240D of 300D Mercedes Benz Masjien
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
240D of 300D Mercedes Benz Masjien
As iemand dalk weet waar ek enige van bogemelde engines in die hande kan kry teen billike prys sal ek dit baie waardeer. Ek wil dit in my 2.25 Diesel Land Rover (black-sam) inbou. As iemand dalk belangstel om te weet waar hy sy naampie vandaan kry kan ek maar net noem dat die rede hoekom ek ander engine soek groot aandeel daarin het!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
0-60 in 3 dae is hoe ek hulle onthou. Die 3 liter het darem redelik gehou. Sterkte, hopelik is daar nog iewers een in 'n plaasstoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Deon R
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Jy kan dalk hier reg kom http://oldmercguy.co.za/
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Uhhhmm Tripod, jy is uiters akkuraat met die spoed in dae en ek dink ook wat my graag is dat ek hoop dat daar iewers in 'n stoor 'n enjin lê afkomstig van 'n Vrystaat-Ferrari!
Deon, ek sal daardie span probeer van wie jy site adres gegee het, ek sou eerder 'n engine wou koop iewers uit 'n stoor dat ek weet hy kom van ons se mense as een van 'n rak, maar ek sal post op datum hou met sukses aldan nie.
Mooiloop

-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Kopskoot. Ek verstaan hoekom jy so 'n enjin wil hê. Niks fout daarmee nie. Maar hulle raak nou baie skaars, veral in bruikbare toestand.
Jy kan ook 'n Toyota L-serie enjin oorweeg. 2L (2,4), 3L(2,8) of 5L(3,0). Hulle is meer volop. As jy soek, kry jy dalk nog lae-km ingevoerde enjins teen skaflike pryse. Hulle het almal ook meer wringkrag teen lae enjintoere as die Benz weergawes. En wringkrag gaan nuttig wees met daai bakwerk.
Die 2.25 dieselenjin was seker LR se swakste ontwerp ooit. Het selde langer as 50 000 km gehou voor hy herbou moes word. Seker omdat hy altyd net oop ketels geloop het, selfs teen afdraendes.
Jy kan ook 'n Toyota L-serie enjin oorweeg. 2L (2,4), 3L(2,8) of 5L(3,0). Hulle is meer volop. As jy soek, kry jy dalk nog lae-km ingevoerde enjins teen skaflike pryse. Hulle het almal ook meer wringkrag teen lae enjintoere as die Benz weergawes. En wringkrag gaan nuttig wees met daai bakwerk.
Die 2.25 dieselenjin was seker LR se swakste ontwerp ooit. Het selde langer as 50 000 km gehou voor hy herbou moes word. Seker omdat hy altyd net oop ketels geloop het, selfs teen afdraendes.
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Hi Aldwin
Jy is reg tot n mate maar die 2.25 engine was nie so erg nie, die probleem is dat die wat nou oor die algemeen beskikbaar is is deur die meule en kompressie is laag en dieselpompe is nie meer wat dit moet wees nie en dit kos baie geld om dit weer reg te kry. Ek hoor en deel jou sentiment tov Toyota masjien, maar hel broer, ek kan nie lekker die idee kry van as ek die masjienkap oopmaal van my mecano-stel Landy en ek kyk in skrefies-oë vas nie. masjien van Angela Merkils of wat haar naam ook al is se land is vir my bietjie meer nader aan die koningin se eilandjie waar my Landy vandaan kom! Ek moet ook sê dat ek eerder soek na die 240D as die 300, laasgenoemde het baie oemf maar is swaar en is groot en inbou in Landy gaan problem gee, sump is in pad van cross member ens. Ek is nie agter krag en spoed nie, net betroubaarheid en ekonomie en iets wat start in die middel van die nag as jy in sidderland wil huis-toe na nag in die veld!

Nee man, die Duisters en die Ingelse het nog nooit lekker saamgewerk nie. Die enjin en bakwerk gaan teen mekaar werk!
Mens moet ook kyk na maklike passing. As ek reg onhou, pas die Nissan 2,8 liter enjins (beide petrol en diesel) net so op die ratkas. Die 6-sil is egter lank, dus moet jy die rooster en verkoeler vorentoe skuif op 'n serie 1 en 2. Sover ek kan bepaal, is die Nissan enjin 'n naby kopie van die Benz 2,8 liter (enkel-nokas) petrol enjin. Of die flense by die vliegwiel-kant dieselfde is weet ek nie, maar dis moontlik dat die petrol en diesel enjins wat in die 115 en 123 reeks was kan pas.
Om die Toyota L-reeks te pas, sal 'n passtuk ("adaptor") nodig wees. As Gilo Engineering ene kan verskaf, is dit waarskynlik 'n doenbare opsie. Die L-reeks enijins is darem beproef oor baie jare. Dit sou my eerste keuse wees.
Mens moet ook kyk na maklike passing. As ek reg onhou, pas die Nissan 2,8 liter enjins (beide petrol en diesel) net so op die ratkas. Die 6-sil is egter lank, dus moet jy die rooster en verkoeler vorentoe skuif op 'n serie 1 en 2. Sover ek kan bepaal, is die Nissan enjin 'n naby kopie van die Benz 2,8 liter (enkel-nokas) petrol enjin. Of die flense by die vliegwiel-kant dieselfde is weet ek nie, maar dis moontlik dat die petrol en diesel enjins wat in die 115 en 123 reeks was kan pas.
Om die Toyota L-reeks te pas, sal 'n passtuk ("adaptor") nodig wees. As Gilo Engineering ene kan verskaf, is dit waarskynlik 'n doenbare opsie. Die L-reeks enijins is darem beproef oor baie jare. Dit sou my eerste keuse wees.
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Alwin, dankie vir jou insette, in kort is my probleem as volg, koop landy met diesel engine wat loop, loop nie, koop los engine wat loop, loop nie, spandeer R6000 op injectors en dieselpomp, loop maar lyk soos brand in bos en start net na twee deep cycle Royal batterye ingeduik is van probeer! nou dit gaan my nie help teen minus 3 in die middel van nerens in die nag nie, so, ek soek ding wat start, en wat darem so 9km/l vir my gee teen 80km/dag. dis waar die Vrystaat Ferrarie 240D engine in my gedagtes gekom het, ek hoor die Nissan besigheid en pas op die bell housing, maar ek sal moet kyk na beskikbaarheid en ekonomie. As ek eerlik moet wees lyk die Benz 240D na dit wat ek soek. Ek het ook 'n 2 1/4 petrol in Skit-Skit my eerste Landy. Jy het nog nie die choke uitgetrek nie dan start hy al, maar, 6km/l en dit maak seer. Nou kan mens sê ja maar ry hom en maak die som van ombouing en hoe lank jy moet ry om ombouing te laat somme klop. Ek het en ombouing na 240D se somme kom elke keer eerste. So wat ek nou graag sal wil kry is 'n redelke kompleet 240D masjien wat iewers 'n stoor lê teen billke prys of selfs 'n kompleet kar. Hoop dit maak sin.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Nee, ek verstaan die ding. Dis net dat die 240D se bakwerk gewoonlik langer gehou het as die enjin. Daar was heelwat van hulle wat met ander make se enjins rondgeloop het, juis omdat die oorspronklike enjin maar skaars was. En hulle is nou nog skaarser. Die meeste ongeluk-beskadigde 240D's is ook maar voor gestamp, wat enjinskade veroorsaak.
'n Maat van my het so 'n paar jaar terug sy serie 2 LR (88, dus KAA) omgebou na 'n Toyota 2C enjin. Hy was nie vinnig nie, maar het mooi geloop en was suinig met diesel. Ek persoonlik hou nie baie van die C-reeks enjins nie, omdat hulle nooit in plaaslike modelle gebruik is nie en onderdele dus hoendertande is.
Die 2L en 2L2 (2.4D) Toyota enjin is beskikbaar, onderdele is volop en hy skakel aan op die koudste oggend sonder stories. Hulle hou ook goed as jy hom gereeld diens.
Maar soek maar rond en kyk wat jy kan kry. Miskien is daar iewers by die kus 'n 240D wie se enjin nog mooi loop, maar die bakwerk deur die seeluise (roes) opgevreet is?
'n Maat van my het so 'n paar jaar terug sy serie 2 LR (88, dus KAA) omgebou na 'n Toyota 2C enjin. Hy was nie vinnig nie, maar het mooi geloop en was suinig met diesel. Ek persoonlik hou nie baie van die C-reeks enjins nie, omdat hulle nooit in plaaslike modelle gebruik is nie en onderdele dus hoendertande is.
Die 2L en 2L2 (2.4D) Toyota enjin is beskikbaar, onderdele is volop en hy skakel aan op die koudste oggend sonder stories. Hulle hou ook goed as jy hom gereeld diens.
Maar soek maar rond en kyk wat jy kan kry. Miskien is daar iewers by die kus 'n 240D wie se enjin nog mooi loop, maar die bakwerk deur die seeluise (roes) opgevreet is?
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 240D of 300D Mercedes Benz Masjien
Dankie vir al die raad en inligting, intussen duur die soektog nog voort.