Paralaks verstelling boul my uit

Post Reply
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Paralaks verstelling boul my uit

Post by LoopSoosStroop »

Ek het 'n tweedehandse Nikon Monarch X Tactical. 4-16x50 met die gewone Nikoplex kruishaar. Sy paralaks verstellings knop het nie merkies op vir afstande nie, slegs sulke kolletjies wat kleiner raak soos wat die afstand verstelling verder raak.

Nou, hoe ek verstaan die ding werk, is om hom al die pad na die naby afstand te draai en dan stadig uit te draai terwyl jy na jou teiken kyk. Sodra alles "crisp" begin lyk en die kruishaar nie meer relatief tot die teiken beweeg as jy jou oog beweeg nie, dan is hy reg. (Ek verstaan hoe paralaks werk).

My probleme is:

1. Verder as 200 m is dit baie moeilik om te sien waneer die beeld op sy skerpste is. Dit verander nie baie nie selfs al draai jy hom heeltemal uit. Nader as dit is dit makliker om die verstellings op te tel.

2. Maak nie saak hoe ek hom draai nie, die kruishaar beweeg altyd weerskante toe as ek my oog weerskante toe beweeg. Heel waarskynlik beweeg ek steeds die geweer, want hy het 'n wangstuk wat ek aan raak. Behalwe om 'n bankskroef saam te neem range toe , hoe sort mens hierdie uit? As die knop al die pad uit (ver) gedraai is lyk dit wel asof hy minder beweeg.

En my vrae dan:

a) Hoeveel sal 'n verkeerde paralaks verstelling mens uit gooi op 200 m as jy x16 vergroting mee skiet? Die eye relief is sodanig op daardie vergroting dat mens jou oog elkgeval net in 'n kleinerige area kan hou om die beeld te behou. Hoeveel duim kan mens links of regs mis skiet as jou paralaks verstelling eintlik op 100 of 300 m gestel is en jy hou jou oog skeef?

b) Sal 'n kleiner vergroting as die een in a) 'n kleiner afwyking veroorsaak as jy jou oog dieselfde hoeveelheid skeef hou van die optiese middelpunt van die teleskoop?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Paralaks verstelling boul my uit

Post by Capt. Yoda »

Stel altyd van infinty se kant af na jou tyken "afstand" toe, as jy te ver verby gaan gaan weer terug infinity toe. As jy op 500m geksiet het en jy skiet nou op 100m dan kan jy van 500m nader draai maar nie van "die naaste na die verste"
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Paralaks verstelling boul my uit

Post by LoopSoosStroop »

Capt. Oblivious wrote:Stel altyd van infinty se kant af na jou tyken "afstand" toe, as jy te ver verby gaan gaan weer terug infinity toe. As jy op 500m geksiet het en jy skiet nou op 100m dan kan jy van 500m nader draai maar nie van "die naaste na die verste"
Aha, so ek doen dit verkeerd om. Sal bietjie 'n try gee.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply