Page 1 of 1

6mm Super LR dies

Posted: Wed May 18, 2016 12:12 pm
by Louis Nel
Ek wil my 243 laat verander na n 6mm Super LR toe. Voordat ek dit doen is ek dringend opsoek na n standaard 6mm Super LR die. As iemand my dalk kan help.. skakel my asb op 082 782 7445. Groete Louis Nel

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Thu May 19, 2016 7:32 pm
by Drenalinjunkie
Louis, waar is jy gebasseer?

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Thu May 19, 2016 7:55 pm
by Louis Nel
Bloemfontein

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Thu May 19, 2016 8:26 pm
by Toyrsi
Jy sal dalk by Whidden moet koop en invoer

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Fri May 20, 2016 7:34 am
by Zeelie
Jy kan by WSM (Ockert) hoor op die forum. Hy het onlangs 'n stel gekry.

sy nr - nul agt twee 380 2405

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Fri May 20, 2016 8:16 pm
by vbd
Safari&Outdoor kry binnekort redding in en skietwinkel in bloem het whidden.

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Fri May 20, 2016 8:19 pm
by Louis Nel
Dankie vir almal se insette. Skietwinkel het tans niks nie. Wag in spanning vir die inkom van die dies. Skaars soos hoendertande

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Sat May 28, 2016 12:14 pm
by Broadbandboer
Hi Louis. As jy jou huidige .243 win stel wil laat gaan weet ek dat my pa tans opsoek is na 'n .243 stel.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 12:52 pm
by Capt. Yoda
Enige iemand nog so 6SLR FL die erens gesien ?

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 12:57 pm
by Hein22
Capt. koop by whidden, ek sal hulle enige dag weer ondersteun. Vinnig en maklik en spaar sommer geld ook, meer as R1000 as wat ek hom by 'n geweerwinkel hier sou gekoop het.

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 1:04 pm
by Capt. Yoda
Hein22 wrote:Capt. koop by whidden, ek sal hulle enige dag weer ondersteun. Vinnig en maklik en spaar sommer geld ook, meer as R1000 as wat ek hom by 'n geweerwinkel hier sou gekoop het.
Hein dit is die plan, ek het hulle vanogend n mail gestuur maar ek nogals dringend n dop nodig nou so begin al dink aan n XC die met n 0.120" shim

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 1:10 pm
by Hein22
Soek jy net een dop? Dan kan ek jou help.

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 1:37 pm
by Capt. Yoda
Hein22 wrote:Soek jy net een dop? Dan kan ek jou help.

Hein ja ek soek net een dop vir nou sodat die werk kan klaar kry dan kort ek n FL DIE of n man wat baie doppe vir min brannewyn wil size ++>:

Lyk my ek gaan reg kom by Whidden met die DIE maar ek kort n dop sodat ek die geweer kan klaar maak, ek sal jou n PM deur die dag gooi

Dankie

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 6:33 pm
by stoffelpantoffel
capt. obl Ek het ook vir jou 'n dop as jy nie reg kom nie. het nou al vir my nuwe doppe gekry want het al 'n "bach" winchesters so 12 keer geskiet en doppe begin nou hard word. so jy kan hom mahala kry. my broer het FL LR die maar ek herlaai sommer myne met XC dies en dit werk goed. Het XC gehaat maar is nou heel tevrede met LR. weens bekombaarheid van doppe en 243 papier werk.

Groete
Stoffel

Sent from my SM-A310F using Tapatalk

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Wed Jul 20, 2016 8:29 pm
by Capt. Yoda
Stoffel dankie ek het dam n dop gekry, ja ek soek ook maar vir nou n XC die hier in SA om aan die gang te kan kom maar is nie so maklik soos ek gedink het nie
As iemand nextra XC FL Die het of weet waar een is veral n Forster skree maar

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Thu Jul 21, 2016 8:05 am
by stoffelpantoffel
Ja nee dis so. As die amerikaners net geweet het hoe lief ons vir skiet is in SA. Sal hul sekerlik vir ons bietjie meer speelgoed wou stuur teen bekostigbare pryse. Sal rond luister of iemand dalk vir jou 'n los FL die het.

Groete
Stoffel

Sent from my SM-A310F using Tapatalk

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Sat Jul 23, 2016 9:37 am
by Louis Nel
Gister my Whidden LR dies by skietwinkel gekoop. Baie opgewonde. Lank gewag nou kan ek lekker skiet.

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Sat Jul 23, 2016 10:37 am
by Capt. Yoda
Daar is whidden DIEs in potch ook by advanced gunsmithing.R2800 vir FL die

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Sat Jul 23, 2016 12:37 pm
by Hein M.
Dalk praat ek nou uit my beurt uit, maar is dit nie goedkoper - of dalk meer sinvol - dat die smid wat jou kamer sny ook sommer 'n matrys maak volgens daardie dimensies nie? Of is die gekoopte dies meer wenslik? Hoor graag!

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Sat Jul 23, 2016 12:57 pm
by Capt. Yoda
Hein M. wrote:Dalk praat ek nou uit my beurt uit, maar is dit nie goedkoper - of dalk meer sinvol - dat die smid wat jou kamer sny ook sommer 'n matrys maak volgens daardie dimensies nie? Of is die gekoopte dies meer wenslik? Hoor graag!

Daai Oom in Potch vra R1400 om jou Die te sny maar by smede wil nie die DIE sny nie omdat die DIE so hard is. Was ook oorspronklik my plan om somer my DIE te sny saam met die kamer

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Mon Jul 25, 2016 7:29 am
by Geno
As julle so die dies saam met die kamer wil laat sny, hoe maak julle?
Het julle 'n die- reamer saam met die rougher en finisher bestel?
Sover ek weet wil mens graag so raps kleiner wees in dimensies op die die- reamer as met die kamer reamer.

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Mon Jul 25, 2016 7:36 am
by Capt. Yoda
Geno wrote:As julle so die dies saam met die kamer wil laat sny, hoe maak julle?
Het julle 'n die- reamer saam met die rougher en finisher bestel?
Sover ek weet wil mens graag so raps kleiner wees in dimensies op die die- reamer as met die kamer reamer.

Nee ek weti jong ek skiet net die roer maar wat jy se maak sin

Re: 6mm Super LR dies

Posted: Mon Jul 25, 2016 7:40 am
by Geno
Vir 'n seating die is die finisher goed genoeg, maar vir 'n sizer, gaan jy niks regkry nie omrede die sizing die dieselfde dimensies as die kamer het. Jy kan netsowel jou doppe kamer in die geweer en dieselfde hoeveelheid sizing verwag...