Page 1 of 1

Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 11, 2011 8:57 pm
by Cobus(Cobb)
Behalwe vir prys en spelling...kan iemand bietjie vir my die lig aansit oor die verskille tussen die 2 punte...

Ek luister graag
Cobus

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 11, 2011 9:02 pm
by Monrique (SJ)
Cobus


Die Interbond is n bonded koeel en behoort nie maklik op te breek nie.  Die Interlock het net n lock ring en is bietjie harder as wat PMP se koeels is.  Na my mening werk die Interlocks goed in die stadige kalibers bv. .303, maar met die vinniger ouens is hulle nie so goed tensy jy slegs kopskote skiet of nie been tref op die lyf skote.


Groetnis

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 11, 2011 9:05 pm
by tripodmvr
Interlock = knyp proses by middel van patroon om die koe?l te versterk. Baie soos PMP Pro-Amm.
Interbond = chemiese binding tussen lood en kopermantel - koe?l is baie sterker en vorm tipiese mushroom. Penetrasie is dus beter - koste is egter hoog.

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 11, 2011 9:28 pm
by Cobus(Cobb)
Dankie manne,

Tri....ek sien PMP se African Elite...is A-frame bonded...so hy's bietjie geknyp(interlock) en gebond??

Is ek reg??

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 11, 2011 9:33 pm
by tripodmvr
A Frame is partisie met koperskeiding meer na punt as wat Nosler se eerste modelle was. Koe?l wat dus bykans onbreekbaar is. Ek is nie seker oor die voorste deel van die koe?l en of dit gebind is nie. Ek wil half vermoed dat dit wel so is.

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Tue Jul 12, 2011 7:34 am
by 300Winmag
tripodmvr wrote: A Frame is partisie met koperskeiding meer na punt as wat Nosler se eerste modelle was. Koe?l wat dus bykans onbreekbaar is. Ek is nie seker oor die voorste deel van die koe?l en of dit gebind is nie. Ek wil half vermoed dat dit wel so is.
Ja die koper en lood is gebond en dit is een van die groot verskille tussen aframe en nosler.

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Tue Jul 12, 2011 1:28 pm
by ablm468
Manne ek kan nie van Interbonds praat nie, die interlocks waarmee ek die afgelope siesoen gejag het het soos 'n bom gewerk.

Ek het 5x blesbokke geskiet en 2 x BWb almal behalwe een bladskote, min vleisskade, alle skote was 250m en verder, hierdie koels was baie akkuraat.

Ek het in my 30-06 180gr punte gebruik teen 'n spoed van 2600fps.

Almal het ten volle penetreer, sonder probleme.

Ek sal verseker weer intelocks koop, het hulle ook op die baan gebruik en hulle werk net so goed, kry goeie groepering uit my geweer tot op 300m.

Groete

Hansman

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 18, 2011 3:05 pm
by Wouter Roets
Hansman

Die rede vir die goeie resutate is sekerlik die afstande waarop jy die diere geklits het. Op 250m het daai Interlocks al mooi spoed verloor. Kan jou amper n brief gee dit sou dalk nie die geval gewees het op 50m nie.

Onthou Pro-Amm het ook nog twee verkillende hardheid koper wat verder help om nie te veel te vergroot nie. Indien mens met redelike hoe spoed kalibers jag(2500ft/sek en hoer) gebruik maar verkieslik n Bonded Core en beter konstruksie koeel om biltong en droewors te verseker.

Groetnis
Wouter

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 18, 2011 3:20 pm
by MJK
Wel, ek het naweek met 270W 150grPMP pro ams  paar skote geskiet op 300m in grondwal in. Spoed was 2580f/sek  Self op daardie afstand het lood kerns uitgeval. Het Hornady 130gr SP interlocks ook geskiet teen 2920 f/sek en die koeels het beter hul konstruksie gehou... Sal verseker nie PMP koop om mee te herlaai nie.

Enigste koeel wat sal oorweeg op kort afstande is die Impalas / GSC vir vleisskade beperking. Minimum skade gehad vanjaar op 100m vs wat sou gehad het met enige loodkern koeel

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:47 pm
by Jagtersdok
Ek het ondervinding met beide koele. Die Interbonds is by heinde en verre beter.
die Interlocks breek baie vinnig op veral in jou haastiger kalibers en op nader afstande.

Dit is presies soos Wouter ges? het daai spoed het al baie afgekom op daai afstande en dit is hoekom die konstruksie beter gehou het.

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 18, 2011 10:26 pm
by Koos Barnard
Naands?
Ek het 'n paar jaar gelede wetpacktoetse met 'n verskeidenheid koe?ls gedoen en in daardie toetse het die PMP-koe?ls hulle as harder as die Hornady Interlocks bewys. Na aanleiding van daardie toetse en ander op wild is ek van mening dat die Interlocks van die sagste koe?ls op die mark is (dis nou van die gewildes wat ons hier gebruik in SA). Bring egter die spoed van enige koe?l af en soos genoem deur Wouter en Dok is die performance beter.
Groetnis

Re: Interlock vs Interbond

Posted: Mon Jul 18, 2011 11:51 pm
by Francois Marais
Wouter/Dok en Koos

+1 op wat julle manne gese het, kan dit be-aam en ondersteun...

Mooi loop
Francois