Watter scope mounts vir Howa LA

Post Reply
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Watter scope mounts vir Howa LA

Post by 3006 »

Middag

Ek wil net hoor watter scope basisse/ ringe julle voorstel en of iemand dalk al n probleem opgetel het met enige iets, bv Picatinny rail wat verhoed dat jy vining kan herlaai ens?

Die geweer gaan hoofsaaklik vir jag gebruik word.

Groete
Cobus
marco

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by marco »

Ek het n probleem met n lynx 20 moa rail gehad... agterste gate was so 0.20mm skeef geboor... skroewe draai baie moeilik vas en maak ook hulle draad seer... die gleuwe op die rail is ook nie std spasies soos die res nie... eerste en laaste wat ek n lynx rail vir n howa la koop... bitter swak vir sy prys.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by Marc »

Doen jouself 'n guns en kyk na "tier one" ringe wat deur CMH ingbring word. Bitter goeie waarde vir geld
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by Pvdw »

Ek het LYNX/THOR op al 3 myne en hulle werk goed vir my.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by Jean Marais »

Ek het Arms Pic rail en Thor op myne en werk puik. Gate van die Pic Rail was perfek
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by LongWolf »

Bly net weg van aluminium rail, het myne afgegooi en is terug op my ou basise en ringe.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1842
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by LoopSoosStroop »

Ek het 'n Warne 20 MOA staal rail. Baie solid! Dan het ek ook staal Leupold PWR 30 mm ringe. Baie under-rated in my opinie. Bly weg van die Wane ringe. Hulle is solid en as hulle wer werk hulle, maar hulle is moeilik om op te stel en kan jou teleskoop beskadig as jy nie baie mooi werk nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by Diesel Dog »

Vir n jag geweer sou ek net basis en ringe gebruik en nie rails nie as jy nie los magasyn het nie.Die belangrikste ding is dat die basis goed kontak maak met die oppervlakte van die aksie en omdat die agterste en voorste basis nooit op die selde hoogte is nie moet die basis partykeer met n pakstuk(shim)gepas word en dan moet die ringe natuurlik gelap word om die belyning reg te kry.

DD
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Watter scope mounts vir Howa LA

Post by Lamtjop »

Cobus kry warne 2 stuk basise met Burris singnature z ringe, dan kan jou aksie maar skeef geboor wees die ringe het plastiek inserts wat belyning regmaak en geen "lapping" nodig nie. Dan kry jy ook nog 5, 10 en 20 MOA inserts los te koop indien jy uit klieks uit raak soos met party Howa's hoef jy slegs n insert te koop en nie n 20 MOA rail of so iets nie. Groete
Post Reply