Page 1 of 1
Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon May 09, 2016 7:14 am
by Klein Chris
Dag Almal,
Die windbuks bullpup's het nogal n aantrekking vir my maar teen +R12000 is dit net te rof
Nou wonder ek of dit moontlik sal wees om my Gamo Cfr te verander na n bullpup vir onder R8000
Weet iemand of dit moontlik is en/of dit al gedoen is deur iemand in SA?
Hoor graag van julle
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon May 09, 2016 7:20 am
by Geno
Ek weet nie of dit moeite werd gaan wees nie. 'n Custom laminate kolf gaan jou romdom R6k kos, dan moet jy nog die sneller met 'n rod vorentoe skuif. Jou visiere/rail moet ook skuif.
Shop rond vir 'n P12 5.5mm bullpup. Myne en almal wie ek ken s'n skiet witwarm. Langste skoot op 'n geveerde pes is 263m. Ons skiet ook gonge tot 200m met hom.
Vir R8k sal jy redelik maklik een kry.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon May 09, 2016 10:40 am
by Klein Chris
Dankie Geno - jou somme is beter as myne - P12 is beter roep
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Fri Jun 10, 2016 11:44 am
by Cor Swanepoel
Ek dink nie ek het al 'n spriger bullpup gesien nie, maar dit is seker nie onmoontlik nie. Maar soos Geno se kyk eerder vir ' P12, beste waarde vir geld.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Fri Jun 10, 2016 11:50 am
by Supacow
Dis bitter goeie .17-7 ballistics
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Fri Jun 10, 2016 11:56 am
by Geno
Cor.
Verkoop jy nog P12's?
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Fri Jun 10, 2016 12:46 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote:Ek weet nie of dit moeite werd gaan wees nie. 'n Custom laminate kolf gaan jou romdom R6k kos, dan moet jy nog die sneller met 'n rod vorentoe skuif. Jou visiere/rail moet ook skuif.
Shop rond vir 'n P12 5.5mm bullpup. Myne en almal wie ek ken s'n skiet witwarm. Langste skoot op 'n geveerde pes is 263m. Ons skiet ook gonge tot 200m met hom.
Vir R8k sal jy redelik maklik een kry.
Daai P12 skiet deur n vinger
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon Jun 13, 2016 11:01 am
by Cor Swanepoel
Geno wrote:Cor.
Verkoop jy nog P12's?
Hi Geno
Ek is in die proses om nog 'n batch in te bring.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon Jun 13, 2016 11:05 am
by Geno
Hou my asb op hoogte. Katefbessie hier op die forum soek graag een.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Mon Jun 13, 2016 11:09 am
by Cor Swanepoel
Geno wrote:Hou my asb op hoogte. Katefbessie hier op die forum soek graag een.
Bakgat ek maak so.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Sat Jun 25, 2016 4:35 pm
by LDV
Geno teen watse spoed skiet jy jou p12 en watse pellets gebruik jy?
Ek nou paar bosduiwe geskiet met geeone pellets. Skiet reg deur die duif dat spartel hul nog vir so minuut of twee siek iets wat dalk meer skade maak
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Sat Jun 25, 2016 8:17 pm
by Geno
Ek skiet 18.13gr 5.5mm JSB's teen 940fps.
Re: Gamo Cfx/Cfr na Bullpup verander
Posted: Sun Jun 26, 2016 5:16 pm
by Cor Swanepoel
LDV wrote:Geno teen watse spoed skiet jy jou p12 en watse pellets gebruik jy?
Ek nou paar bosduiwe geskiet met geeone pellets. Skiet reg deur die duif dat spartel hul nog vir so minuut of twee siek iets wat dalk meer skade maak
Pellet gaan nie regtig 'n verskil maak nie. Skoot plasing op duiwe is baie belangrik. Probeer skiet waar die nek inkom op die bors, of reg van agter tussen die blaaie. Daaie twee plekke is onmiddelik dood. Enige ander plek op die lyf soos nek, kop of op vlerk gaan die voel vir n ruk spartel.