Nikon Monarch elevasie probeem opgelos

Post Reply
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3614
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Nikon Monarch elevasie probeem opgelos

Post by Fanta300 »

Ek het onlangs 'n Nikon Monarch 6-24x50 by Walter hier op die forum gekoop. Vinnig op my Howa monteer sommer op die ou ringe en afgesit baan toe. Teiken so op 25 m gou ge bore site en toe begin skiet. Skiet baie laag en stel maar op en op tot ek op die skyf kom maar skiet toe nog op 100m so 6 duim laag op maks elevasie.

Met my moed in my skoene is ek maar huistoe en gaan Google en soek hier op die forum vir 'n oplossing. Doen toe al die toetse om te bepaal of die fout by die teleskoop lê maar alles toets reg.

Kom toe tot die gevolgtrekking dat problem by die ringe moet lê en sien dat Lynx ringe maak met inserts wat die scope lig aan die agterkant sonder om stress op die buis te plaas. (Self aligning) Werk uit dit gaan my so net oor R1000 kos.

Sit toe maar af na Champions, my PGW (Plaaslike Geweer Winkel) en stel my probleem aan Tommie (Geweersmid) wat toe vir my 'n stel Remington ringe van die rak afhaal wat ook sulke inserts het. Die ringe en basisse is uit een stuk gemaak en pas perfek op die Howa en kos net R290. Scope op en sommer reguit baan toe.

Groot verbetering maar sien ek gaan op maks vergroting nie verder as 300m kom nie.

Gou weer huistoe en shim die agterste basis met .5mm en weer terug. Probleem uitsorteer en kan nou maklik 300m skiet met genoeg reserwe om heelwat verder te gaan ;D

Skiet toe sommer hierdie groepie van die Bi-Pod af.
img_2410.jpg
;D ;D ;D ;D ;D ;D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
DMLubbe
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Wed Apr 27, 2016 6:03 pm

Re: Nikon Monarch elevasie probeem opgelos

Post by DMLubbe »

Hallo Oom dis DM (SS media)
Ek het selfde scope ook op n Howa gesit. En presies die selfde probleem gehad. Ek het net geshim en is nou baie gelukkig met dit scope

Sent from my GT-I9295 using Tapatalk
Howa 30-06
BRNO .22
Post Reply