Page 1 of 1

Glock 26

Posted: Fri May 06, 2016 9:29 pm
by JJV
Hallo
Ek het 9mm Glock 26 Gen3 pistool.
Help my asb met sinvolle upgrades om kompeterend te kan deelneem aan "combat shooting"
Sights, sneller etc?? Ek sal enige raad waardeer . Lekker aand! JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Glock 26

Posted: Fri May 06, 2016 9:44 pm
by Arnold
Genoeg ammo en oefening is die belangrikste!

Re: Glock 26

Posted: Sun May 08, 2016 7:08 pm
by Alwin
Jy gaan waarskynlik nooit kompeterend wees met die G26 nie. Maar jy gaan besonders behendig raak met hom as jy gaan sportskiet. Vir ernstige kompetisie skiet sal die G17 of G34 beter wees, afhangende van die organisasie waar jy gaan deelneem.

Goeie opgraderings sal wees:
2kg sneller, of nog ligter.
Beter visiere. (Ek verkies optiese vesel voor en swart agter.)
Baie oefen ammu.

Re: Glock 26

Posted: Sun May 08, 2016 10:25 pm
by Supacow
Daar is n artikel op die web van n bekende pistoolskut, dink Ayoob, wat beter akkuraatheid met n 26 gekry het as met n 34.Hy challenge die norm van lang lope is akkurater. Kyk of jy dit kan lees. Oefen en as jy oor n jaar voel die sneller en sights is die eerste beperkende faktor wat jou terughoudan sal ek se pimp die rook uit daai 26

Re: Glock 26

Posted: Mon May 09, 2016 9:21 am
by Alwin
Supacow wrote:Daar is n artikel op die web van n bekende pistoolskut, dink Ayoob, wat beter akkuraatheid met n 26 gekry het as met n 34.Hy challenge die norm van lang lope is akkurater. Kyk of jy dit kan lees. Oefen en as jy oor n jaar voel die sneller en sights is die eerste beperkende faktor wat jou terughoudan sal ek se pimp die rook uit daai 26
Goeie advies. Massad Ayoob weet waarvan hy praat. (Vir die wat nie weet nie, hy verstaan en praat so 'n paar woorde Afrikaans ook!)

Onthou dat daar beperkings op sneller-modifikasies kan wees. IPSC (SAPSA) bv. beperk die DA snellertrek in Produksie-"divisie" op 'n minimum van 2,5kg. Dis presies wat die standaard Glock sneller behoort te gee.

Van al die moontlike goed waarop jy geld kan spandeer, is oefen-ammu die belangrikste.