Page 1 of 1

Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 7:51 pm
by LoopSoosStroop
'n BWB skiet met 'n 150 gr PMP koeël uit 'n .303? Hy hardloop so 2500 fps (dis nou die koeël).

Re: Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 7:58 pm
by Johan Nel
Ja ek sal. Skootplasing is soos gewoonlik belangrik.

Re: Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 7:59 pm
by win270
As die skootplasing reg is, is dit waarskynlik in orde. Dis nou nie 'n wetenskaplike opinie nie, net my gevoel. Ek het 150 grein met my .308 gebruik en sonder probleme.

Re: Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 8:02 pm
by Gawie(13mm)
....en ek het hom met 'n 150 grein uit my 7x57 gestamp.

Re: Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 9:21 pm
by fjoubert
Ek sal weer daai bruin box pmp net gebruik as ek niks anders kry nie. Het gesien hoe 150 grein uit n 308 opbreek en 4 uitgangs wonde op n kudu veroorsaak. Kudu eers volgende oggend gekry en moes vleis weg gooi. Gebruik eerder die 174 grein vir 303, bietjie stadiger

Re: Sal jy....

Posted: Sat Jun 18, 2016 11:59 pm
by 243Songdaug
Loopsoostroop, jy kan maar die 303 gebruik - met 'n geruste hart. Hy sal mooi werk. Verwag om die koeel onder die vel op die oorkantste blad te kry.

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 8:14 am
by Gabriel Lewis
Loopsoostroop, jy kan dit beslis gebruik. Ek het 5 jaar trug n BWB geskiet met die 150 PMP terwyl ek eintlik besig was om springbokke te skiet. Die skoot was op 184 tree en het sy werk goed gedoen.

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 8:55 am
by andre007
Maklik

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 9:20 am
by 30-0Kwes
Geen probleem

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 9:58 am
by Ashley
Gawie(13mm) wrote:....en ek het hom met 'n 150 grein uit my 7x57 gestamp.
Ek sou ook nie huiwer om hom mey n sagte koeël uit my 7x57 te skiet nie, so die 303 sal werk.
Bly maar net weg van die bene af.

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 11:19 am
by Sako75
Ek het 'n BWB bul met 'n 9.3x74 op die blad geskiet op omtrent 100m. Spesifiek op sy elmboog. 270gr Speer SP teen so 2300 vps. Koeel het glad nie deur die blad penetreer nie, het inteendeel nie eers die bors gehaal nie. Tweede loop deur die ribbes het hom gesink. Ek het gedink die koeel behoort albei sy blaaie maklik te breek - daarom die skootplasing.

Re: Sal jy....

Posted: Sun Jun 19, 2016 11:44 am
by Diesel Dog
Iemand het dit al gesê,en ek herhaal ,skiet hom tot hy val man!

DD

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 6:39 am
by FHM
LoopSoosStroop wrote:'n BWB skiet met 'n 150 gr PMP koeël uit 'n .303? Hy hardloop so 2500 fps (dis nou die koeël).
Soos die manne jou aanraai - skootplasing is die ding, anders kan jy daai BWB sien galop teen 2500 fps ++>:

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 6:46 am
by DanieDegenaar
Ek het die naweek gesien jy kan eenige iets met eenige iets skiet. Skootplasing die groot dink. Het 'n groot Koedoe koei geskiet met 'n titan 86gr uit 243 in die hart long area en sy het 5 meter verder om geval. Maar die stories sal volg.

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 7:02 am
by FHM
DanieDegenaar wrote:Ek het die naweek gesien jy kan eenige iets met eenige iets skiet. Skootplasing die groot dink. Het 'n groot Koedoe koei geskiet met 'n titan 86gr uit 243 in die hart long area en sy het 5 meter verder om geval. Maar die stories sal volg.
Sien uit na die plasing van jou ervaring die afgelope naweek Danie.

Wees net versigtig met so n wye stelling "jy kan eenige iets met eenige iets skiet. Skootplasing die groot dink" Hier is tieners en jong mannetjies met geen of bitter min ervaring wat lees wat ons opinies is en baie daarvan ter harte neem. Dit sal bv nie n goeie idee wees om 'n buffel met n .22 hornet aan te vat nie...ongeag van jou skootplasing... ++>:

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 7:51 am
by DanieDegenaar
FHM wrote:
DanieDegenaar wrote:Ek het die naweek gesien jy kan eenige iets met eenige iets skiet. Skootplasing die groot dink. Het 'n groot Koedoe koei geskiet met 'n titan 86gr uit 243 in die hart long area en sy het 5 meter verder om geval. Maar die stories sal volg.
Sien uit na die plasing van jou ervaring die afgelope naweek Danie.

Wees net versigtig met so n wye stelling "jy kan eenige iets met eenige iets skiet. Skootplasing die groot dink" Hier is tieners en jong mannetjies met geen of bitter min ervaring wat lees wat ons opinies is en baie daarvan ter harte neem. Dit sal bv nie n goeie idee wees om 'n buffel met n .22 hornet aan te vat nie...ongeag van jou skootplasing... ++>:
Waar daai.

Mens moet darem jou kop ook gebruik!

Wag net dat die Robbie die punt uit die blad grawe dan sal ek alles kom vertel.

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 8:41 am
by Jakkalsgat
LoopSoosStroop wrote:'n BWB skiet met 'n 150 gr PMP koeël uit 'n .303? Hy hardloop so 2500 fps (dis nou die koeël).
Het al paar maal en sal weer!

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 9:32 am
by LoopSoosStroop
Dis vir my broer wat met my geweer gaan jag. Hopelik kry hy net 'n rooibok maar mens weet nooit waar die opwinding hom vat nie. Sal maar oefen en skootplasing mooi bespreek. Daar is Koedoe en BWB ook wat daar rondloop teen goeie pryse.

Anners moet ek maar 'n spul 150 gr Krieke bestel, dan kan hy maar op die skouer ook skiet.

Re: Sal jy....

Posted: Mon Jun 20, 2016 10:07 am
by Trompie
LoopSoosStroop wrote:'n BWB skiet met 'n 150 gr PMP koeël uit 'n .303? Hy hardloop so 2500 fps (dis nou die koeël).
Dis al wat ek in my 303 skiet. En ek het al heelwat wildebeeste met hom geskiet. En nog nooit een verloor nie.

Re: Sal jy....

Posted: Wed Jun 22, 2016 6:51 pm
by Steppenwolf
30-0Kwes wrote:Geen probleem
sekondeer
Het al veskeie keure en nogals met PMP ammo klompie jare gelede.

Re: Sal jy....

Posted: Wed Jun 22, 2016 9:33 pm
by Flip Nel
Sako75 wrote:Ek het 'n BWB bul met 'n 9.3x74 op die blad geskiet op omtrent 100m. Spesifiek op sy elmboog. 270gr Speer SP teen so 2300 vps. Koeel het glad nie deur die blad penetreer nie, het inteendeel nie eers die bors gehaal nie. Tweede loop deur die ribbes het hom gesink. Ek het gedink die koeel behoort albei sy blaaie maklik te breek - daarom die skootplasing.
Sako

Ek is ook nie baie lief vir daai Speer 270 gr koeels nie, het ook 'n slegte ondervinding met 'n Koedoe en hulle, nognooit weer gebruik nie, vir my bly dit 'n baanskiet koeel. Ek het myne teen 2400 fps gebruik en hulle spring uitmekaar as jy vleis tref

Re: Sal jy....

Posted: Wed Jun 22, 2016 9:41 pm
by Sako75
Flip,
Dankie vir die deel van jou ondervinding. Al lastige ding is dat hulle so mooi groepeer in die dubbeltjie. Ek is ook nie seker dat ek 'n ander maak sal kry om so mooi uit albei lope te reguleer nie - het nie die kennis/ondervinding nie. Om aan te sluit by die tema van die draad sou ek ook nie dink daar is koeels wat meer "fragile" is as 'n bruin PMP nie - maar hierdie Speer menere klink erger.

Re: Sal jy....

Posted: Thu Jun 23, 2016 6:15 am
by 22-250 Sniper
Die geweer en kaliber se beperking begin agter die kolf

Re: Sal jy....

Posted: Thu Jun 23, 2016 7:46 am
by Sako75
Waar presies agter die kolf Sniper?

n Driewieltrapfiets sal nooit n vliegtuig wees nie, maak nie saak wie die drywer is nie