Page 1 of 1

Winter Hengel

Posted: Mon Jul 11, 2011 1:33 pm
by Geno
Middag manne,
Ek, my pa en my broer se laaitie het saterdag die koue trotseer en bietjie gaan lyne natmaak. Ek het gecoach, terwyl die ander twee manne die vangwerk gedoen het.
Hier is die resultate:
2 groot visse het afgekom, en 3 het uitgekom.

My pa en die jongman se eerste visse vir die dag, my pa met 'n 5kg, en die jong man met 'n 3.5kg
[img width=560 height=421]http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5705.jpg[/img]

Die laaitie met 'n 4.75kg
[img width=560 height=421]http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_5707.jpg[/img]

Daarna het die wind onplesierig geraak, toe pak ons maar op.

Groete,
Eugene

Re: Winter Hengel

Posted: Mon Jul 11, 2011 1:58 pm
by JvB
Middag Geno,


Mooi visse en die gewig nie te sleg nie. Ek en vriend met ons gesinne gaan hierdie naweek Roodekoppies dam aandurf.


JvB

Re: Winter Hengel

Posted: Mon Jul 11, 2011 5:13 pm
by Dawid
Geno geluk aan julle vasbyters , dis mooi karpe daai.

Re: Winter Hengel

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:21 pm
by Christo Els
Eugene
Geno wrote: Middag manne,
Ek, my pa en my broer se laaitie het saterdag die koue trotseer en bietjie gaan lyne natmaak. Ek het gecoach, terwyl die ander twee manne die vangwerk gedoen het.
Eugene
Ek het nie geweet dat coach die nuwe woord is as 'n man 'n "cool drankie" geniet nie. :D :D

Dis darem maar mooies daardie 3