Page 1 of 1

My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 11:52 am
by Ashley
Ek was die naweek bevoreg om my jag seisoen af te skop met n mooi Koedoe bul.

Dit was op n plaas, Rietfontein, so 70km buite Vaalwater.

Ons het redelik hoog bo op n berg rand gestap. Die bul was so 45m, en net sy kop en horings was sigbaar deur die bosse. Kopskoot het hom net daar neer gesit.
Dit het ons wel 3ure gevat om die karkas stuk vir stuk berg af te dra...

Horing lengte was 45", en karkas(skoon) 180kg in gegee.

Dit was my eerste bul, en n belewenis.

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 11:53 am
by vriell
Netjies ..Geluk !!!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 11:55 am
by johnf
Mooi, Ashley, selfde storie met my eerste, en eenigste kudu, dit vat maar n lang tyd om hom van die berg af te bring.

John

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 12:01 pm
by JohanvanZyl
Baie geluk! Sommer n baie mooi bul!!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 12:49 pm
by ruaanb
Baie geluk met 'n eerste! daai karkas so stuk vir stuk is harde maar lekker werk.

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:16 pm
by M98mauser
Mooi Ashley, daar loop mooi bulle in daardie deel van die waterberge!!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:24 pm
by ReinierK
Baie geluk...dit maak my jaloers

Sent from my E2303 using Tapatalk

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:41 pm
by HoggerNaut
Baie baie geluk!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:44 pm
by FHM
Baie geluk met daai grys spook van jou Ashley! ;)
My eerste een was ook in die berge - hoog en laag gesweer nooit weer nie...tot die volgende seisoen ++>:

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:44 pm
by Capt. Yoda
Geluk Ashley is n mooi bul daai

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:47 pm
by toelie
Lekker bul daai geluk

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:50 pm
by honda2
Baie geluk! Mag daar nog baie kans wees om dit weer te doen.

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 1:56 pm
by JuanVE
Baie geluk Ashley, jy is bevoorreg om so vroeg in die seisoen te kan jag!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 2:01 pm
by OU VOORSLAG
Baie geluk man, dis sommer n netjies bul daai.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 2:06 pm
by Ashley
Dankie julle vir die gelukwense!

Nog so paar fotos van die naweek.

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 2:24 pm
by Chevvy SS
Mooi bul! Die smal horings is opvallend.

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 2:37 pm
by win270
Netjies gedoen!! Vlg keer staan jy hom voor naby die pad! ;D

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 2:43 pm
by Ashley
Sal so maak, dankie! :laugh: :laugh:

Daar was nou ongelukkig nie vol lyf fotos nie, want die slagters was al besig om binnegoed uit te haal toe ek moes "pose"...

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 3:20 pm
by Toyrsi
Baie geluk. Mooi bul daai

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 5:32 pm
by Morne Van Der Merwe
Hi Ashley,

Baie mooi bul, baie geluk.

Groete
Morne

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 5:46 pm
by henning
Baie geluk. Koedoe bul is die top punt van meeste man se jag ervaring.

Groete
henning

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 6:27 pm
by Mellies
Mooi man!

Met n vleisie...

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Tue May 03, 2016 6:29 pm
by Ashley
Hi Henning
Dit is beslis so. Net nie gedink hy gaan so gou kom nie ;D

Dankie almal weereens!

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Wed May 04, 2016 1:41 pm
by Jurgen Visser
Netjies man , daai is lekker gevoel as jy net die kop kan sien en hy val , well done

Re: My eerste Koedoe bul

Posted: Thu May 05, 2016 1:37 pm
by Rooies Scheepers
baie geluk, daai vleisie proe ekstra lekker as jy so hard gewerk het