Page 1 of 1
Rysmiere/Termiete in Lusern Lande
Posted: Sat May 21, 2016 8:50 am
by Suidwes
More Almal,
Hoop ek kan bietjie raad kry hier. Iemand met ervaring van termiete in Lusern lande? Watse gif of a boere metode om hulle te knou.
Groete
Suidwes
Re: Rysmiere/Termiete in Lusern Lande
Posted: Sat May 21, 2016 9:37 am
by Pappabeer
Fipronil is dodelik op hulle op n grasperk. Ek weet nie van tussen gewasse nie.
Re: Rysmiere/Termiete in Lusern Lande
Posted: Sat May 21, 2016 8:06 pm
by tripodmvr
Termiete het 'n groot nes vanwaar hulle uitbeweeg om kos te kry. Synde mens hulle nie sommer in woongebiede kry nie het ek lanklaas na enige gif vir hulle gekyk. Termigo was 'n gif wat in korrels voorgekom het en wat deur die termiete in hulle nes ingedra is. Dit het dan die hele kolonie uitgewis. Kyk by jou ko-op en vra daar raad.
Re: Rysmiere/Termiete in Lusern Lande
Posted: Sun May 22, 2016 8:43 am
by Apie
tripodmvr wrote:Termiete het 'n groot nes vanwaar hulle uitbeweeg om kos te kry. Synde mens hulle nie sommer in woongebiede kry nie het ek lanklaas na enige gif vir hulle gekyk. Termigo was 'n gif wat in korrels voorgekom het en wat deur die termiete in hulle nes ingedra is. Dit het dan die hele kolonie uitgewis. Kyk by jou ko-op en vra daar raad.
Soortgelyk aan daai is Kamikaze.
Maar dit sal duur wees op groot skaal
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Rysmiere/Termiete in Lusern Lande
Posted: Sun May 22, 2016 12:32 pm
by Eduard Venter
Apie wrote:tripodmvr wrote:Termiete het 'n groot nes vanwaar hulle uitbeweeg om kos te kry. Synde mens hulle nie sommer in woongebiede kry nie het ek lanklaas na enige gif vir hulle gekyk. Termigo was 'n gif wat in korrels voorgekom het en wat deur die termiete in hulle nes ingedra is. Dit het dan die hele kolonie uitgewis. Kyk by jou ko-op en vra daar raad.
Soortgelyk aan daai is Kamikaze.
Maar dit sal duur wees op groot skaal
Sent from my D5803 using Tapatalk
Ons het n groot probleem gehad met termiete in baie van ons kampe. Bokse en bokse vol kamakazi gegooi, een gaatjie op n slag. Dit is duur en verskriklik baie werk maar dit het gehelp. Ons het selfs in die aande met flitse gaan gooi dan kry mens nie so warm nie.
Sent from my LG-H735 using Tapatalk