Page 1 of 1

Hoenderlewertjies met pynappel

Posted: Tue Jul 05, 2011 12:03 pm
by Frikkiedbr
500g hoenderlewertjies
30ml olie
1 blik pynappelstukke
125 ml hoenderaftreksel
30 ml blatjang
5 ml sojasous

Sny die hoenderlewers in stukkies. Braai dit vinnig in die olie net tot gaar.
Dreineer die pynappelstukke.
Voeg dit saam met die hoenderaftreksel, blatjang en sojasous by die lewertjies en prut dit 10 ? 12 min. lank.
Sit dit warm voor met rys.