Page 1 of 1
Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sat Jul 16, 2016 8:24 pm
by gocam
My 375 H&H skiet 250gr Spartan Frontier punte. Ingeskiet op 100m.
Ek wil weet waar ek moet mik as ek n bok skiet op 200-300m? Hoeveel cm moet ek my kruis op skuif vir die afstande.
Waar kan ek die info kry of kan iemand help?
Gocam - your premium sight-in solution
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sat Jul 16, 2016 8:52 pm
by Baasvark
Al werklike antwoord is om dit self te gaan toets....
Om die antwoord op 'n generiese tabel te soek gaan jou heel moontlik meer kos as om die oefening self te doen.
Terselfde tyd as jy van plan is om so ver met hom te skiet sou ek eerder op 200m in skiet...
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sat Jul 16, 2016 8:54 pm
by tripodmvr
'n Baie praktiese manier om die probleem te oorkom is om jou geweer op 200m te zero. Jy skiet dan so 2 duim hoog op 100m, 3 duim by 150m, zero by 200 en so 10/13 duim laag op 300m. Dit is vir 'n geweer wat teen so 2500vps skiet. 303, 30-06, 308 ens val ongeveer in die groep. Jou 375 behoort baie soortgelyk te presteer met spitzer 250gr koeëls. Om te toets, zero op 200 en kyk hoe maak hy op die 100,150, 250 en 300m merke.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sat Jul 16, 2016 9:12 pm
by Gawie(13mm)
Indien jy die spoed het saamet die BC van die koeël, kan ek jou help. Meld ook watter teleskoop en watter kruishaar jy het en ek gee jou wat jy benodig.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 5:43 am
by tau
My .375 met 270gr Barnes TSX teen 2458fps.100m Zero dan val hy 16cm na 200m en 60 cm na 300m.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 5:44 am
by Heinz Petersen
Om op tabelle te gaan kyk hoeveel jou koeël val , gaan vir jou n naastenby indikasie gee, maar nie presies met jou geweer nie.
Maak vir jou n teiken van n meter lank en trek lyne van bo af n duim uitmekaar en nommer dit van een tot onder. Maak ook n merk op die eerste lyn waarna jy kan mik.
Sit die teiken op 100m en zero jou geweer in op die eerste lyn/merk. Skuif die teiken na 200m m en skiet weer 3 skote op daai merk en kyk hoeveel duim het jou koeël geval. So gaan jy aan tot hoe vêr jy wil skiet. Met n meter teiken sal jy tot by 400m kan kom.
As jy bv op 300m 15duim geval het, moet jy 5 moa opstel.
Ek sal nou n link opsit wat vir jou verduidilik hoe dit werk
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 5:46 am
by Heinz Petersen
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 6:42 am
by Gawie(13mm)
Heinz Petersen wrote:As jy bv op 300m 15duim geval het, moet jy 5 moa opstel.
Nogal nie, maat. Dit is hoekom jy nie jou somme kan vertrou nie.
Vir 'n koeël wat 15 duim val op 300m, moet jy 4.36MOA opstel om die mikpunt raak te skiet.
((15duim x 25.4mm) ÷3 ) ÷ 29.1mm =
4.36 MOA.
Heinz, ek trek net jou been maat. Daar is niks met jou metode fout nie, jou eenhede van meting moet net korreleer

.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 8:26 am
by Heinz Petersen
Gawie, ek sal maar die eenhede en mates vir jou los. Dit is hoekom jy hier is.

Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 11:11 am
by tripodmvr
Ek het nie 'n afstandmeter by my as ek gewoonlik stap en jag nie en wil ook nie aan my teleskoop stel nie. Daarom stel ek my geweer soos bo verduidelik vir 'n 200m zero. Nou kan ek veilig na 300m skiet deur effens te kompenseer op die verder afstand. Tyd vir verstel in die bos is daar gewoonlik nie.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 12:03 pm
by Frederik
Hou in gedagte dat temperatuur ook groot invloed het hoe warmer dit is hoe warmer brand die poeier en hoe meer spoed jy kry.
As jy nou byvoorbeeld jou toetse hardloop in Pretoria en jou spoed hardloop 2550fps teen 21 grade kan jy dan gaan jag in die karoo en die temperatuur verskil dalk 18 grade wees sal die spoed ook baie val op 3 grade Celsius teenoor die 21 grade Celsius van Pretoria.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 12:46 pm
by Bakkies303
Om naastenby uit te kom, gaan ek na Hornady se webwerf. Hulle het daar 'n ballistic calculator wat jou kan help, jymoet net jou punt se grein, bc en die spoed insit.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Sun Jul 17, 2016 7:55 pm
by PWV
Jy kan ook jou geweer se inligting hier invoer en naastenby bepaal wat die koel gaan maak:
http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmtraj-5.1.cgi
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Mon Jul 18, 2016 7:33 am
by Frederik
Goeie skakel oom PWV.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Mon Jul 18, 2016 12:58 pm
by Dries101
Ek kan nie sien dat n patroon verder as 50-60 meter gaan trek nie- mind jou party ouens het n goeie gooi arm... flip nou die dag het n man n silencer verder as dit laat trek
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Mon Jul 18, 2016 1:29 pm
by PWV
Dries101 wrote:Ek kan nie sien dat n patroon verder as 50-60 meter gaan trek nie- mind jou party ouens het n goeie gooi arm... flip nou die dag het n man n silencer verder as dit laat trek
Mooi, Dries. Jy het weer fyner gekyk. Kom ons aanvaar maar die man het "koeël" bedoel.
Patroongooi kan dalk 'n olimpiese sportsoort raak! Op skool het ons krieketbal gegooi.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Mon Jul 18, 2016 1:53 pm
by Jurgen Visser
Julle is net te slim vir my !!!! , sal ma nie verder as 200 meter skiet nie , dis veliger
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 6:05 am
by obasch
Frederik wrote:Hou in gedagte dat temperatuur ook groot invloed het hoe warmer dit is hoe warmer brand die poeier en hoe meer spoed jy kry.
As jy nou byvoorbeeld jou toetse hardloop in Pretoria en jou spoed hardloop 2550fps teen 21 grade kan jy dan gaan jag in die karoo en die temperatuur verskil dalk 18 grade wees sal die spoed ook baie val op 3 grade Celsius teenoor die 21 grade Celsius van Pretoria.
Wat is BAIE?
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 8:00 am
by Frederik
Obasch, genoeg dat jou 200meter zero nie meer reg is nie.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 8:22 am
by obasch
Marius se metode van zero op 200m en jou dan nie te veel bekommer om enige bok tot op 280m aan te vat nie, werk nog altyd vir my ook in amper 40 jaar se jag. Nog nooit het temperatuur aan daardie formule verskil gemaak nie.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 9:51 am
by Frederik
Vir gewone lyfskote behoort daar nie probleem te wees nie maar die fyn skiet kopskoot manne sal dit in ag moet neem veral na 200meter.
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 9:57 am
by Gawie(13mm)
Frederik wrote:Vir gewone lyfskote behoort daar nie probleem te wees nie maar die fyn skiet kopskoot manne sal dit in ag moet neem veral na 200meter.
Nee wat. Die kopskoot manne bekommer hul nie veel daaroor nie. As daai koeël meer val as wat jy verwag het, roep hy hom 'n "hoë nekskoot, want hy wou glo nie 'n kans vat nie!"

Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 10:13 am
by ruaanb
Gawie(13mm) wrote:Frederik wrote:Vir gewone lyfskote behoort daar nie probleem te wees nie maar die fyn skiet kopskoot manne sal dit in ag moet neem veral na 200meter.
Nee wat. Die kopskoot manne bekommer hul nie veel daaroor nie. As daai koeël meer val as wat jy verwag het, roep hy hom 'n "hoë nekskoot, want hy wou glo nie 'n kans vat nie!"

Netso
Re: Hoe ver val my patroon oor afstand?
Posted: Wed Jul 20, 2016 10:54 am
by Frederik
Baie skerp Gawie.