Geweer te Zero

Post Reply
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Geweer te Zero

Post by Morne Van Der Merwe »

Naand Almal,

Ek het n nuwe teleskoop op m 30-06 gesit verlede week en gou na die baan toe gegaan. Dit eerste skote op 25m geskiet om dit darem net op papier te kry. En dit sommer daar gestel, en presies op 25m gezero, met die idee, volgens StrelokPro, 180gr teen 2400vt/sek moet ek omtrent 2.5" hoog skiet op 100m. Toe ek oorskuif na die 100m toe skiet dit +\- 6" hoog, kan dit wees?
Op daai staduim ek nie die zero stop funksie so goed geken nie, en dit probeer afstel, en toe die hele teleskoop uit gestel :o , en toe uit tyd uitgehardloop om te gaan werk.

En my tweede vraag is: Ek het Leupold dovetail ringe op, meduim hoogte vir die CZ550, maar kan daardie kruis haar nie in die middel van aksie kry as jy hom van agter af loer, dis nou die vertikale lyn. Ek het die ringe "gelap" Die vertikale lyn sit net links van die middel, dis regtig min, maar ek sien dit raak.
Kan dit wees dat die ringe so bietjie van center af kan wees?

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Morne Van Der Merwe on Mon May 16, 2016 2:40 am, edited 1 time in total.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Geweer te Zero

Post by Heinz Petersen »

Ja, jou ringe kan van centre af wees. Wat jy kan probeer is om jou ringe om te draai en kyk of daar n verskil gaan wees.
Om op 25m te zero is soos jy sê net om op teiken te kom. Zero jou geweer op 100m en kyk hoeveel val jy op 200m en dan op 300m. Daai date moet jy dan vir Strelok invoer.
Gawie Batman sal vir jou dit ook mooi kan verduidelik. Soos hy met Strelok aangaan lyk dit of hy die program geskryf het.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Geweer te Zero

Post by Morne Van Der Merwe »

Hello Heinz,

Ongelukkig kan 'n mens nie regtig die ringe omdraai nie, die CZ550 het so hak plek agter op waar die ring inpas wat verhoed dat die nie skuif nie.
Sal so bietjie speel met Strelok.
Baie dankie.

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Geweer te Zero

Post by Heinz Petersen »

Morne, probeer om n ander tipe ring op te sit. Gaan na die plek waar jy dit gekoop het en vra dat hulle vir jou moet help.
Ringe is duur en jy wil reg voel agter jou geweer.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Geweer te Zero

Post by Chris (vdB) »

Morne ek het ook onlangs mounts vervang op my Brno ZKK600, dieselfde dovetail as wat jou CZ het. Ek het toe Warne mounts op gesit. Baie tevrede met dit. Het R900 vir hulle betaal by Gerrie Coetzee vuurwapens in Bloemfontein
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Geweer te Zero

Post by Morne Van Der Merwe »

Ek gaan verseker terug gaan, maar ek dink nie gaan die ringe terug vat nie ek het dit gelap om te verhoed dat die ringe nie merke op my teleskoop los nie, want leupold is nogal baie grof binne.
Ja nee daai ringe pla my vreeslik, kruis is verseker nie in die middel nie.
Lekker dag verder.
Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Post Reply