Page 1 of 1
Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Thu Jun 30, 2016 4:25 pm
by Durand
Soek bietjie raad. Ek het die SST gekoop en gelaai vir die jag seisoen. Ek sien op facebook die manne praat nie goed van die SST nie en dat daar probleme is met die penetrering van die rondte.
Is daar dalk van die manne wat met hulle skiet en het julle al moeilikheid gehad met die SST.
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Thu Jun 30, 2016 5:44 pm
by Dries101
Daar is seker 100 duisende diere indien nie miljoene met die Hornady interlock ontwerp al dood geskiet en dit is maar wat die SST is -oor die jare. Ek neem aan die mense op Facebook het die bok dood gevind en toe die penetrasie probleem ontdek?
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:13 pm
by LoopSoosStroop
Ek gaan ook met hulle jag oor 'n week. 180 gr SST in 'n 30-06 teen 2600 fps. Glo hulle sal die werk doen!
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:33 pm
by dehacked
Ek het al heelwat varke en springbokke met die 270 en 130/140 sst geskiet. Natuurlik heelwat vinniger as 'n 30-0sukkelses en het maar bitter weinig 'n exit wond gehad op lyf skote. Sover dit my aangaan is dit soos hulle veronderstel is om te maak vandaar hulle gewildheid as 'n doodskiet rondte. As ek 'n kudu /gems op die lyf moet skiet sal ek agter die blad op die ribbes gooi gebaseer op my ondervinding met kleiner wild. Daarteen het ek laas jaar 'n springbok met 'n 174gr interlok uit die 303 geskiet en daai man het 'n helse exit wond gelos al is die spoed sommer lekker laag.
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Thu Jun 30, 2016 10:33 pm
by Durand
Myne hard loop ook daar rond 2630-2650f/s.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Fri Jul 01, 2016 6:35 am
by Dries101
Ek moet byvoeg het n n slegte 1/4 tering skoot op n baie groot gemsbok bul geskiet nader aan n half km as aan die magiese 300m lyn en hy is deur die bok se ribbes skuins van voor deur die vel uit- deur die man se twak sak en het die koel in die agterboud gekry waar dit by sy lies in is. 70% gewig retensie en perfek gemushroom..... Ek skiet die 165sst teen 2900 vps
Re: Hornady SST 180gr vir 30-06
Posted: Fri Jan 27, 2017 7:50 pm
by Spartan
Ek het vele bokke al geskiet met die 180gr SST, ook uit 'n 30-06 as wel as 'n 300WM. Geen probleme is ervaar nie. Mors dalk bietjie vleis as jy iets soos 'n ribbe been tref, maar geen penetrasie probleme nie. Ek het die laaste keer 'n gemsbok bul op 400m met die 300WM skuins van voor af geskiet. Die 180gr SST het skuins op die knoppe geslaan, skuins deur die lyf, en regs agter net agter die ribbekas uit. Op daai afstand het die SST dwarsdeur gedraf. So uit my ervaring, ja, 'n SST kan bietjie vleis mors as dit been slaan, maar ek het nog geen penetrasie probleme gehad met hierdie punt nie. Nogsteeds die enigste punt waarmee ek bosveld en vlaktes toe mee gaan.