste plek aan die Kaap waar mens kan troefee springbokke jag.
Weet enige iemand dalk van nog n plek waar ek kan pryse vra wat nie verder is as 800km van Kaapstad af is nie? Nader hoe beter natuurlik!

Re: Troefee springbok jag in SA

Posted: Wed Jul 27, 2016 4:08 pm
by Gawie(13mm)
Jy sal nie jou tyd of geld mors by Jules nie.
Baie manne belowe, maar wanneer daar gemeet word na die skoot, is daar meer verskonings as 'n hoender dief voor die magistraat.

Re: Troefee springbok jag in SA

Posted: Wed Jul 27, 2016 4:11 pm
by DawieKotze
BosOtter - jy gaan daai lengte horings nie sommer naby aan die Kaap kry nie (behalwe nou by Jules) Kyk na die suide van Suidwes en selfs Upington se wêreld (Kalahari).

Groetnis