Page 1 of 1

Veldskiet Teleskoop

Posted: Fri May 27, 2016 4:33 pm
by SchalkWvanWyk
Middag Manne....

Benodig julle raad asb......

Ek wil vir my veldskiet geweer....260 Rem 'n goeie teleskoop opsit. Huidig moet ek kies tussen Swarovski X5 en Kahles K624i.....prys is eenders....sal net wilhoor by die veldskiet manne watter 1 julle sal aanbeveelen hoekom en of julle dalk alternatiewe teleskope het wat julle sal aanraai...

Dankie

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Fri May 27, 2016 9:36 pm
by Sangoma (IAN)
NF Atacr in FFP
En dan Kahles IN FFP

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Fri May 27, 2016 10:03 pm
by Francois Marais
March-F 3-24X52 met FMA-2 kruis in FFP......Loop soos stroop.

Mooi loop

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Sat May 28, 2016 12:00 am
by Kalahari
Schalk, hoe haastig is jy? Het jy dalk al deur die scopes geloer en dinge bekyk?

Vra maar net, want indien jy ingeskryf het vir die WC kan jy mos die daar basies deur enige scope amper denkbaar op die mark kyk en dan miskien 'n besluit neem.

FFP, SFP, MOA, MILL verskillende vergrotings ens.
Seker nie wat jy wil hoor nie.... ek kon self nie wag om my 260 beter scope vir veldskiet op te sit nie.

Sterkte met die besluit.

Johan

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Sat May 28, 2016 10:59 am
by Sangoma (IAN)
O ja, March FFP natuurlik ook!!

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Mon May 30, 2016 12:19 pm
by Alwin
'n Teleskoop is maar 'n baie persoonlike keuse. Ek en my maters verkies almal verskillende fabrikate en eienskappe op ons veldskiet geweerteleskope. Baie van die voorkeure hang ook af van vaardigheidsvlakke. As gemiddelde skut, verkies ek 'n ongekompliseerde prentjie deur my teleskoop. Ek sien gereeld dat van die manne met meer ingewikkelde teleskope en "recticules" iewers onder kompetisie-druk 'n foutjie maak. As jy so gelukkig is om elke dag te kan skiet, is dit dalk nie 'n probleem nie. ;)

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Mon May 30, 2016 12:46 pm
by mossie
Wat Alwin hier se kan ek regtig net ondersteun. n Teleskoop is regtig n persoonlike keuse. Jy gaan regtig kry dat een scope vir jou werk, maar n ander een (dieselfde prysklas ens.) nie en daarom beveel ek altyd aan dat jy deur so veel as moontlik kyk voor jy n besluit maak. Verkieslik nie na die ligte in die winkel nie, maar eerder buite in verskillende ligtoestande ens.

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Mon Jun 06, 2016 4:22 pm
by Steppenwolf
As jy op n kleiner budget werk. Burris 5-25x50 (FFP) = uitstekend

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Mon Jun 06, 2016 5:15 pm
by 6.5/284Norma

Re: Veldskiet Teleskoop

Posted: Tue Jun 07, 2016 7:44 am
by Steppenwolf
In daardie prysklas kom die Veracity en XTR nie voor nie.