Page 1 of 1
Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:53 am
by Rooster1089
Hallo julle,
Ek skiet met .270 howa, met 150gr bruin boksie PMP.
So skiet ek al vir seker 2 jaar met geen probleem.
Die naweek sit daar 3 keer doppe vas?
Is dit maar die "batch" wat ek gekoop het of wat kan die fout wees?
Dankie
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:56 am
by Jean Marais
Moet jy met behulp van gereedskap die doppe uit die kamer verwyder, of kom hulle bloot net baie moeilik uit?
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 9:59 am
by Rooster1089
eers bietjie gesukkel, toe spuit ek bietjie olie in en wag maar so minuut, daarna toe val dit amper van self uit.
Ek het net die cleaning rod in gedruk en net saggies gestoot, toe val die doppies uit.
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 10:04 am
by Jean Marais
Kyk of die extractor nie dalk 'n probleem is nie. Gryp hy die doppie mooi vas of nie. Roes in die kamer kan ook 'n probleem veroorsaak. As jy die wapen met Forester bore Foam skoonmaak, veroorsaak dit so 'n nare taaiheid wat dalk 'n oorsaak kan wees. Werk maar deur al die moontlikhede en elemineer die nie-skuldiges
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 10:14 am
by LoveHenties
Hoe lank gelede het jy geskiet?
'n Vriend van my het baba in die huis gekry. Baba het gesukkel met kroep en kry toe 'n humidifier, staan langs die kluis... Nie gejag vir 'n jaar daarna nie, en toe hy weer begin skiet, sit daardie doppe erg vas. Bietjie roes in die kamer.
Na polish weer beter. Amper duur les geleer!
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 10:29 am
by Jake1
Ek sê ook roes in die kamer.... vat n flitsie en kyk, selle probleem gehad.
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 11:07 am
by Carl
Rooster, die kamer moet 100% skoon en droog wees. Moenie olie of ander goed daar binne los nie. Gebruik "Carbon remover" ek spuit die tipe wat vir motors bedoel is en maak goed skoon met 'n mop. Indien daar roes is moet dit met olie ek ligte borsel verwyder word. Verwyder dan olie.
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 3:12 pm
by JR68
Dieselfde probleem gehad.Kamer ordentlik skoongemaak en probleem is weg.
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 6:58 pm
by Barry Loock
Oppervlakte roes in die kamer
Aim small, hit big.
Re: Doppe sit vas
Posted: Mon Jun 20, 2016 8:31 pm
by Armand Steenkamp
My Howa 243 Is by Gerrie Coetzee in Bloem oor die selle probleem.
Sterkte
Re: Doppe sit vas
Posted: Tue Jun 21, 2016 8:43 am
by Rooster1089
Baie Dankie julle.
Ek sal vanaand bietjie kyk na hoe die kamer lyk, ek dink dalk 'n bietjie roes kan die oorsaak wees.
Ek gaan hom mooi skoon maak en droog maak en dan kyk wat maak hy.
Re: Doppe sit vas
Posted: Tue Jun 21, 2016 8:45 pm
by Dawid S
Kenners se of ek verkeerd is:
Saag 'n gleuf oor die punt van 'n "dellstick" ronde hout, sit dan 'n skoon maak lappie in die gleuf met Brasso op .
Sit dan die dellstick na dat jy dit af gesaag het (sowat 200mm lank) in jou boor en poleer so die kamer van die geweer.
Ek het die problem gehad met12br haelgeweer.
Re: Doppe sit vas
Posted: Tue Jun 21, 2016 10:22 pm
by Jake1
Rooster1089 wrote:Baie Dankie julle.
Ek sal vanaand bietjie kyk na hoe die kamer lyk, ek dink dalk 'n bietjie roes kan die oorsaak wees.
Ek gaan hom mooi skoon maak en droog maak en dan kyk wat maak hy.
Jy gaan nie noodwendig iets noemenswaardig sien nie, maar maak hom behoorlik skoon ek het myne baie liggies later met staalwol ook gevryf en toe eers was my probleem opgelos. Of vat Dawid hierbo se raad ook.
Re: Doppe sit vas
Posted: Wed Jun 22, 2016 12:42 pm
by 243Songdaug
Het eergister met 'n 270 Musgrave geskiet - kan jou dit sê, die nuwe bruin boksie, wat Saterdag gekoop is, se patrone skop baie meer geniepsig as die bruinboksies se patrone wat al 6 jaar terug gekoop is wat vir my daarop dui dat die lading aangepas is.