Nuwe Model Rudolph Scope Toets
Posted: Sun Jul 10, 2011 10:13 am
Dolph het vir my n 2de scope gestuur om te toets naamlik n 4 - 16 x 50 met 25mm buis, sonder paralax verstelling.
Die scope het gekom met n #4 Duitse kruishaar wat lekker dun in die middel is. Sommer van die staanspoor af kon ek sien dat hierdie scope se beeld baie helder is, en is my eerste indrukke van hom baie goed. Met die uithaal uit die box, sien ek dadelik n groot ooreenkoms tussen hom en die Burris scopes wat ek baie goed ken, en as ek nie die Rudolph naam op hom gesien het nie, sou ek kon sweer dit is n Burris. Die agterste lens en verstelling van die vergroting, is amper identies. Hy is net so bietjie langer as my Burris scopes. Of hulle uit die selfde fabriek kom, weet ek nie, maar ek vermoed dit baie sterk.
Ek het hom teen laat middag na skemer aand toe vergelyk met my Burris 4.5 - 14 x 42 en hy het hom baie goed gedra in die vergelyking. Vir die van julle wat die betrokke Burris ken, sal weet dat dit n baie helder en duidelikke scope is, en die Rudolph het geensins teruggestaan vir hom. Die feit dat hy geen paralax verstelling het, maak dat hy blur op afstande nader as 100yrds en moet sy vergroting afgestel word na so 6 - 8 om n helder beeld te kry vir die nader skote. Sy field of vew is so bietjie knapper as die Burris s'n, maar dit is te verstane met die ho?r vergroting.
Ek het hom op die .308 monteer en baan toe gevat vir n skiet sessie. Dit het presies 3 skote geneem om hom in die kol te kry op 25m, en ek wat baie beindruk met sy verstelling. Sy click' is van die mees positiefste wat ek nog ooit mee gewerk het. Jy kan presies voel wanneer hy in elke click in gaan, en kan hulle sommer mooi hoor click, sonder om eers te kyk. Die verstellings knoppe lyk weer glad nie soos die van die Burris scopes.
Ek het die teiken 100m toe geskuif en n 3 skoot groepering geskiet wat so 5" hoog was, maar mooi by mekaar. Ek stel hom toe 20click's af, en skiet die volgende 3 skote in die kol. Dit wys dat hy presies stel soos hy moet, wat vir my n baie belangrikke faktor is.
Op die langer afstande was ek verbaas om te sien hoe min die kruishaar beweeg as ek my kop heen en weer en op en af beweeg soos wat mens gewoonlik die paralax verstelling toets.
Die betrokke teleskoop is baie sensitief vir die posisie van jou oog agter hom op 16 x vergroting. Die geringste wat jou oog nie op die regte plek is, maak hy so wit wasigheid aan die kant van die beeld, maar as jy jou kop beweeg en mooi agter hom kom, is hy weer mooi helder. Dit kan pla as jy n vinnige skoot moet skiet, maar is nie noodwendig n slegte ding nie, aangesien dit veroorsaak dat jy jou oog op presies die regte plek moet hou voor jy skiet, wat weer lei tot akurater skote.
My algemene indrukke:
Ek dink dit kan n baie lekker scope wees vir iemand wat n intreevlak scope soek, wat lyk of dit alles het waarna jy soek, sonder enige tierlantyntjies. Ek sou reken dat dit die idiale scope is vir iemand wat nie die bank wil breek, maar tog n goeie kwaliteit scope wil h? sonder al die gekompliseerde verstellings waaraan meer gesoute skuts gewoond is. n Scope wat jy maar uit die kluis uit kan haal, aanl? en skiet, veral in die jagveld waar daar in elk geval nie tyd is daarvoor in baie gevalle.
Ek dink die teiken mark gaan beslis die man wees wat nie heeljaar skiet, maar wel n scope soek met n lekker vergroting sonder baie verstellings waarvan hy nie veel weet. Julle sal dalk lag, maar ek het al saam n klomp manne gaan skiet wat nie noodwendig baie op n baan kom, maar tog baie jag, met scopes met al die bells en wistles op, dan weet hulle nie eers waarvoor die paralax verstelling is nie, en gebruik dit ook glad nie. Nou hierdie scope is presies vir sulke mense.
Nadele:
Die feit dat jy die vergroting heel moet afdraai om op die naby skote te kan fokus, is vir my die enigste nadeel wat ek so vinnig kon raaksien.
Oog moet presies op die regte plek wees om mooi beeld te kry kan pla met vinnige skote, maar help weer vir akkuraat skiet.
As hierdie scope se prysklas reg is, dink ek dat dit n baie lekker teleskoop is vir die skut wat nie noodwendig n "Connosoir" is nie, en sal ek self nie bang wees om een op my jaggeweer te sit.
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope004.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope002.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope001.jpg[/img]
So lyk sy Turret verstel knoppe
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope015.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope016.jpg[/img]
Hierdie was die eerste 3 skote op 100m
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope012.jpg[/img]
Toe stel ek 5"af en skiet hierdie 3 in die kol
[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope013.jpg[/img]