Page 1 of 1
Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:12 am
by Flip Groenewald
Ek wil nog altyd weet hoeveel patrone gaan deur n loop voor hy gaar is
Ek het nou al probeer somme maak maar niks klink reg nie.
Ek werk op n 26 duim (660.4mm) loop.
En patrone wat om en by 2900ft/s gaan
Ek weet hulle se n loop se leef tyd is net3 sekonndes.
kan iemand dalk daai som maak of skat n mens maar net
Ek praat hier van gewone loop nie bull barrels nie en ook nie stainless nie.
Groete
Flippie
Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:19 am
by BLOK
Skietkat
Ek kan nie die som maak nie, maar ek weet die tipe koel wat jy gebruik en die kruit kan ook n groot uitwerking he op loop leeftyd, dan die ander faktor is tie tussen skoot tydperk. As n loop warm geskiet word glo ek jy kan hom kla skiet met 100 rondtes en as jy spaarsamig werk kan jy hom weer rek.
Blok
Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:28 am
by DawieKotze
Ek het nog nooit daai som probeer maak nie, maar kom ons probeer.....
2900fps = 34800 dps (duim per sekonde)
Met 26" loop is dit dus 34800/ 26 = 1338.46 keer deur jou loop. Dan het jy 1 sekonde se "looptyd" gebruik.
Nou kan jy verder speel en die aantal skote wat dit vat om die loop "uit te skiet" te deel deur 1338.46 en jy sal die aantal sekondes kry wat daai loop se leeftyd is.
3 sekondes gee jou volgens jou inligting dan 3 x 1338.46 = 4015 skote.
Maar daar is baie ander faktore wat 'n rol speel en hierdie is slegs 'n teoretiese bewerking
Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 10:58 am
by Flip Groenewald
Ek het ook rondom by 4015 skote gekry maar ek weet dit is nie nie reg nie of dit voel nie reg nie want ek dink daar gaan mees skote deur n loop,
Ek weet daar is baie dinge wat gaan bepaal hoe lank hy gaan hou ek wou net weet min of meer dat n mens dit kan oor skakel na jare to meskien.
Groete
Flippie
Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:41 am
by .::Alwyn-U::.
madako wrote:
Ek het nog nooit daai som probeer maak nie, maar kom ons probeer.....
2900fps = 34800 dps (duim per sekonde)
Met 26" loop is dit dus 34800/ 26 = 1338.46 keer deur jou loop. Dan het jy 1 sekonde se "looptyd" gebruik.
Nou kan jy verder speel en die aantal skote wat dit vat om die loop "uit te skiet" te deel deur 1338.46 en jy sal die aantal sekondes kry wat daai loop se leeftyd is.
3 sekondes gee jou volgens jou inligting dan 3 x 1338.46 = 4015 skote.
Maar daar is baie ander faktore wat 'n rol speel en hierdie is slegs 'n teoretiese bewerking
Is jy dalk 'n wiskunde onderwyser

Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:42 am
by PITSMIT
almal is reg in n mate want met vandag se tegnologie van monometaal koe?ls en moly coatings is daar te veel variante wat die wrywing beinvloed in die loop en dan het die staal tegnologie van hedendaagse wapens ook al vooruit gegaan
so ek dink mens kan maar net jou eie resep se goed probeer uitwerk maar dan weer verander jy dalk oor n jaar na ander punte toe en dan verander die hele ding weer
Re: Loop leeftyd (3sekondes)
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:44 am
by .::Alwyn-U::.
Heeltemal reg wat Pitsmit se, jy kan dit uitwerk tot op die punt wat jy van punte verander dan slaan jou hele bewerking kop oor gat.