Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Die nuus het my vandag bereik dat Gawie (13mm) twee gemsbokke laat val het met sy nuwe 7 mm.
Die ontvangs was baie swak en ons sal maar moet wag tot hy weer terug is in die beskawing om sy storie te hoor.
Het iets van 'n boudskoot gehoor, maar is nie seker of dit 'n skoot op 'n bok was nie. Bokkoors laat 'n mens soms vreeslike dinge oorkom!

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ek weet nie wat hy daar soek nie. Hy kan nie skiet nie en ook nie drink nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Hy smokkel seker sand soontoe 
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Dag julle
Ek hoop vir sy part daar was nie n boud skoot nie , hy sal nooit die einde van dit hoor nie , hy moet maar hier sy storie kom gee

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Hy het hopeloos teveel wyn gedrink die aand voor die jag, babbelas laat mens bokke in die boud skiet. My spioene sê dit was twee klein glasies wyn. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Twee klein glasies van daai groen "Jagger wyn" is genoeg vir Gawie om die bok se anatomie verkeerd te lees...ons sal maar moet hoor wat seggen die man...joe rocket wrote:Hy het hopeloos teveel wyn gedrink die aand voor die jag, babbelas laat mens bokke in die boud skiet. My spioene sê dit was twee klein glasies wyn.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
My spioene was verkeerd dit was blykbaar 2 windhoek lights. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ek weier om dit te glo!joe rocket wrote:My spioene was verkeerd dit was blykbaar 2 windhoek lights.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ek sal eerder glo die 2 gemsbokke het die Lights gedrink.... 
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Daar in Kenhardt so hotel word 'n Windhoek Light 'n Nesquik genoem.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ja toe jul klomp grapgatte! Ek is ook net 5 dae, dan breek julle die plek af sonder my!
Oom PW is 100% in die kol. Daar was 'n skrams skoot op 'n Gemsbok se deriare, maar 'n 162 SST uit 'n 7mm laat nie met hom mors nie.
Voor julle almal in 'n spasma ingaan, laat ek verduidelik. Eerstens, was daar geen drank betrokke nie. Ek mag by my eie huis drink.
Tweedens; Bakkie jag in die Kalahari lyk net maklik op papier. Daarvan kan ek nou eerstehands getuig. As dit nie vir my twee goeie vrinne en 'n baie bekwame gids/PH/drywer en nuwe vriend, Boertjie, was nie, was dit 'n karastrofe van die eerste gestoeltes.
Die bul het met sy breë agterwereld na my gestaan.......
Ag k@$ man. Wag vir die volle storie met foto's en videos. Ek en my twee vrinne moet eers vergader om feite en afstande te kontroleer sodat ons uit een mond kan lieg.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Het julle deur die aardvark gate gery of oor hulle gevlieg?Wag in spanning vir die volle storie.Gawie(13mm) wrote:Ja toe jul klomp grapgatte! Ek is ook net 5 dae, dan breek julle die plek af sonder my!![]()
Oom PW is 100% in die kol. Daar was 'n skrams skoot op 'n Gemsbok se deriare, maar 'n 162 SST uit 'n 7mm laat nie met hom mors nie.
Voor julle almal in 'n spasma ingaan, laat ek verduidelik. Eerstens, was daar geen drank betrokke nie. Ek mag by my eie huis drink.![]()
Tweedens; Bakkie jag in die Kalahari lyk net maklik op papier. Daarvan kan ek nou eerstehands getuig. As dit nie vir my twee goeie vrinne en 'n baie bekwame gids/PH/drywer en nuwe vriend, Boertjie, was nie, was dit 'n karastrofe van die eerste gestoeltes.![]()
Die bul het met sy breë agterwereld na my gestaan.......
Ag k@$ man. Wag vir die volle storie met foto's en videos. Ek en my twee vrinne moet eers vergader om feite en afstande te kontroleer sodat ons uit een mond kan lieg.
DD
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Die laaste erdvark gat wat my handbriek opgtrek het sluit in gekneusde ribbes, stukkende teleskoop mounts en 'n bietjie swys werk aan die kar se chasis...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ja nee, as jy nog nie wild gevang het of bakkie gejag het met 'n ou F100 in die rooi sand duine nie, dink jy bakkie jag is maklik.Diesel Dog wrote:Het julle deur die aardvark gate gery of oor hulle gevlieg?Wag in spanning vir die volle storie.Gawie(13mm) wrote:Ja toe jul klomp grapgatte! Ek is ook net 5 dae, dan breek julle die plek af sonder my!![]()
Oom PW is 100% in die kol. Daar was 'n skrams skoot op 'n Gemsbok se deriare, maar 'n 162 SST uit 'n 7mm laat nie met hom mors nie.
Voor julle almal in 'n spasma ingaan, laat ek verduidelik. Eerstens, was daar geen drank betrokke nie. Ek mag by my eie huis drink.![]()
Tweedens; Bakkie jag in die Kalahari lyk net maklik op papier. Daarvan kan ek nou eerstehands getuig. As dit nie vir my twee goeie vrinne en 'n baie bekwame gids/PH/drywer en nuwe vriend, Boertjie, was nie, was dit 'n karastrofe van die eerste gestoeltes.![]()
Die bul het met sy breë agterwereld na my gestaan.......
Ag k@$ man. Wag vir die volle storie met foto's en videos. Ek en my twee vrinne moet eers vergader om feite en afstande te kontroleer sodat ons uit een mond kan lieg.
DD
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Kalahari jag is nie vir die swakkes van gees nie!
Menige jagter het al vol bravade Kalahari toe vertrek om te gaan jag en dan droogbek omgedraai.
Die bakkie drywer ry (jaag amper) mos in die strate op en besluit skielik daar moet 'n gemsbok of kalahari springbok anderkant DIE duin wees. Sonder waarskuwing word die bakkie se neus 90grade geswaai en dan word voet neergesit om die duin te bestorm.
Jy sukkel nog om jou balans terug te kry dan skop die drywer die briek op die duin se kruin vas en jy moet keer om nie bo oor die relings teen die voorruit af te neuk nie.
Jy klou met een hand aan die bakkie reling vas en jou ander hand probeer jou kosbare geweer so in die lug hou dat hy nie iewers moet stamp of val nie. Terwyl jy probeer tot verhaal kom het die drywer al 2 keer geskree "Skiet...skiet die bokke gaan nie bly staan nie!!"
Nou moet jy die geweer in jou skouer kry en die scope voor jou oog om die bok te identifiseer...net om te sien hoe die horingpunte oor die rooi duin verdwyn!
As jy die geweer moedeloos laat sak kom daar gewoonlik 'n " Ek het jou gese die bokke staan nie vir jou en wag nie!" vooruit die bakkie en as jou straf moet jy weer relings vasgryp en probeer regop bly terwyl daar teen die duin afgejaag word. Onder word links of regs geswaai na gelang van die bokke se rigting en dan begin die hele petalje weer van vooraf.
Vanaand is jou heupbene en ribbes potblou gestamp teen die bakkie relings en jou arms wil afbreek....dan dink jy onwillekeurig terug aan die "rifle PT in die army" en besef dit was NIKS teen vandag se marteling nie!!
Kalahari jag is lekker...!

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Baie mooi die waarheid vertel!!! Wat ek ook al gesien en gehoor het is die boer wat uit die bakkie vlieg, so 5 tree wegstap en met sy arms in die lug en bulderende stem vra "Het julle d@nners kom jag of doen julle die sightseeing ding!!??"Viking wrote:Kalahari jag is nie vir die swakkes van gees nie!
Menige jagter het al vol bravade Kalahari toe vertrek om te gaan jag en dan droogbek omgedraai.
Die bakkie drywer ry (jaag amper) mos in die strate op en besluit skielik daar moet 'n gemsbok of kalahari springbok anderkant DIE duin wees. Sonder waarskuwing word die bakkie se neus 90grade geswaai en dan word voet neergesit om die duin te bestorm.
Jy sukkel nog om jou balans terug te kry dan skop die drywer die briek op die duin se kruin vas en jy moet keer om nie bo oor die relings teen die voorruit af te neuk nie.
Jy klou met een hand aan die bakkie reling vas en jou ander hand probeer jou kosbare geweer so in die lug hou dat hy nie iewers moet stamp of val nie. Terwyl jy probeer tot verhaal kom het die drywer al 2 keer geskree "Skiet...skiet die bokke gaan nie bly staan nie!!"
Nou moet jy die geweer in jou skouer kry en die scope voor jou oog om die bok te identifiseer...net om te sien hoe die horingpunte oor die rooi duin verdwyn!
As jy die geweer moedeloos laat sak kom daar gewoonlik 'n " Ek het jou gese die bokke staan nie vir jou en wag nie!" vooruit die bakkie en as jou straf moet jy weer relings vasgryp en probeer regop bly terwyl daar teen die duin afgejaag word. Onder word links of regs geswaai na gelang van die bokke se rigting en dan begin die hele petalje weer van vooraf.
Vanaand is jou heupbene en ribbes potblou gestamp teen die bakkie relings en jou arms wil afbreek....dan dink jy onwillekeurig terug aan die "rifle PT in die army" en besef dit was NIKS teen vandag se marteling nie!!
Kalahari jag is lekker...!
Maar ek stem - Kalahari jag IS lekker...!
Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Dis soos ek hom ook het.
Dit raak net 3x erger as daar nog n jakkals ook uitdop so deur die jag. Ek het al geleer om sommer so paar skote te skiet terwyl die storm begin. Dit laat die boer net beter voel dat jy aan sy kant is, al was dit sommer so in die duin vas geskiet. Na die tyd vertel jy die boer jy het amper daai jakkals in die gewoel raak geskiet. 
Groete, Willie
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Viking jy was beslis al daar - dis duidelik uit jou beskrywing!!!
Vroer jare toe my jong lyf nog die straf kon vat het ek keer op keer geklou soos n klein pienk aap aan sy ma se tepelvelle as die cruiser of safari so bokspring oor walle / gate / stompe en slote en die boer se vennynigheid maar gevat soos dit kom omdat jy NET 3 sekondes kans het vandat daai bakkie tot stop skuiwe, jy balans herwin het, die stof oorgetrek het en moes skiet terwyl jy wonder hoeveel ribbes en ander bene nog heel is in jou lyf. As jy die eerste keer nie geskiet het nie is daar venynig hier uit die voorste sitplekke deur die venster aanmerkings gemaak soos "het julle manne kom skiet of kom plaas toer / die gaan weer die hele f...en dag vat", ens. Die tweede keer nie geskiet het nie is daar prontuit vir jou gevra/se "moet ek die f...en bokke vir jou gaan vasmaak"? En traai jy net iets terugse....
Vandag baie jare later sal ek nogsteeds met die bakkie in die strate ry - maar as daar vorentoe bokke gesien word wat oor die straat se duin gaan, vra ek beleefd om af te klim en met brand longe teen die duin op die kruin te gaan le of hurk en kyk waar is die bokke. Meestal as die bakkie hulle nie jaag nie, sal die bokke net oor die duin draf en gaan staan binne skietafstand in die volgende straat - baie al so geskiet - is seker julle manne wat daar was ken ook.

Last edited by FHM on Tue Jun 28, 2016 3:54 pm, edited 2 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Hoe verlang ek nou na die jare van bakkiejag in die Kalahariduine!
Moet tog nie dat Dimitri hierdie goed lees nie!
Moet tog nie dat Dimitri hierdie goed lees nie!
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Viking wrote:Kalahari jag is nie vir die swakkes van gees nie!
Menige jagter het al vol bravade Kalahari toe vertrek om te gaan jag en dan droogbek omgedraai.
Die bakkie drywer ry (jaag amper) mos in die strate op en besluit skielik daar moet 'n gemsbok of kalahari springbok anderkant DIE duin wees. Sonder waarskuwing word die bakkie se neus 90grade geswaai en dan word voet neergesit om die duin te bestorm.
Jy sukkel nog om jou balans terug te kry dan skop die drywer die briek op die duin se kruin vas en jy moet keer om nie bo oor die relings teen die voorruit af te neuk nie.
Jy klou met een hand aan die bakkie reling vas en jou ander hand probeer jou kosbare geweer so in die lug hou dat hy nie iewers moet stamp of val nie. Terwyl jy probeer tot verhaal kom het die drywer al 2 keer geskree "Skiet...skiet die bokke gaan nie bly staan nie!!"
Nou moet jy die geweer in jou skouer kry en die scope voor jou oog om die bok te identifiseer...net om te sien hoe die horingpunte oor die rooi duin verdwyn!
As jy die geweer moedeloos laat sak kom daar gewoonlik 'n " Ek het jou gese die bokke staan nie vir jou en wag nie!" vooruit die bakkie en as jou straf moet jy weer relings vasgryp en probeer regop bly terwyl daar teen die duin afgejaag word. Onder word links of regs geswaai na gelang van die bokke se rigting en dan begin die hele petalje weer van vooraf.
Vanaand is jou heupbene en ribbes potblou gestamp teen die bakkie relings en jou arms wil afbreek....dan dink jy onwillekeurig terug aan die "rifle PT in die army" en besef dit was NIKS teen vandag se marteling nie!!
Kalahari jag is lekker...!
As jy nie op die doppe gly nie dan het jy nog nie gejag nie!
DD
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Gawie jy nog besig met jou lieg notas. ?
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Hy stuur dit eers vir oom Koos vir proeflees. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
As ek 'n ding doen, doen ek dit op hoër-graad vlak.
Staan-by!
Staan-by!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Ek sien al die titel:"Daar doer in die Kalahari" soos aangedik en bygelieg deur Gawie (13mm).
Lyk my oom Pine het 'n opvolger...
maar ons wag in spanning!
Lyk my oom Pine het 'n opvolger...
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Gawie (13mm) daar doer in die Kalahari
Hierdie stories laat my nou dink aan die videos van daai rowwe manne wat die gemse sommer so met die hand vang hier deur die kar se venster.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P