Merkies op loop

Post Reply
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Merkies op loop

Post by Rooster1089 »

Hallo almal,

Ek haal vanoggend my haelgeweer uit die kluis na 'n jaar wat hy nog nie weer gebruik was nie.
Nou is daar sulke klein harde goedjies op en as ek dit afhaal dan sien ek die swart is weg en jy sien die staal?

Wat kan dit wees? Ek maak altyd eers gewere skoon voor ek hul in die kluis bere.

Dankie
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Merkies op loop

Post by THOMAST »

Gebruik jy die haelgeweer vir jag? Dit mag dalk bloed druppeltjies wees. Dit vreet die Blou van 'n loop af soos niks.
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Merkies op loop

Post by Rooster1089 »

Ja ek gebruik hom vir jag. Sal hom seker oor moet blou. Dit is 'n enkel loop baikal, wat sal dit dalk kos om hom oor te blou?


Sent from my iPhone using Tapatalk
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Merkies op loop

Post by THOMAST »

As die merkies klein is:
Jy kry 'n pen (lyl soos koki pen) wat chemikalië bevat en metaal weer sal blou verkleur. Hoe meer jy opsit, hoe donkerder word dit.
Ek het een by name G96 Gun Blue Stick en ek gebruik hom op klein "touch up" merkies.
Die risiko is dat die kleure mag miskien nie presies ooreenstem met die oorspronklike blou nie en as jy groot plekke wil regmaak, kan jou geweer soos 'n bontpootbosluis lyk.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Merkies op loop

Post by obasch »

'n Enkelloop Baikal is waarskynlik minder werd as wat dit jou gaan kos om dit oor te blou. Doen die touch-up soos Thomas hierbo beskryf en gebruik die geweer net so.
Waar staan jou kluis? Is daar dalk swembadsuur, sterk blykmiddels, soldeer flux of iets dergliks in die omgewing?
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Merkies op loop

Post by Rooster1089 »

Baie Dankie manne, waar gaan ek die G96 Gun Blue Stick kry?
Ek het al myself dood ge"google".

Dankie
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Merkies op loop

Post by Johnnie De Wet »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160815/961c63021ba74430eebba270cefc4d5a.jpg

Birchwood Casey se perma blue is vir my baie beter as G96 se gun blue creme.
Kos ongeveer R130 vir buisie, kan so 2 vol lope doen.
Johnnie
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Merkies op loop

Post by Tiny Hunter »

Johnnie waar kry mens van daai Perma Blue??

Sent from my E6853 using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Merkies op loop

Post by Hein M. »

My .22 BRNO se lopie kort ook 'n bietjie blou. Net 'n vragie: Moet ek die hele loop met staalwol afskuur of hoe werk dit? Ek wil darem nie hê die affêre moet slegter lyk as aan die begin nie ><)
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Merkies op loop

Post by Rooster1089 »

Kan mens daai perma blue crème net op die merkies smeer of moet mens die hele loop oor doen?
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Merkies op loop

Post by Johnnie De Wet »

Die Perma blue werk baie goed op klein merkies en blend totaal, die g96 het streaks gemaak.
Ek het by Gerrie Coetzee in Bloem gekry.
Johnnie
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 216
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Merkies op loop

Post by Tiny Hunter »

Ek weet nie of ek nou hi-jack nie maar ek het n ou windbuks wat ek n nuwe kolf vir maak. Wil graag die loop ook oor blou maar wil dit sommer self doen want ek glo nie die ding is eintlik iets werd nie. Kan ek dit met Perma Blue doen???
Post Reply