Page 1 of 1

wat dink julle?

Posted: Fri May 20, 2016 11:04 am
by M98mauser
Ek dink daaraan om n 260rem aan te skaf. Meerendeels om vir papier skiet Sajagters en so aan. Ek dink ook dit sal n lekker geweer wees vir my seuns om mee te skiet en hulle vaardighede bietjie uit te bou.

Moet ek een met n 28 duim loop laat bou met n GRS kolf? Dink daaraan om 123gr NCC te skiet so by die 2900fps.
Of a Savage 12vlp vat met 26" loop en dan maar net die kolf later met n GRS vervang hy sal so bietjie stadiger hardloop maar die paar voet gaan nie so groot verskil maak nie. Ek het n 223 in die savage en is baie gelukig met hom. Daar is nou van hulle beskikbaar. Weet nie as n mens nou die geweer bou roete gaan gaan dit dalk 2 ewighede vat.

Re: wat dink julle?

Posted: Fri May 20, 2016 2:14 pm
by Capt. Yoda
Hoekom gaan hy stadiger wees? Gaan jy uit en uit laai om hom teen max spoed te skiet of waar hy akuraat is?
Jy gaan 10/1 die koel teen presies dieselfde spoed skiet uit daai 2 lengtes uit die langer loop gaan net teen laer druk daai spoed doen.

Persoonlik sal ek die korter loop vat, 23 of max 24" vir my
Laat iemand vir jou op QL kyk wats lengte loop gaan die beste werk met daai gewig koel wat jy wil skiet, eks nie nou by my laptop nie anders sou ek gou gekyk het

Re: wat dink julle?

Posted: Fri May 20, 2016 3:01 pm
by tripodmvr
Met die 123cc is die node by 2880vps met 'n 24 duim loop.

Vir 26 na 28 duim is die node by 3080vps