Hi Rasmus
My scope wat die ATN is,is bietjie groter as die yukon van my neef.Die ATN se ir illuminator is heelwat sterker as die een van die yukon wat beteken met die ATN kan ek verder in die aand sien as met die yukon.Die vergrotings van die 2 scopes is dieselfde.Ek wou oorspronklik die yukon gekoop het maar omdat die ATN met die dove tail railing uitkom het hy dadelik net so op my geweer gemount wat beteken ek het nie nodig gehad om my geweer na `n geweer smid toe te vat om `n bracket op te mount wat nodig is vir die yukon nie.
Wat lekker is van die yukon is dat hy met `n remote saamkom wat jy aan jou geweer sit en dan met die druk van een knoppie is jou scope dadelik aan en reg om te skiet.Met die ATN moet jy die scope en die illuminator afsonderlik aansit.Maar nou weer `n lekker funksie van die ATN is dat jy die illuminator se sterkte kan stel.Hy kan baie helder wees of flou.Op die een foto kan jy die + en - knoppies op die ir sien,Die Yukon sin kan jy nie stel nie.Lekker funksie as jy naby jou voer sit.
Dan is die ATN ook so R1000 goedkoper as die Yukon.Jy sal gelukkig wees met enige een maar ek sal weer die AtN koop bloot oor die feit dat hy so maklik op my geweer mount en dit kos so R800 ekstra om die Yukon te mount by `n geweer smid.Kwaliteit en waarborg gewys is daar geen verskil tussen die 2 nie.
Hier is die foto van die mounting sisteem.Die rail kom so saam met die scope.
Hier kan jy die grote sien van die scope
Altwee die scopes kan jy by B&H Video koop.Die ATN saam posgeld behoort nou so by die R3000 te wees
Groete Francois