Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post Reply
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Alwyn »

Die begin van n nagmerie.

Met die aanbreuk van die nuwe jaar het ek en Jakkalsgat vas gemaak vir my Koedoe jag op Weltevrede. So het dit toe begin om n jag span by mekaar tesit, want wie wil nou al die pad alleen sover ry. Dadelik het my pa en my broer in gestem om saam tegan en sonder om te hart te probeur het Dawie en my Oom ook in gestem om saam tegan.

Almal was opgewonde oor die jag lekker vroeg in die seisoen om die rekeninge vir 2016 oop tekry en pryse is bullek alles val tog net reg in plek. Dawie laat weet toe dat ons kan maar begin laai en laadings doen vir my pa se nuwe jag geweer, as die lisensie nie reg is nie sal hy sommer die geweer op sy handelaars lisensie saam vat dan kan my pa met sy eie geweer jag en ons 2 seuns se gewere kan bietjie rus kans kry.

Vir die 6 weke voor die jag was ons naweek vir naweek op die skiet baan. Ek om die 7mmWSM op die pad tekry en my pa tehelp om sy CZ 30-06 op die pad tekry, tussen deur is dit op die foon laat aand met my oom oor sy geweer se dinge, my boetie stoei sy 308 in n weninde plek in en Dawie kry sy 338 Lapua op die pad.

So breuk die Woensdag aand aan en ons is oppad Weltevrede toe om eerste lug op die plaas aan tekom dat ons kan jag! Ons het immers n jaar laas gejag.

Maak soos Jakkalsgat se deur Douglas oor die Oranje rivier so paar kilometres aan draai link by die bord Elim, dis toe waar die eerste kommentaar op kom hier van agter in die bakkie “ every town has an Elm Street”. Ons lag toe maar daar oor en ry verder, almal praat net van hoe lekker dit gan wees en vergeet van die feit dat ons nog nie geslaap het nie. By die wilds kamp se hek bel ons toe vir Jakkelsgat dat hy die hek kom oop sluit so 1:30 voor son op.

By die kamp gekom toe groet almal maar eers ordentlik en stel mekaar voor en Wener Jakkalsgat se seun is nie links nie en hy skink koffie, so staan ons om die vuur wat lekker gebrand het en groet die son op die mooi Donderdag oggend.

Almal het so bedaar en begin uit pak en reg gemaak vir veld toe gan, eers gan ons by die gong n draai maak seker maak almal se gewere skiet waar hulle mik dan begin die jag.

By die skiet baan aan gekom maak ons die gong staan op so 135m en sit ook daar n papier op 40m op, ek is to eerste aan die beurt en sak sommer reguit op die gong af, een skoot op teiken, Dawie tweede een skoot op die teiken, ek en Dawie is toe van die bakkie af dat die ander manne kan skiet en my boetie se toe maar hy gan laaste gan want hy weet hy moet stel. My pa een skoot op die gong Oompie Lou een skoot, en soos my boetie aan gan staan ons en gesels en stalkies vertel van die voorige jag uit stapies.

Met eens voel ek my geweer skuif so bietjie af teen my skouer en ek skiet my skouer op dat die geweer weer mooi op my regter skouer kan kom le en ek voel hier is nou groot fout en ek gryp in die rigting van die verkeerde gevoel, alles te vergeefs!!! Toe ek weer sien swaai die agterste gedeelte van die kolf hier voor my die lug in, vas aan die belt wat ek vas hou en my spik splinter nuwe 7mmWSM le agter my in die sand…. Ek kan daai gevoel vir niemand beskruif nie, dis asof jou wereld onder jou uit smelt, jy weet nie of jy moet huil, lag skree of net goed kwaad moet wees (sal maar die sterker woorde spaar). Dawie tel toe die geweer uit die grond uit op, ek gee toe die geweer een kyk en gan sit hom agter in Jakkalsgat se bakkie op die sitplek neur voor hy verdere skade op doen. Ons staan toe maar nog so bietjie vas vir my boetie om sy ding kla temaak en so na 10min se JAkkalsgat vir my dit wil vir hom voor kom of my kleur in my gesig terug is na normal.

Daar gan ons die veld in om tegan jag en ek spring sommer links voor in saam Jakkalsgat dik kwaad vir die wereld en wat so pas gebeur het. Soos ons ry klim ek maar uit vir die hekke en bekyk die plaas en alles daar om ons, so in my agter kop loop die gebeurtenis van die geweer deur my gedagtes, dis net of dit n droom is. Ons stop toe sy rukkie later en ek is in by die agterdeur en ek bekyk die kolf wat nou in twee stukke daar le.
Wat gebeur het is, toe ek die geweer op my skouer op “skiet” dat hy reg gan le toe drik die geweer die “quick relies” oop en die belt gly uit, die agter kant van die kolf hak aan my baadjie en die loop swaai oor agter toe, met die dat die loop met sy silencer die grond tref en die kolf wat vas hak in my baadjie is hy toe op die pistol greep mors af.

Ja n kolf moet nie so maklik breuk nie, maar onthou die geweer is swaar.

Net na 12 toe draai ons trug kamp toe vir middag ete en bietjie rus, nie ver van die kamp af nie toe staan die waterbok koeie reg en my boetie gee toe een n hou op die blad sy vat toe so paar tree en daar dop sy om, almal het in gegryp en help oplaai slag plek toe.

Oor middag ete het die plaas bakkie ook by ons aan gesluit, koeel kamer het gekom die kamp op Weltevrede het nou goed begin lewe kry vir die 2016 seisoen.

Toe almal bietjie gerus het en lekker geeet het toe vat ons weer die pad veld toe ek het toe maar my 30-06 uit die sak gehaal, sy laat my nooit nooit in die steek “old faithful” soos die engelsman sal se.

My pa en my oom spring toe saam met Jakkalsgat weg na middag eete, ek Dawie en Lourens saam met Werner, Donderdag Middag was maar n droe besigheid gewees, die moegheid het in geskop!

Aand se kant het ons lekker om die vuur gekuier die manne het die donkie aan die gang gekry, vleisie gebraai en Vrydag beplan.
Vrydag oggend 6uur het Jakkalsgat vir Lourens gan af laai by n voorsit plek en die res van ons is toe weer veld toe. Die oggend was maar stil gewees, en so oppad trug kamp toe bied die geleentheid hom self toe op n volstruis, vroulief het mooi gevra vir een van die nommers. Skoot klap en Dawie se die so vier voet regs verby. Heel geskok ry ons verder trug kamp toe.

Na middag ete is ons terug veld toe en ek vat toe nog n skoot op ‘n volstruis die een was nader en Dawie roep hom weer regs en bo or, daar is my 30-06 ook in die sieke boeg in geboek. Gelukig het ek my 243 in sy sak voor in die bakie gesit. Ek vra toe vir Wener om die sak aan tegee, teen die tyd is ek glad nie meer dik van die lag nie. Skiet toe daar n skoot op n volstuis en hys n sitter! Mooi maar die ding staan dan op en loop in n rugting in!! Heel verbaas kyk deur die teleskoop, maar die volstuis is dan so tese onthoof maar hy loop. Trek toe die volstruis plat en vat hom slag plek toe.
Met die besluit ek en Dawie ons is kla gejag vir die dag, vra toe vir Werner om kamp lanks tery en ons tel toe Dawie se 50BMG op en n gong, ons gan nou gong skiet en kyk wat is die 30-06 se problem.

Met die dat ons die gong op gesit het sien ons die Rooihartbeeste en Dawie se hy gan n kaans vat op een, so begin ons toe nader beweeg maar die Rooihartbeeste is ons een voor, ons sien toe ook somer vir Weltevrede se twee vast buiters 2 Springboke wat nou nog nie op gehou hardloop het nie.
Ons maak toe ons pad trug gong toe en skiet daar n paar skote met die 30-06 en sien dat n vinnige instel nie gan werk nie, kyk toe maar net om dood seker temaak dat die 243 wel reg skiet en dit is toe ook so.

Dawie het vir Werner mooi deur die stape gepraat om met die 50BMG teskiet, en sommer met die eerste skoot toe is Werner op die gong. So kom die oproep deur dat my oom Lou n Eland koei geskiet het ons moet kom help laai. Daar aan gekom en blad geskut en gelaai toe is dit ook al sterk oppad donker toe en ons moes stoot vir die kamp. So het Vrydag ook tot op n einde gekom.

Saterdag oggend was almal bitter vroeg uit die bed en die winter in die groen Kalahari het kom groet heel toe getrek en koud. So 20min in die veld in toe wil die ou plaas bakkie ook nie meer saam werk nie en ons is almal weer trug op Jakkalsgat se bakkie, ry so paar draaie en daar staan sy en kyk vir ons n mooi koedoe koei net haar kop steek uit. Sonder om tyd temors of twee keer te dink is die slot toe kruis haar tussen die oe en die skoot loop, ek het dit mos al va tevore gedoen. Van die bakkie af en Jakkalsgat se hy gan verder ry ons moet maar pens trek hys nou nou trug. Met die kom by die bos waar sy gestaan het en daar le net stof…… NOU WAT NOU?

Begin toe soek Jakkalsgat sluit toe weer by ons aan en ons vat die bloed spoor, so 100m weg kry ons toe n stukkie kake been.
Sy het op 30m gestaan toe ek geskiet het, ek het nie gekorigeur vir die naby staan nie.

5ure later toe stop die bloed spoor, met tye het ons baie bloed gekry met ander baie soos in baie minder, ons is toe terug kamp toe vir water en iets om te eet en terug veld toe om verder tegan soek. Ek en Dawie het vining weer die plek gekry waar ons die laaste bloed gekry het en verder begin soek, ons het geloop tot son onder sonder geen sukses in die ruig bosse.

Ek het soos n wurm gevoel, voel nou nog soos een. My jag loop baan het in 2007 begin hier die was die eerste bok wat nie koeel kamer toe is nie. Almal het my probeur gerusstel en moet in praat maar steeds voel n mens sleg, verlore en deur mekaar, ek het seker daai skoot van Saterdag oggend af tot nou toe weer n 1000 keur in my gedagtes geskiet en elke keur gevra hoekom?

Dit was nie my naweek vir jag nie, so met die gesoek na die koeie het die swart hak my broek half van my lyf af geskeur, na die natuur geroep het en ek my broek vas maak breuk die knop af.

Saterdag aand het ek vir ons n potjie gemaak en n vars brood gebak, ek was maar rustig en stil na die dag se gebeure. Saterdag aand daar om die vuur hoor ons daar na die koeel kamer se kant toe n helse klap geluit en die kragopweker raak toe stil glad nie n goeie teken nie darm was dit koud deur die nag gewees

Sondag middag veilig by die huis en uit gepak net om agter tekom dat my sonbrill wat my vrou vir my gegee het vir n geskenk is verlore! Dit was nie my naweek vir jag nie.

Vir my pa, boetie Lourens en Oom Lou wat saam was, dankie vir die naweek daar was lekker lag tussen deur al die ongeluk ook gewees, Jakkalsgat vir jou en Werner se ek ook baie dankie vir al julle moeite en op offering so ook aan Oom David vir die geleentheid op die plaas.
Dawie dankie vir al die Saterdae wat jy my pa se geweer van die winkel af baan toe gebring het dat ons hom kon reg kry vir die jag, en n GROOT dankie vir die help soek na my koedoe!

My begin vir die 2016 seisoen is maar bleek, ek hoop van harte om vir julle oor twee weke n sukses storie tekom vertel.

Groete
Alwyn
Nightmare on Weltevered…
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Alwyn »

So paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Alwyn »

nog so een of twee
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by win270 »

Alwyn, dit was verseker onvergeetlik. Onthou net die goeie en bou daarop voort! Na elke opdraande is daar weer 'n afdraende. Ek hoop ek het nou korrek gespel.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by ruaanb »

Murphy.....ai as mens hom net in die hande kan kry! Dankie vir die mooi vertel.
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by toelie »

ai baie hartseer van daai kolf van jou en die kudu wat weg gekom het, maar altyd lekker om in die veld te wees
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Baasvark »

Het ook al so naweek gehad waar alles net skeef loop. Dit gebeur!

Een van die redes dat ek minstens 2 gewere saam vat as ek gaan jag!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by dsmerrills »

Ai boet, the next one will be better. Things like this happen from time to time and you made the best of it under the circumstances!
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Eugene »

Alwyn, jammer om te hoor van al die drama....

So 2 jaar terug gaan jag ons by Mussina en nadat ons die oggend om die vuur gestaan en wag het dat dit lig word, tel die een jagter sy geweer aan die band op om dit oor sy skouer te sit. Die "nipple" trek los uit die hout uit en die geweer val "agteroor" op die vuurmaakplek, direk op die duur Zeiss wat hy net die vorige week gekoop het....
Aim small, miss small
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by JTM »

Laat 'n laminate kolf so mooi breek, verbasend. Ai man jammer oor jou jagtrip, maar voorspoed vir die volgende een.
Jannie Welman
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by JacquesT (Stompe) »

Jammer om te hoor te Alwyn, dis nooit lekker om 'n bok te kwes en mens kry hom nie.

Ek gaan vir jou lieg as ek sê ek sit nie hier met so 'n effe ligte gevoel in my hart nie, want nou weet ek, ek is nie alleen nie.

Groete,
Jacques
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Nie n goeie begin vir 2016 se Jag Seisoen

Post by Jakkalsgat »

Alwyn

Dit was verseker nie jou naweek nie, ek het nog nooit iemand gesien wat soveel "badluck" op een naweek gehad het nie. Om alles te kroon laat val ek nog hul rib in die sand ook saterdagaand. Gelukkig was die koelkamer reeds op minus 2 vroeer die aand en steeds op 3 grade toe ons laai Sondag, die "Jenny" wou dalk maar net rus want toe ek die sleutel draai Sondagmore vat sy dadelik maar na daai slag moet ek bieg het ek verwag om die "piston" binne in die koelkamer op te tel. Wat jy met 'n geruste hart kan se en ek se nie dit maak dit beter nie maar jy het regtig jou alles gegee om die gekweste koedoe op te spoor en uit haar lyding te verlos, daai rooisand stap juis so lekker en veral tussen die haakbosse. 'n Jag op Weltevrede is nie 'n parkiejag nie en werk, werk jy verseker vir dit wat jy huistoe bring. Ons glo jou seisoen sal van hieraf net voorspoedig wees. Weereens dankie vir julle goeie gesindheid waarmee julle die naweek deurgegaan het. Julle as 'n groep is verseker enige tyd welkom om terug te kom.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Post Reply