Page 1 of 2
Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 12:09 pm
by Morne Van Der Merwe
Middag almal,
Ek het die taak aangepak om my eie geweer te pak. Ek het Epidermix 372 gebruik, eers na die tyd gesien Steenvas werk makliker.
In elk geval, ek het die bedding gedoen Maandag aand, ek het epoxy gemeng soos aanbeveel, en dit afgeweeg om dit so na aan moontlik 2:1 reg te kry.
Lank storie kort, ek die loop los gemaak na 30ure. Als mooi getrim en weer aan mekaar gesit en in kluis gaan bere, want ek moes op 'n trip gaan, ek het die epoxy wat oor gebly het op die houer wat ek dit gemeng saam my gebring om te sien wanneer dit glas hard gaan word. My groot vraag, dit is harderig, soos rubber, kan dit indruk en dan kom terug na waar dit was, dis nie taai, maar glad nie hard soos klip nie. So vanaand 22:00 sal dit dan 4 volle dae wees. Ek my vrou gevra om geweer uit kluis te haal in kombers toe te draai en in son te los.
Dink jule daar iets verkeerds gegaan met die menging?
Ek is spuit nie steenvas vroeer raak gelees nie.
Ek wil so graag met die geweer Dinsdag gaan jag.
Groete
Morne
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 12:13 pm
by LUAN
Daai goed is veronderstel om die volgende dag kliphard te wees.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 12:26 pm
by LoopSoosStroop
Ek het al 5 gewere gepak met Ep 372. Hy is minder as 24 ure later kliphard, maar sukkel defnitief bietjie meer as dit baie koud is.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 12:33 pm
by andre007
Ek het dit gebruik, nou gebruik ek steenvas maar in iedergeval wat ek doen is om die geweer in n ou elektriese kombers toe te draai en so o verstelling 3 oornag te los, die bespoedig die proses, veral in die winter
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 1:17 pm
by 6.5/284Norma
Morne Van Der Merwe wrote:Middag almal,
Ek het die taak aangepak om my eie geweer te pak. Ek het Epidermix 372 gebruik, eers na die tyd gesien Steenvas werk makliker.
In elk geval, ek het die bedding gedoen Maandag aand, ek het epoxy gemeng soos aanbeveel, en dit afgeweeg om dit so na aan moontlik 2:1 reg te kry.
Lank storie kort, ek die loop los gemaak na 30ure. Als mooi getrim en weer aan mekaar gesit en in kluis gaan bere, want ek moes op 'n trip gaan, ek het die epoxy wat oor gebly het op die houer wat ek dit gemeng saam my gebring om te sien wanneer dit glas hard gaan word. My groot vraag, dit is harderig, soos rubber, kan dit indruk en dan kom terug na waar dit was, dis nie taai, maar glad nie hard soos klip nie. So vanaand 22:00 sal dit dan 4 volle dae wees. Ek my vrou gevra om geweer uit kluis te haal in kombers toe te draai en in son te los.
Dink jule daar iets verkeerds gegaan met die menging?
Ek is spuit nie steenvas vroeer raak gelees nie.
Ek wil so graag met die geweer Dinsdag gaan jag.
Groete
Morne
Ek dink amper dit was in die meng. Ek verstaan die 2:1 verhouding as volume, nie gewig nie.
Groete
Johan
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 2:11 pm
by alecjohnson
Wat is die gemiddelde prys van steenvas nou? Ek kan kry maar weet nie of die prys goed of sleg is nie.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 2:34 pm
by Morne Van Der Merwe
Jinne ek hoop regtig dis die koue! Ek sit on Perth, nou my vrou gevra om dit ook maar in n ou elektriese kombers toe te draai. Dit is glad nie taai nie, maar soos baie harde rubber. Ek sien op hul website, soos ek dit verstaan vat dit 7dae om heeltemal reg te wees teen 25grade omstandighede.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 7:52 pm
by henning
Kan jou nie help nie maar ek het Devcon putty gekoop met baie goeie resultaat.
Miskien kan dit die volgende persoon help. Vrek duur, oor R400 .
Blykbaar die minste krimp in meteriaal.
Dalk moet ek die res verkoop want ek dink nie ek gaan gou weer n geweer pak nie.
Groete
Henning.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri Jun 24, 2016 8:31 pm
by alecjohnson
henning wrote:Kan jou nie help nie maar ek het Devcon putty gekoop met baie goeie resultaat.
Miskien kan dit die volgende persoon help. Vrek duur, oor R400 .
Blykbaar die minste krimp in meteriaal.
Dalk moet ek die res verkoop want ek dink nie ek gaan gou weer n geweer pak nie.
Groete
Henning.
al is dit R600 'n houer is dit steeds goedkoper as om dit te laat doen!
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sat Jun 25, 2016 5:47 am
by 22-250 Sniper
Jou mengsel is verkeerd ek het al baie gewerk met ep 372 nog nooit daai probleem gehad in die winter sit ek n bietjie meer hardner in om vinniger te verhard ek gebruik ook woodstain om dit te kleur om aantepas by die kleur waar ek dit gebruik.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sat Jun 25, 2016 7:15 am
by Morne Van Der Merwe
Ja ek dink ook is verkeerd gemeng verseker. Sal dit maar uithaal en oor doen. Dankie aan almal vir die terug voer. Dink sal die keer Steenvas gebruik, lyk my dit is heeltemal hard na 24uur.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sat Jun 25, 2016 1:40 pm
by Dries101
Morne Epedermix vat 10 ure om hard te wees en 24 dan is hy kliphard. Mix was verkeerd of jou epoxy is oud. Ek werk seker al 10 jaar met dit. 2 wit 1 amber. En dit is nie te sensitief vir presies reg wees nie. Maar dit is te vloeibaar vir maklik pak in my opinie. Steenvas is n better roep
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sat Jun 25, 2016 4:14 pm
by dehacked
Dalk perongeluk 2 amber 1 wit?
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sat Jun 25, 2016 6:04 pm
by mkontogunsmith
Or you did not mix it well enough, we mix for 5 min to ensure that it is well mixed i.e. to a butter like constituency. Two coats of PVA release agent is a must, wax just does not do it.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jun 26, 2016 12:00 pm
by Morne Van Der Merwe
Dankie Almal, ek het verseker erens n groot fout gemaak. Want dis nou n week voel soos n uitveer. Ek nou besig om dit te verwyder wat n jammerte is, want dit het nogal netjies uitgekom. Dink ook soos hier bo gesê dalk die twee se verhoudings omgeruil. Was tog 22:00 gedoen.
Dankie vir almal se inset.
Ander onderwerp, ek nou die steenvas gemeng, die keer dit presies 50/50, dit is so lig grys kleur en nog grof. Hoop het dit reg gedoen.
Groete
Morne
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jun 26, 2016 12:23 pm
by Andre308
Jy is op die regte pad met die steenvas. Hy het n grit in hom, so hy sal nooit glad word soos epidermix nie, maar daai goed werk.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jun 26, 2016 1:04 pm
by Cobus(Cobb)
Ek al met albei gewerk en die steenvas was vir my 'n minder lekker job.
Dink jou epidermix was mee fout....
Ek mix die twee blikke soos hulle hom verskaf per volume....gooi die res wat te veel gemix is dan weg.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jun 26, 2016 2:07 pm
by PWV
Morne
Ek dink ook jy het êrens 'n foutjie gemaak. Ek het nog nooit probleme met epidermix gehad nie.
Word hard soos klip.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Mon Jun 27, 2016 7:25 pm
by Morne Van Der Merwe
Ja nee ek versteker iets verkeerd gedoen met 372, darem baie maklik als uitgekom. Steenvas het mooi gewerk, geweer gaan skiet vandag en als 100%.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Mon Jun 27, 2016 7:34 pm
by Mukiwa
Morne,
Moenie so beskeie wees nie, sit bietjie n foto op van daai groepie!
Hy het baie mooi geskiet manne!
Groete,
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Tue Jun 28, 2016 8:41 am
by Riaan Kriel
alecjohnson wrote:Wat is die gemiddelde prys van steenvas nou? Ek kan kry maar weet nie of die prys goed of sleg is nie.
Ek het so 2 weke terug R152 betaal vir die 2 bakkies Steenvas hier in Lichtenburg.
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jul 03, 2016 8:25 am
by Morne Van Der Merwe
Mukiwa wrote:Morne,
Moenie so beskeie wees nie, sit bietjie n foto op van daai groepie!
Hy het baie mooi geskiet manne!
Groete,
Ag dankie Stephen,
Soos versoek.

Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jul 03, 2016 9:14 am
by Jake1
Morne as mens op 25m skiet behoort jou groepe boetjie kleiner te wees.........
Baie mooi geskiet!
Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Sun Jul 03, 2016 9:29 am
by Morne Van Der Merwe
Jake1 wrote:Morne as mens op 25m skiet behoort jou groepe boetjie kleiner te wees.........
Baie mooi geskiet!
Dankie Jake1,
Ek sal volgende keer nog harder probeer op 25m

Re: Epidermix 372- Geweer Pak.
Posted: Fri May 10, 2024 3:40 pm
by Giepie
Ek weet hierdie is 'n ou draad, maar ek het gaan rondsoek want ek wil geweer self bed. Ek het 'n klein pakkie Steenvas by Chamberlains gekry, maar was by 'n geweersmid aan gewees vir iets anders, toe vra ek wat gebruik hulle. Hulle gebruik Epi-Fil, 'n sort ysterpoeier kombinasie. Ek vra toe oor Steenvas, hulle sê toe hulle het dit in die verlede gebruik, maar dit begin verbrokkel na 'n paar jaar, daarom gebruik hulle nou Epi-Fil.
Het julle dit al ondervind dat die Steenvas na 'n paar jaar begin verbrokkel? Ken iemand Epi-Fil FR 912?