Kalahari jag

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Kalahari jag

Post by Kalahari »

Dag almal

Hier is net so 2 foto's van Saterdag se jag. Nie foto's van die bokke geneem nie, want daarsietytie ;), die bokke moet gelaai word want daar's nog wat moet geskiet word. So die foto's is net van die roere en die skietbank en 1 van die mense en die veld.
Springbokke met die swart 22.250 geskiet en die gemsbokke met 30-06 links.
  [img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2770.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_2771.jpg[/img]

Groete
Kalahari
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kalahari jag

Post by Christo »

Kalahari,

laas jaar by oujan gejag oor daai duine, die twee seuns het elk 'n Gemsbok geskiet, baie lekker gewees. Ek vrek oor daadie strate. Ons het 3 dae ook op Rooiduin gaan kamp. My vrou se oud onderwyser bly ook daar tussen Gochas en Aranos, daar ook gekuier. As ek halfpad die kans kry om grond te kan koop in daardie omgewing sal ek baie mooi moet somme maak. my hart het daar gebly.

Ek is nou op Henties en dit is koud en die see is rof maar ek het darem goed vis gevang al dink ek steeds dat ons ook moes bok gesoek het daar in daardie wereld.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari jag

Post by Kalahari »

Christo

Dit was lekker gewees, ook net koud laaste paar dae. Ja, man sal nou maar moet mooi kies tussen die 2 lekkertes ;D.
Die ou jan waarvan jy praat, is hy Mostert of Bredenhand? As dit Mostert is dan was jy by my plaas gewees! En dan sal jy moet weer draai kom maak en kom kuier hier.
Jy het al hier gekamp, ek bly in die wereld en het dit nog nie gedoen nie, maar hierdie somer wat kom sal ek 'n plan moet maak.
Geniet die see en bly om te hoor die vis het ook uitgekom.

Kalahari
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Kalahari jag

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek gaan self nou vir my 'n 22-250 kry.. Howa met sintetiese kolf nes daai een.  Skoon jaloers!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kalahari jag

Post by Francois Marais »

Johan

Christo was by Oujan van Wyk gewees, daar net bietjie noord van jou...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Kalahari jag

Post by James Wilson »

sjoe, maar dit lyk mooi daar,  lanklaas duine met soveel gras gesien
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Kalahari jag

Post by Christo Els »

AI die ou kalahari dis darem maar net 'n lekker plek
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Kalahari jag

Post by Dewie »

Halo Oom Kalahari

Lyk asof oom hule pret gehad het

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kalahari jag

Post by BLOK »

Kry ek nou lus vir n lewer braai onder een van daai bome.

Lyk of julle dit geniet het
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari jag

Post by Kalahari »

FM
Dankie dat jy reghelp, ek het later gedink aan Oujan van Wyk, kon nie so vinnig daardie kant toe ook dink nie.

Dewie
Dankie, het baie geniet, is maar net op man se eie werf gejag, maar dit maak die jag nie minder lekker nie, bly altyd 'n voorreg.

Jagbehep, Christo Els,Blok.

Manne, al daardie dinge wat julle se, is so lekker en baie waar. Mens waardeer dit nie altyd elke dag soos jy moet as jy in die wereld bly nie, eers wanner iemand anders vir jou die dinge in perspektief stel, sien jy weer raak met die "regte" oog.

Kalahari
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Kalahari jag

Post by Monrique (SJ) »

Kalahari


Daai lyk sommer lekker.  Daai rooi duine is darm maar net mooi!!

Groetnis
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari jag

Post by Kalahari »

SJ

Baie lekker dankie. Nou net die vleis van al daardie bokke klaar gewerk, voldag se werk.
Braai nou 'n vars stukkie wors  ;).
Die duine is vol gras, sal van September af moet keer vir die veldbrande.

Kalahari
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Kalahari jag

Post by Monrique (SJ) »

Kalahari

Ken ek dan nie daai vleiswerk storie al te goed nie.  Jag is eintlik mos net n "vinger lank"  as die skoot geklap het, begin die werk... ;D ;D ;D ;D

Geniet daai wors glo hy smaak voorentoe.

Groetnis
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Kalahari jag

Post by Christo Els »

Kalahari
Ek kom van die stad af en is getroud met 'n kalahari kind. Glo my terug stad toe uit die wereld sal ek nooit nie.


Hoop daardie worsie gaan saam met 'n skilpaajie wat van lewer hart mild gemaak is.

O f@k Ek gaan braai dit somer vannaand
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari jag

Post by Kalahari »

Christo Els

;D ;), daai lewertjie met netvet het alles van die springbok af gekom en hy is gebraai dat die vlamme so staan!

Die springbokke se kondisie is goed, die niere is toe onder die vet, so jy sal weet hoe hy smaak, gaan haal joune uit en braai hom. Die vriende wat nou kom jag het kom juis van Upington af.

Groete
Kalahari
Post Reply