Page 1 of 1

Sierra bullets

Posted: Mon May 09, 2016 7:50 pm
by cbm
Naand almal

Ek wil somer hoor of iemand al 52gr sierra matchking punte in .224cal op jakkalse gebruik het? Ek het altyd die 50gr v-maxe gebruik maar die sierras is ongelooflik akuraat het gewonder wat hulle op jakkalse en springboke(kop skoot) sal maak en of mens jake so gaan verloor.

Groete
Jacobus

Re: Sierra bullets

Posted: Mon May 09, 2016 8:00 pm
by visser
Jacobus
Ek het op n stadium met 100gr smk in my 25-06 jakkals en kat gejag.90% van die trefhoue was daar geen fout by nie,maar as die skoot effens swak geplaas was,moes ek al lank en ver soek vir die karkas.Dit is waar dat daar min so akuraat as matchkings is,maar die v-maxe en sierra se blitzkings is ook baie betroubaar.Ek was nog altyd baie tevrede met 55gr v-max of blitzking in my 223.As jy jou geweer se trajek ken kan jy sommer toor met hom,selfs snags.Hoop ek kon jou help.
Groete

Re: Sierra bullets

Posted: Wed May 11, 2016 9:59 pm
by cbm
Dankie so ek sal maar bly by die V-Maxe